Menu terloops
In Sepies [27 Aug 2023]

Sepievoorskou: Wie se geheime kom hul duur te staan in ‘Diepe Waters’, Suidooster’?


Onskuldige geheime het groot nagevolge en laat karakters in lewensgevaarlike situasies beland. Waarna kan jy hierdie week (28 Augustus tot 1 September) op ‘Diepe Waters’ en ‘Suidooster’ uitsien?

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Wie se geheime kom hul duur te staan in ‘Diepe Waters’, Suidooster’?

Diepe Waters

Charity (Dané de Waal) wil nie meer die kans waag om in die klub se badkamer te slaap nie, maar bevind haarself meer kwesbaar as ooit nadat sy weer die strate invaar. Gelukkig vir haar lyk dit asof Johan (Liam Bosman) genuine ’n nuwe blaadjie omgeslaan het. Vir ’n verandering wil hy iemand se ridder op ’n wit perd wees. ’n Mens is mos maar daaraan gewoond dat Johan die moeilikheidmaker is. 

Anja (Reandi Grey) mag dalk nie haar eie kinders hê nie, maar sy het beslis ’n natuurlike aanvoeling vir moederskap. Dié keer neem sy Charity onder haar vlerk, maar dit kom met sy eie uitdagings.

Nina (Reze-Tiana Wessels) en Tsepho (Johnny Potsanyane) begrawe die strydbyl, maar dit is meer as wat ek van Rose (Eloise Cupido) en Wim (Neels van Jaarsveld) kan sê… Dinge tussen hierdie power couple is al vir maande intens, maar een onskuldige geheim van Wim ruk dan handuit. Van sommige foute kan jy egter nie terugkom nie.  

Intussen sit Nina die pot heeltemal mis! Wat sy volgende doen kan haar hele familie se lewe, soos wat hulle dit nou ken, vir altyd verander. Sanet (Nadia Valvekens) wil help, maar as jy ’n situasie verkeerd lees kan ’n goeie Samaritaan in ’n gevaarlike detonator verander. Die verantwoordelikheid om te kan onderskei lê by jou.  

Jacques (Werner Coetser) en Meghan (Lea Vivier) brand om hul klein familie se mylpale te vier, maar Gys (Justin Strydom) is soos Peter Pan se evil skaduwee wat hul geluk wil steel. 

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar. 

Suidooster 

En die wenner is…

Die groot week het uiteindelik aangebreek en Ruiterbosch se mense sal binnekort weet wie die Kaapstad Vrou van die Jaar is. Bridgette (Denise Newman) en Mymoena (Jill Levenberg) baklei albei hard vir die gesogte titel, maar daar kan net een wenner wees. Gaan dit die sakevrou en business tycoon wees, of die liefling van Ruiterbosch? 

Ons sal maar moet inskakel vir dié spoggeleentheid. Intussen het Aiden (Theodore Jantjies) ’n aankondiging van sy eie. Met Wêreldbeker-koors aan die oorkook in Ruiterbosch, is almal se beursies en kredietkaarte leeggetap vir ’n kans om die Rugbywêreldbekertoernooi saam met Aiden te kan bywoon. Dit is tyd om die wenner aan te kondig en ek hoop vir Aiden se part dat hy nie met auntie Duifie of ’n ander kerktannie opgeskeep sit nie. 

Die voormalige bff’s, Carlo (Jadon Booysen) en Brendan (Caleb Arnolds), se liefdesoorlog neem ’n skokkende draai, wat baie lewens in Ruiterbosch gaan omdolwe. Wie sou kon dink dat die geveg vir ’n tienermeisie se hart so ’n wig tussen vriende sou indryf. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies