Menu terloops
In Gons [28 Sep 2023]

‘Suidooster’ in Oktober: Ou spoke, onmin en onbekende gesigte wag


Van krisisbeheer tot kullery – hier is ses storielyne wat in Oktober in ‘Suidooster’ gaan uitspeel.

Stroom aanlyn

‘Suidooster’ in Oktober: Ou spoke, onmin en onbekende gesigte wag

Die Suidooster saai behoorlik amok in Ruiterbosch dié Oktober soos dit van die inwoners se lewens deurmekaar waai en warrelwinde van nuwe intriges dié Kaapse woonbuurt in die mooiste maand tref. 

1

Daar is weer onmin in die Samsodien-gesin en rus dit op Rhafiek en Bianca se skouers om ’n oplossing daarvoor te probeer vind, maar dit is makliker gesê as gedaan. 

2

Radio Dassie is op almal se lippe is en die slu Nazeem spits sy ore daarvoor. Dít terwyl Kate en Rassie sukkel om op dieselfde golflengte te bly.

Suidooster Oktober
Radio Dassie is op almal in Ruiterbosch se lippe…
3

’n Nuwe gesig of twee duik ook in Ruiterbosch op, waarvan een ‘n familielid van Aiden is… Wie kan dit wees?

4

’n Aantreklike blondine lyk heel sappig vir Juicy Justin. Het hy dalk uiteindelik die regte deksel vir sy pot gekry? 

5

Siya en Danni staar ‘n nuwe krisis in die gesig met Brendan se ma Zenobia wat kom kuier en dit boonop blyk dat sy ‘n nuwe ‘n blaadjie omgeslaan het. 

Suidooster Oktober
Nog ‘n dag, nog ‘n krisis vir Siya en Danni… Foto: Verskaf
6

Soos die Suidooster genadeloos deur die Kaapse strate loei, begin ou spoke ook loop. Só kom klop die verlede aan Lee-Ann se deur en slapende honde word wakker gemaak. 


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies