Menu terloops
In Lysie-lysie [28 Aug 2023]

‘Suidooster’ in September: Dié sewe kinkels gaan onmin saai


Met die koms van ’n nuwe seisoen, is dit nie noodwendig ’n kwessie van die heerlike lente en die winter is verby nie. Daar’s heelwat kinkels en draaie wat eersdaags op ‘Suidooster’ gaan uitspeel.

Stroom nou

‘Suidooster’ in September: Dié sewe kinkels gaan onmin saai

Ja, Ruiterbosch het omtrent ’n stormagtige winter agter die rug, en hoewel die donker wolke plek maak vir sonskyn, broei daar onheil in die skadu’s… Hier’s wat in September op Suidooster-kykers wag.

1

Dit blyk dit dat van die inwoners se hegte vriendskappe met mekaar iets van die verlede is. 

2

Die Daniels-gesin kom voor ’n groot toets te staan. Tyron, Lee-Ann en Brendan se wêreld verander in ’n oogwink en ’n onsekere toekoms staar hulle in die gesig. 

3

Terselfdertyd besef Siya en Danni dat ouerskap uitdagend bly. Dít terwyl Carlo vir Bennie vra om ’n geheim oor iets te hou wat groot moeilikheid kan beteken as dit op die lappe kom… 

4

Nazeem het ’n nuwe onderduimse plan (surprise, surprise…), en oudergewoonte gee hy nie om wie in die proses seerkry nie. 

5

Daar is nuwe spanning in die Samsodien-gesin en Rhafiek sit dalk met die gebakte pere…

6

Susan kry ’n opwindende nuwe loopbaangeleentheid. Dit lyk ook of daar weer liefde vir Kate gaan blom. 

7

Rugbykoors loop ook hoog in Ruiterbosch. Van die inwoners gaan maak selfs ’n Franse draai om die Bokke te ondersteun.


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies