Menu terloops
In Sepies [6 Sep 2023]

‘Suidooster’: Dié nuwe karakter bring ‘drama, skurke en komedie’


Die veteraanakteur Jürgen Hellberg is nou in die kykNET-sepie ‘Suidooster’ te sien as die rustige, cool ou rocker Rassie Viljoen… Maar daar is niks rustig aan die drama wat hom vergesel nie…

Stroom Suidooster aanlyn

‘Suidooster’: Dié nuwe karakter bring ‘drama, skurke en komedie’

Eers Kitte Muller in Binnelanders, toe Charlie in Getroud met Rugby, en nou ene Rassie Viljoen in Suidooster: die gesoute akteur Jürgen Hellberg is geen vreemdeling in sepieland nie.

Ander bekende Afrikaanse reekse waarin hy te sien was, sluit onder meer Die Vierde Kabinet, Arsenaal en Erfsondes in. Hy het egter veral bekendheid verwerf vir sy karakter in Binnelanders, ’n rol wat hy vir sowat vier jaar vertolk het tot en met sy karakter se omstrede dood in 2009. 

Volgens Hellberg is sy Suidooster-karakter ’n rustige, cool ou rocker wat nou ’n radiostasie bestuur. En ook ’n oog vir ’n mooi vrou het…

“Rassie het ook ’n tikkie ‘skelmgeit’ in hom, maar natuurlik op die mooiste moontlike manier,” sê hy.

“Hierdie karakter bring liefde, skurke, musiek, drama en ’n bietjie komedie na Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel.”

Volgens Hellberg geniet hy sy tyd op die Suidooster-stel.

“Almal is so gaaf en vriendelik – van die bestuur, die ateljeespan, die akteurs en regisseurs tot by die sjef in die kantien.

“Dit was vir my ’n vars, nuwe wêreld met ou vriende en kollegas, maar ook baie nuwes – oud en jonk. Die talent is verstommend, en die wyn in die Kaap is ook nie sleg nie.”

Om op ’n sepiestel te wees, kom ook met sy uitdagings, sê hy.

“Die pas is vinnig, intens en meedoënloos. Ek geniet die druk, maar ek kan nie sê ek verkies dit bo gewone TV-dramas en rolprente nie.

“Toneelspel is toneelspel en ek geniet dit, maak nie saak watter genre of medium nie,” verduidelik hy.

Volgens Suidooster se publisteitsbestuurder, Wilmer Müller, gaan Jürgen se karakter vir ’n paar ligte oomblikke besorg, veral as Rassie en Kate (Annelisa Weiland) mekaar van nader leer ken.

“Andersins wag daar weer eens behoorlike naelbyt-sepiedrama in die komende weke,” sê Müller.

Terwyl die inwoners se hegte vriendskappe met mekaar dalk iets van die verlede is, het Nazeem (Irvine van der Merwe) ook weer ’n nuwe onderduimse plan.

“Oudergewoonte gee hy nie om wie in die proses seerkry nie. Daar is ook hernude spanning in die Samsodien-gesin.”

Suidooster, wat in 2022 met ’n Safta-toekenning as beste sepie bekroon is, het ook onlangs by die Silwerskerm-toekennings die beste televisieoomblik-kategorie gewen.


Suidooster word Maandae tot Vrydae om 18:00 op kykNET en om 18:30 op kykNET & kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Dit is ook op DStv Stream beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies