Menu terloops
In Sepies [26 Jul 2024]

Jou ‘Binnelanders’-gids vir Augustus 2024


Spanning en skuldgevoelens boer by Delia terwyl groot drama op Gaby wag… Dít en nog meer is waarna ‘Binnelanders’-kykers in Augustus kan uitsien. Hier is ons handige kykgids.

Stroom 'Binnelanders'

Jou ‘Binnelanders’-gids vir Augustus 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Binnelanders kan verwag.

Donderdag, 1 Augustus

Delia oorweeg dit om Conrad oor Laetitia te konfronteer, Thalia probeer LJ oorreed om oop kaarte met Ella te speel, en ’n senuagtige Annetjie berei voor vir die brei-marathon.

Vrydag, 2 Augustus

Dinge lyk nie baie positief vir Nicolette nie, Laetitia stel haar kant van die saak, en Ella het genoeg gehad van LJ se streke.

Maandag, 5 Augustus

Nicolette wag in spanning vir uitslae van haar hand se X-strale. At se nuwe voorstel om Laetitia veilig te hou, skok vir Delia. Ella konfronteer juffrou Woods een laaste keer.

Dinsdag, 6 Augustus

At en Conrad jok vir Lukas om hom op ’n dwaalspoor te lei, en Tracy vind uit Gaby gaan vir ’n ruk kom kuier. Naomi is skepties oor LJ se intensies met Thalia.

Woensdag, 7 Augustus

Kan ’n akker romanties wees? LJ het ’n paar planne, maar ’n gesprek met Ella laat Thalia twyfel. Delia voel skuldig oor Lukas, en sy vind troos by Conrad. 

Donderdag, 8 Augustus

Tertius twyfel oor sy aanbod dat Gaby by hulle bly, en Thalia vertel vir Naomi die waarheid oor die prelim-partytjie. Die elektrisiteit tussen twee Binnelanders is voelbaar.

Vrydag, 9 Augustus

Louis en Naomi blameer LJ vir Thalia se ‘toestand’, Delia is ontsteld omdat sy nie weet waar Lukas is nie, en Gaby vermoed sy is in Tracy se pad.

Maandag, 12 Augustus

Thalia is LJ se laaste hoop. At en Conrad is geskok oor ’n antwoord van Delia, en Gaby maak ’n skuif.

Dinsdag, 13 Augustus            

Delia maak ’n groot deurbraak, en Conrad het ’n verrassing vir haar. Uys moet erken hy was verkeerd, en Karen is vies vir Gaby. LJ begin aanvaar wie sy ma was. 

Woensdag, 14 Augustus

LJ wil by Thalia kuier, maar Ella vat hom vas. Nie almal is ewe beïndruk met Delia se nuwe aanstelling nie, en Tertius is omgekrap wanneer hy uitvind van ’n nuwe dokter by Ongevalle. 

Donderdag, 15 Augustus

Delia is tot breekpunt gespanne, en Annetjie maak die lewe nie vir haar makliker nie. Wanneer ’n hoë-profiel openbare figuur in Binneland opgeneem word, is die situasie plofbaar. 

Vrydag, 16 Augustus

Gaby sukkel met die morele vraagstuk van ’n moeilike situasie, Ella voel bedreig deur die nuwe dokter se teenwoordigheid, en Annetjie sukkel met haar verstandtande.

Maandag, 19 Augustus

Die nuus van Binneland se berugte pasiënt versprei soos ’n veldbrand. Delia ontvang ’n vreemde versoek van ’n kollega, en Uys skeer die gek met ’n kollega.

Dinsdag, 20 Augustus

Binneland word ingeperk, niemand kan in of uit nie. Annetjie is geskok om te hoor mense dink sy het geld geleen, en Gaby maak ’n plan.

Woensdag, 21 Augustus

Gaby is oorgehaal om met ’n pasiënt te praat – met of sonder Rian se hulp. Annetjie voel al meer skuldig oor iemand se geld, en Nicolette wonder oor die konneksie tussen twee dokters.

Donderdag, 22 Augustus

Rian dra ’n geheim, en Annetjie wil berge vir Delia versit. Ella is bekommerd dat LJ moontlik depressief is, en vriendelike kompetisie in Ongevalle duur voort. 

Vrydag, 23 Augustus

Delia se hart breek vir Annetjie, en Nicolette waarsku iemand om in sy spoor te trap. ’n Terloopse opmerking deur Karen gee Gaby ’n idee. 

Maandag, 26 Augustus

Ella vra Uys se hulp met LJ, en Delia probeer ’n klip uit die pad rol vir Annetjie. Gaby neem drastiese stappe om by ’n pasiënt uit te kom.

Dinsdag, 27 Augustus

’n Hysbak-krisis kom tot ’n dramatiese einde, en Tertius is woedend vir Gaby. Delia moet besluit wat haar prioriteite is, en twee dokters sien alles as ’n kompetisie.

Woensdag, 28 Augustus

LJ doen nog ’n besering op, en die polisie ondersoek iemand se dood. Gaby moet slegte nuus oordra.

Donderdag, 29 Augustus

Die verkeerde ding word (hopelik) vir die regte redes gedoen. Skokkende nuus word uit Sudan ontvang, en Annetjie neem ’n interessante besluit ten opsigte van haar beroep.

Vrydag, 30 Augustus   

Nicolette vang twee dokters uit. Gaby is die hoofverdagte in ’n moord-ondersoek, maar Rian is oorgehaal om haar onskuld te bewys, veral wanneer hy aan ’n nuwe teorie dink. 


Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30. 

Episodes van die vorige seisoen van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie. (DStv-kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30. 

Seisoene 8-12 van Binnelanders is op Showmax beskikbaar. Die huidige seisoen is nie beskikbaar op die plaaslike weergawe van dié diens nie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies