Menu terloops
In TV [11 Nov 2025]

‘Die brug’ S2: Seisoen vol skokwendings nou ook op Showmax – hier is álles wat jy van dié reeks moet weet


Die tweede seisoen van die realiteitsreeks ‘Die brug’, wat vroeër vanjaar op kykNET uitgesaai is en kykers week ná week met die een na die ander helse kinkel verras het, is nou ook op Showmax beskikbaar.

Kyk 'Die Brug' S2 op Showmax

‘Die brug’ S2: Seisoen vol skokwendings nou ook op Showmax – hier is álles wat jy van dié reeks moet weet
Kyk lokprent

Die brug speel af in die Outeniekwaberge aan die oewer van die Tuinroete-dam en daar was weer R1 miljoen se prysgeld op die spel.

Die eerste seisoen is deur Rob Kruger, ’n voormalige professionele rugbyspeler van Midrand, gewen. 

Die tweede seisoen begin met ’n episode wat al die spelers dadelik onkant gevang het. Die spel het nie met ’n verwelkoming begin nie, eerder ’n uitdagende kopkrapper. Ja-nee, dié seisoen het die spanning na HOOG opgedraai en dit deurentyd daar gehou!

Die spelers

Die aap is reeds uit die mou – in die seisoen is daar nie net een Houthuis en een span nie, maar twee!

Volg saam

Die brug S2
Die trane het omtrent in dié seisoen gevloei… Foto’s: Skermgrepe

Terloops se Annelene Oberholzer het naarstiglik saamgekyk en ’n recap vir elkeen van die 13 episodes geskryf.

Die wenner

Terloops het ook ’n heerlike in-diepte onderhoud met die tweede seisoen se wenner gehad. Julle moet dié onderhoud lees – dis ’n tranetrekker (’n mooi een)!

En nog…

Ons het ook agter die skerms gegaan en gesels met Die brug se hoof van inhoud en rolverdeling, Duan Wanty, oor hoe die spelers gekies is.

Terloops het ook gesels met Reg Hart, die reeks se produksieontwerper, oor hoe dié besonderse TV-wêreld geskep is.


Seisoen 2 van Die Brug is vanaf Dinsdag 11 November 2025 op Showmax beskikbaar. Die eerste seisoen is ook reeds op Showmax beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies