Die brug speel af in die Outeniekwaberge aan die oewer van die Tuinroete-dam en daar was weer R1 miljoen se prysgeld op die spel.
Die eerste seisoen is deur Rob Kruger, ’n voormalige professionele rugbyspeler van Midrand, gewen.
Die tweede seisoen begin met ’n episode wat al die spelers dadelik onkant gevang het. Die spel het nie met ’n verwelkoming begin nie, eerder ’n uitdagende kopkrapper. Ja-nee, dié seisoen het die spanning na HOOG opgedraai en dit deurentyd daar gehou!
Die spelers
Die aap is reeds uit die mou – in die seisoen is daar nie net een Houthuis en een span nie, maar twee!
- Ontmoet Suidhuis se spelers.
- En ontmoet ook Noordhuis se spelers.
Volg saam

Terloops se Annelene Oberholzer het naarstiglik saamgekyk en ’n recap vir elkeen van die 13 episodes geskryf.
- Episode 1: ‘Die brug’: Kinkels hier! Kinkels daar! Wat jy ná die eerste episode van S2 moet weet
- Episode 2: ‘Die brug’ S2: ’n Tweede span, agterdog en moeilike besluite – als wat jy ná episode 2 moet weet
- Episode 3: ‘Die brug’ S2: 100 vlotte, 13 dae, 200 meter, katterigheid en koppe stamp – als wat jy ná episode 3 moet weet
- Episode 4: ‘Die Brug’ S2: Nuwe spelers, wantroue en frustrasie – als wat jy ná episode 4 moet weet
- Episode 5: ‘Die brug’ S2: ’n Maalkolk van hoë emosies – áls wat jy na episode 5 moet weet
- Episode 6: ‘Die brug’ S2: Wrede verraad wink en emosies loop hoog
- Episode 7: ‘Die brug’ S2: Die kat kom weer!
- Episode 8: ‘Die brug’ S2: Vreugdesvure, trane én biegsessies
- Episode 9: ‘Die brug’ S2: Bomskok én ’n gebroke bondgenootskap
- Episode 10: ‘Die brug’ S2: ’n Wrede kinkel wat niemand sou kon voorspel nie…
- Episode 11: ‘Die brug’ S2: Drama, drama, drama – en toe ’n opoffering
- Episode 12: ‘Die brug’ S2: Eers vreugde, toe frustrasie ná woeste kinkel
- Episode 13: ‘Die brug’ S2: ’n Hengse skokwending! En dié speler stap toe oor die brug…
Die wenner
Terloops het ook ’n heerlike in-diepte onderhoud met die tweede seisoen se wenner gehad. Julle moet dié onderhoud lees – dis ’n tranetrekker (’n mooi een)!
En nog…
Ons het ook agter die skerms gegaan en gesels met Die brug se hoof van inhoud en rolverdeling, Duan Wanty, oor hoe die spelers gekies is.
Terloops het ook gesels met Reg Hart, die reeks se produksieontwerper, oor hoe dié besonderse TV-wêreld geskep is.
Seisoen 2 van Die Brug is vanaf Dinsdag 11 November 2025 op Showmax beskikbaar. Die eerste seisoen is ook reeds op Showmax beskikbaar om te stroom.







