Menu terloops
In Lysie-lysie [1 Aug 2024]

‘Suidooster’-kinkels in Augustus


Daar wag aangrypende episodes vir ‘Suidooster-aanhangers’ in Augustus. Spanningsvolle kinkels is aan die orde van die dag soos geheime, leuens en deurslaggewende besluite ontvou.

Stroom 'Suidooster' aanlyn

‘Suidooster’-kinkels in Augustus

Soos die geheime ontrafel en verhoudings begin wankel, is dit so seker soos die wind wat waai dat meeste van Ruiterbosch se inwoners voor groot toetse te staan gaan kom. Ja, die Kaapse winterstorms gaan sy tol in Suidooster eis… 

1

Mymoena bevind haarself in baie diep gat en beraam ’n skokkende plan om uit haar penarie te kom. Dit is egter moeiliker as wat sy dink om dit wat sy verbrou het, reg te maak. Die Samsodiens kom as sulks voor ’n deurslaggewende kruispad te staan. 

2

Texas en Nazeem is op hete kole oor hoe die dice vir die casino gaan val. Hulle het immers al gewys dat hulle met mense se lewens sal dobbel om hul geldgierigheid te voer.

3

Aiden droom van ’n toekoms saam met Lisa, maar Thys se wisselvallige gedrag bemoeilik sake. Intussen, namate inwoners van Ruiterbosch begin siek word, vermoed Aiden onraad. Dit lei tot skokkende onthullings wat sy wêreld ruk.

4

Bridgette se pogings om vir Zoë te help liefde vind, loop skeef. want Zoë begin dink dat ou liefde dalk nie roes nie. Spanning tussen haar en Angie bereik breekpunt.

5

Mrs J neem ’n verrassend besluit, wat haar dogters baie onkant vang.


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies