Menu terloops
In Gons [7 Jul 2025]

‘Boer soek ’n vrou’ se Reandi vertel oor nuwe boere


Wanneer ‘Die brug’ se spelers hul bouwerk afgehandel het, is dit die boere se beurt om ’n brug na moontlike liefde in ‘Boer soek ’n vrou’ oor te steek. Die 17de seisoen van dié gewilde maatsoekreeks begin op Donderdag, 7 Augustus op kykNET (DStv-kanaal 144). 

‘Boer soek ’n vrou’ se Reandi vertel oor nuwe boere

Reandi Grey, bekend vir haar rol as Anja in Diepe Waters, klim vir die eerste keer agter die stuur van die Boer soek ’n vrou-Hilux-bakkie in. Volgens haar is daar talle verrassings wat op kykers wag in ’n vars seisoen. “Daar is nie net tien nuwe boere nie, maar ook ’n splinternuwe regisseur en ’n nuwe aanbieder,” verduidelik Reandi. 

Vanjaar se oes Boer soek ’n vrou-deelnemers se ouderdomme wissel tussen 26 en 56, en die boere verteenwoordig ses provinsies, met die Vrystaat wat die voortou met drie hubare boere neem. Soos voorheen sal Boer soek ’n vrou grootliks fokus op die vyf boere wat die meeste inskrywings ontvang het. 

“Al die boere wat ingeskryf het, is ook mense wat ek self naby aan my gaan wil hou vir die res van my lewe,” deel sy. 

“Hulle is besonderse sout-van-die-aarde-mense wat liefde verdien – en ek voel geëerd om deel daarvan te kon wees,” sê sy.

Volgens haar is dit ongelooflik om sien hoe die boere verander van die begin tot die einde, en wat hulle ervaar. “Dit is ’n rol wat ek toewens vir enigiemand in hul lewe, want om deel te kan wees van ’n liefdesverhaal, of dit vir iemand anders of vir jouself is, is baie spesiaal en nodig.”

2025 se boere is:

1. Nicolaas (37), skaap- en saaiboer van Bredasdorp, Wes-Kaap

2. Rudi H (56), boerbokboer van Windsorton, Noord-Kaap

3. Lourie (26), beesboer van Vryburg, Noordwes

4. Rudi (47), toerisme en wildboer van Beestekraal, Noordwes

5. Evert (38), makadamia-, sitrus- en wildboer van Tshipise, Limpopo

6. Willie (26), makadamia- en wildboer van Badplaas, Mpumalanga

7. Reinier (29), saai-, bees- en skaapboer van Frankfort, Vrystaat

8. Ruan (30), skaap-, bees- en saaiboer van Tweespruit, Vrystaat

9. Christof (38), turksvy- en soutboer van Petrusburg, Vrystaat

10. Pieter (29), skaapboer van Richmond, Noord-Kaap


Die 17de seisoen van Boer soek ’n vrou begin op Donderdag, 7 Augustus om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144)Kyk solank Boer soek ’n vrou S14-S16 op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies