Menu terloops
In Gons [7 Jul 2025]

‘Boer soek ’n vrou’ se Reandi vertel oor nuwe boere


Wanneer ‘Die brug’ se spelers hul bouwerk afgehandel het, is dit die boere se beurt om ’n brug na moontlike liefde in ‘Boer soek ’n vrou’ oor te steek. Die 17de seisoen van dié gewilde maatsoekreeks begin op Donderdag, 7 Augustus op kykNET (DStv-kanaal 144). 

‘Boer soek ’n vrou’ se Reandi vertel oor nuwe boere

Reandi Grey, bekend vir haar rol as Anja in Diepe Waters, klim vir die eerste keer agter die stuur van die Boer soek ’n vrou-Hilux-bakkie in. Volgens haar is daar talle verrassings wat op kykers wag in ’n vars seisoen. “Daar is nie net tien nuwe boere nie, maar ook ’n splinternuwe regisseur en ’n nuwe aanbieder,” verduidelik Reandi. 

Vanjaar se oes Boer soek ’n vrou-deelnemers se ouderdomme wissel tussen 26 en 56, en die boere verteenwoordig ses provinsies, met die Vrystaat wat die voortou met drie hubare boere neem. Soos voorheen sal Boer soek ’n vrou grootliks fokus op die vyf boere wat die meeste inskrywings ontvang het. 

“Al die boere wat ingeskryf het, is ook mense wat ek self naby aan my gaan wil hou vir die res van my lewe,” deel sy. 

“Hulle is besonderse sout-van-die-aarde-mense wat liefde verdien – en ek voel geëerd om deel daarvan te kon wees,” sê sy.

Volgens haar is dit ongelooflik om sien hoe die boere verander van die begin tot die einde, en wat hulle ervaar. “Dit is ’n rol wat ek toewens vir enigiemand in hul lewe, want om deel te kan wees van ’n liefdesverhaal, of dit vir iemand anders of vir jouself is, is baie spesiaal en nodig.”

2025 se boere is:

1. Nicolaas (37), skaap- en saaiboer van Bredasdorp, Wes-Kaap

2. Rudi H (56), boerbokboer van Windsorton, Noord-Kaap

3. Lourie (26), beesboer van Vryburg, Noordwes

4. Rudi (47), toerisme en wildboer van Beestekraal, Noordwes

5. Evert (38), makadamia-, sitrus- en wildboer van Tshipise, Limpopo

6. Willie (26), makadamia- en wildboer van Badplaas, Mpumalanga

7. Reinier (29), saai-, bees- en skaapboer van Frankfort, Vrystaat

8. Ruan (30), skaap-, bees- en saaiboer van Tweespruit, Vrystaat

9. Christof (38), turksvy- en soutboer van Petrusburg, Vrystaat

10. Pieter (29), skaapboer van Richmond, Noord-Kaap


Die 17de seisoen van Boer soek ’n vrou begin op Donderdag, 7 Augustus om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Kyk solank Boer soek ’n vrou S14-S16 op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies