Menu terloops
In Sepies [1 Okt 2023]

Sepievoorskou: Verraad sny diep in ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’ en ‘Arendsvlei’


Daar is meer as een Judas wat in sepieland wegkruip. Maar hoe weet jy wie jy kan vertrou en wie nie? Hier is waarna jy hierdie week (2 tot 6 Oktober) op ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’ en ‘Arendsvlei’ kan uitsien.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Verraad sny diep in ‘Diepe Waters’,  ‘Suidooster’ en ‘Arendsvlei’

Ons het die inside scoop oor die grootste storielyne wat hierdie week in Diepe Waters, Suidooster en Arendsvlei gaan uitspeel. Moenie worry nie, dié sepievoorskou is spoiler free!

Diepe Waters

Terwyl Valencia (Vinette Ebrahim) verlief en verlore is, kan Sanet (Nadia Valvekens) net nie wen as dit by verhoudings kom nie. Of dit nou ’n kêrel, ’n vriend of ’n dominee is, lyk dit vir my asof almal haar een of ander tyd los. Sanet voel verraai en sien die een Judas ná die ander! En asof dit nie genoeg is nie, vryf Valencia haar ook verkeerd op. 

Intussen ruk dinge nou handuit tussen Karla (Daniélle Swanepoel) en Charity (Dané de Waal). Kompetisie is goed, maar hierdie twee is op die verkeerde pad. Iets sê vir my dat arme Nina (Reze-Tiana Wessels) met die gebakte pere gaan sit – veral ná Rose (Eloise Cupido) se versoek. 

Riaan (Ryno Hattingh) en Meghan (Lea Vivier) se band raak al sterker, maar Pam (Tracey-Lee Olivier) laat haar nie misbruik nie. Sy word ook nie deur materiale dinge omgekoop nie. Riaan vra vir Meghan vas, maar met Pam gaan hy sommer baie harder moet probeer. 

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar. 

Suidooster

Mymoena (Jill Levenberg) en Kaashifa (Jawaahier Petersen) vat mekaar aan en dit maak die lewe ondraagbaar vir hul families. Sal een van hulle die wit vlag waai? Of is hulle te trots om hul familie se geluk eerste te stel? Arme Bianca (Simone Biscombe) probeer die vrede bewaar, maar is dit te laat? 

Nou dat daar uiteindelik weer vrede tussen die seuns is, hou die Daniels-gesin fees. Hulle is net bly dat Carlo (Jadon Booysen) weer by die huis is. Siya (Gantane Kusch) en Danni (Vashti Prins) se opgewondenheid het nie lank gehou nie. Met Brendan (Caleb Arnolds) op die herstelpad, dreig ’n ongenooide gas om hul gesin se geluk te steel. 

Lyk my dit is die ouer mense se liefdesera, want Kate (Annelisa Weiland) het nes Valencia in Diepe Waters, liefde op haar ouderdom gevind. Die enigste probleem is die man op wie sy verlief geraak het. Kate mag dalk vir Rassie (Jürgen Hellberg) se mooipraatjies val, maar Susan (Natasha van der Merwe) ruik ’n rot. Sy weet net nie dat daai rot se naam Nazeem (Irvine van der Merwe) is nie!

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up

Arendsvlei

In die Vlei is daar sommer ’n hele paar rotte en verraaiers. Beatrice (Jolene Martin) snuif hulle egter een vir een uit.

Anthony (Terence Bridgett) wil graag glo dat die seun wat hy grootgemaak het nog daar is, maar ek begin twyfel oor Adam (Clint Aplon) se bedoelings. Hein (Merlin Balie) het die skoot hoog deur! Nou gaan hy en Birdy (Hermien De Vos) op ’n geheime mission Frankryk toe om croissants te eet. 

Bianca (Riana Alfreds) het ’n Europese geheim van haar eie. Kom ons hoop dat haar verhouoding metThys (Sherman Pharo) so sterk is as wat hulle dink… Anders gaan dinge gou ongemaklik word. 

Arendsvlei is elke Maandag tot Donderdag op kykNET & kie (DStv-kanaal 145, ook op DStv Stream) om 19:30 te sien. Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies