Menu terloops
In Lysie-lysie [1 Aug 2024]

‘Suidooster’-kinkels in Augustus


Daar wag aangrypende episodes vir ‘Suidooster-aanhangers’ in Augustus. Spanningsvolle kinkels is aan die orde van die dag soos geheime, leuens en deurslaggewende besluite ontvou.

Stroom 'Suidooster' aanlyn

‘Suidooster’-kinkels in Augustus

Soos die geheime ontrafel en verhoudings begin wankel, is dit so seker soos die wind wat waai dat meeste van Ruiterbosch se inwoners voor groot toetse te staan gaan kom. Ja, die Kaapse winterstorms gaan sy tol in Suidooster eis… 

1

Mymoena bevind haarself in baie diep gat en beraam ’n skokkende plan om uit haar penarie te kom. Dit is egter moeiliker as wat sy dink om dit wat sy verbrou het, reg te maak. Die Samsodiens kom as sulks voor ’n deurslaggewende kruispad te staan. 

2

Texas en Nazeem is op hete kole oor hoe die dice vir die casino gaan val. Hulle het immers al gewys dat hulle met mense se lewens sal dobbel om hul geldgierigheid te voer.

3

Aiden droom van ’n toekoms saam met Lisa, maar Thys se wisselvallige gedrag bemoeilik sake. Intussen, namate inwoners van Ruiterbosch begin siek word, vermoed Aiden onraad. Dit lei tot skokkende onthullings wat sy wêreld ruk.

4

Bridgette se pogings om vir Zoë te help liefde vind, loop skeef. want Zoë begin dink dat ou liefde dalk nie roes nie. Spanning tussen haar en Angie bereik breekpunt.

5

Mrs J neem ’n verrassend besluit, wat haar dogters baie onkant vang.


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies