Menu terloops
In Gons [14 Jun 2024]

Wie’s wie in ‘Skemergrond’? Ontmoet die karakters van nuwe Afrikaanse telenovela


Die nuwe Afrikaanse telenovela, ‘Skemergrond’, se rolverdeling sluit sepie-royalty in – van Deirdre Wolhuter tot Hildegardt Whites… En meer!

Wie’s wie in ‘Skemergrond’? Ontmoet die karakters van nuwe Afrikaanse telenovela

Skemergrond, kykNET se nuwe Afrikaanse telenovela wat in Julie ’n kykergunsteling se tydgkleuf inneem, se rolverdeling sluit sowel veteraanakteurs, as nuwelinge in.

Die rolverdeling sluit onder andere in Charlton George, Khadija Heeger, Hildegardt Whites, Shimmy Isaacs, Dirk Stoltz, Dann-Jaques Mouton, Gershwin Mias, Deon Lotz en Deirdre Wolhuter.

Skemergrond speel af in Gemoedsdrif, ’n klein dorpie in die Wes-Kaap, en draai om die Louw-familie en hulle pragtige blomplaas. Die storie begin met die aflewering van ’n brief wat dan tot groot spanning lei, en gevolge het wat die Louw-familie se lewe onherroeplik verander.

Die Louw-familie

Khadija Heeger vertolk die rol van Jasmine Louw wat Everlasting besit. Everlasting is al vir generasies in Jasmine se familie. Vandag is sy die eienaar van beide Everlasting en Everlasting Bloemiste & Bistro in Gemoedsdrif. 

Skemergrond
Khadija Heeger vertolk die rol van Jasmine Louw en is met JP (Charlton George) getroud. Foto: Verskaf

Jasmine is getroud met JP, vertolk deur Charlton George. Hulle het twee pragtige dogters, met Carmen Maarman as Hazel, en Hildegardt Whites as Lily. Hazel bly tans op die plaas met haar gesin waar sy Everlasting bestuur. Mario Haupt vertolk haar man, Ronnie, met Ayden October as hul seun, Junior.

Skemergrond
Hildegardt Whites as Lily Louw. Foto: Verskaf

Lily het destyds op 16-jarige ouderdom uit die bloute haar sakke gepak en Everlasting verlaat sonder enige verduideliking. Sy toer Europa plat met haar dogter, Amber, vertolk deur Talia Davis. Sal Lily ooit die waarheid praat oor hoekom sy gevlug het? 

Die Pienaar-familie

Die Pienaar-familie bly ook op Everlasting. Erica, gespeel deur Shimmy Isaacs, werk by beide Everlasting Bloemiste en Bistro en Gemoedsdrif Hotel. Sy is uitgesproke, selfversekerd en vreesloos. Haar ma, Ragel (Nazli George), spandeer meeste van haar tyd in haar werkskamer waar sy besig is met haar blommerangskikkings en potpourri vir Everlasting Bloemiste & Bistro. Haar pa, Abel (Noel Oostendorp), is die voorman op die plaas. Erica het ook ’n seun, Louis (William Adams), wat min tot geen blootstelling of ervaring van die buitewêreld het nie. Hy ken net die plaas en die dorp.

Skemergrond
Erica, gespeel deur Shimmy Isaacs, werk by beide Everlasting Bloemiste en Bistro en Gemoedsdrif Hotel. Dirk Stoltz speel Manny Goosen, en is aan die stuur van sake in die dorp. Foto: Verskaf

Die Maritz-familie

Die Maritz-familie besit die buurplaas Lang Verloren. Deirdre Wolhuter vertolk Tillie. Sy is getroud met Willem (Deon Lotz) en hulle het ’n seun, Dirk (Wilhelm van der Walt). Tillie en Jasmine is beste vriendinne en hulle het vertrouelinge geword toe hulle die uitdagings van plaasvroue in ’n moeilike era vir vroue navigeer het. Hulle het ’n stil, stoïsynse en ondersteunende vriendskap.

Deirdre Wolhuter as Tillie. Foto: Verskaf

Die Cloete-familie 

Die Cloetes is die nuwelinge op die dorp. Hulle vlug na Gemoedsdrif om van hul lewe in die Kaap te ontsnap. Anton Jeftha is Brandon en Melissa de Vries is Sylvia, ’n getroude paartjie wat hul broerskind, Shakiel (Ashley Riddles), grootmaak. Brandon en Sylvia kom bied danslesse in Gemoedsdrif aan, maar hoekom het hulle weggehardloop? 

Melissa de Vries as Sylvia Cloete. Foto: Verskaf

Nog lekker karakters

Dirk Stoltz speel Manny Goosen, en is aan die stuur van sake in die dorp – altyd met ’n knertsie in die hand. Hy besit Gemoedsdrif Hotel en sien homself as die dorp se bewaarder. 

Dann-Jaques Mouton verskyn as die speurder op die dorp, Ruan Smit. Hy is baie passievol oor sy werk en soek net een ding: geregtigheid. 

Patty Paulsen (Gretchen Ramsden) is die hotel se nuwe sjef. Sy is ’n mense-mens, maar moenie die fout maak om te dink sy is ’n softy nie.

Skemergrond
Devonecia Swartz as Christine Atkins. Foto: Verskaf

Devonecia Swartz speel ’n suksesvolle Kaapse besigheidseienaar, Christine Atkins. Sy besit ’n geleentheidsmaatskappy, Atkins Affairs. Christine is op soek na antwoorde en dit lei haar na Gemoedsdrif.

Kevin Johannes (Gershwin Mias) is ’n entrepreneur met sy eie vervoermaatskappy. Hy vervoer elke dag die blomme van Everlasting na al die verskillende kliënte. 

Gloria Meyer (Hunter Plaatjies) is ’n lewenslustige blommeverkoper op die Kaapse Vlakte. Met haar ma se afsterwe het Gloria belowe om na haar broer, Fabian (Marunzo Thomas), te kyk. Ten spyte van al die probleme wat sy by die huis in die gesig staar, is Gloria vol lewe en passie.

Skemergrond
Hunter Plaatjies as Gloria en Gershwin Mias as Kevin in Skemergrond. Foto: Verskaf

Beeno Beukes (Duncan Johnson) het grootgeword in die rowwe dele van die stad waar hy vanaf ’n jong ouderdom baie van die onderwêreld geleer het. Oor die jare het hy ’n lojale groep mans bymekaar gemaak wat die dwelms hanteer sodat hy kan fokus op die groter prentjie – om sy invloed en grondgebied uit te brei. 


Skemergrond is vanaf 1 Julie 2024 om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit sal ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies