Menu terloops
In Onderhoude [5 Apr 2023]

Terence Bridgett: ‘My karakters is nooit beige nie’


Die veteraanakteur Terence Bridgett het al in welke plaaslike sepie en telenovela verskyn en met elke vertolking maak hy die karakter sy eie. Dieselfde geld vir sy rol as die diep ingewikkelde Anthony in die gewilde ‘Arendsvlei’. Tarren-Lee Habelgaarn het met hom gesels.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn

Kyk nou Arendsvlei

Terence Bridgett: ‘My karakters is nooit beige nie’

Ja-nee, as daar ’n sepie of telenovela is, kan jy maar weet dat die veteraanakteur Terence Bridgett die een of ander tyd ’n draai op daardie stel sal maak. Dit maak nie regtig saak of die karakter sjarmant, flambojant, geheimsinnig of ’n skurk is nie – in sy kwarteeu in die vermaakbedryf het hy al rolle in al wat ’n sepie is, gehad: Isidingo, Generations, Binnelanders, Backstage, 7de Laan… En nou, Arendsvlei.

Terence het ’n diep liefde vir intense karakters en neem sy verantwoordelikheid om elke karakter eg te vertolk baie ernstig op. Dit is juis wat hy met die vertolking van die komplekse karakter Anthony Saaiman in Arendsvlei doen. 

Kykers het Anthony aan die begin van 2023 ontmoet toe hy skokkende nuus met die Cupido-familie gedeel het. Hul geliefde pa, George, het destyds ’n affair gehad, en hy wat Anthony is, is hul broer. Sy aankoms in die Vlei het baie mense se lewens omgekrap, en die man is ook moeilik om te peil.

Terence beskryf Anthony as ’n diep ingewikkelde persoon, wat homself in ’n ongelooflike emosioneel uitmergelende posisie bevind.

“Jy het gedink Anthony gaan een van die goeie ouens wees? Wel… Ek speel nie gewoonlik daardie tipe karakter nie,” grap Terence terwyl hy skaterlag.

“Wat ek graag wil hê kykers moet verstaan, is dat hy in wese ’n goeie man is, maar wat homself in ’n ongelooflike ingewikkelde posisie bevind. Hy is nie ’n slegte man nie, hy het net baie dinge wat oor sy kop hang. Hou hierdie spasie dop, daar is dinge wat kykers later sal uitvind wat hulle sal help om hom beter te verstaan ​​of dalk maak dit dat hulle nie van hom hou nie. Meer as dit kan ek nie sê nie.”

Terence Bridgett as Anthony in Arendsvlei. Foto: Skermgreep
Terence Bridgett as Anthony in Arendsvlei. Foto: Skermgreep

Hy maak elke karakter sy eie

In klassieke Terence-styl het hy Anthony sy eie gemaak. Sy vertolking van die karakter is prikkelend én hou jou aan die raai. Elke nou en dan slaag Terence daarin dat kykers vir Anthony jammer kry, veral as sy vrou, Rachel, vertolk deur Kim Syster, hom verkleineer en manipuleer. 

Die chemistry tussen Terence en Kim is intens en tasbaar. As Rachel met haar wenkbrou gelig en haar lippe getuit vir Anthony aankyk en hom kak vertel – en hy dit vir haar teruggee – kan jy die spanning deur jou TV-skerm voel. Dit is natuurlik nie die eerste keer wat hulle teenoor mekaar speel nie, Kim het in 2015 die rol van Terence se dogter Nikki in die SABC2 TV-reeks 90 Plein Street vertolk. Die akteurs beskou hierdie as ’n full circle-oomblik om weer teenoor mekaar te kan speel.

My karakters was nog altyd baie intens, hulle was skurke, emosioneel gewond of flambojant. My karakters is nooit beige nie. Hulle het baie lae en ek geniet dit om saam met hulle in enige rigting te duik.

Terence Bridgett

Kuier saam

Kykers het lanklaas vir Terence daagliks op hul skerms gesien en netso lekker soos wat dit vir kykers is, geniet Terence dit ook om daagliks weer saam met kykers in hul sitkamers te kuier.

“Ek was gereeld te sien op televisie oor die afgelope 25 jaar. Maar dit is die eerste keer in ’n baie lang tyd dat ek terug is op ’n daaglikse program. Ek was onlangs in Legacy te sien, maar ek was nie ’n hoofkarakter nie en dit was die eerste keer in my 25 jaar lange loopbaan dat ek ingestem dat my karakter sterf,” vertel Terence ernstig, maar met ’n effense giggel in sy stem.

Terence laat nooit gewoonlik toe dat sy karakters sterf nie, maar hierdie keer het hy ’n uitsondering gemaak omdat die storie so mooi en spesifiek met hom in gedagte geskryf is.

Moet hom nie in ’n boks plaas nie

Dit is baie moeilik om hom in ’n kategorie of boks te plaas, want die karaters wat Terence vertolk verskil soos dag en nag.

Hy is ewe gemaklik en tuis in ’n sjarmante en flambojante gay karakter se fabulous skoene, as wat hy is in ’n butch skurk se leerbaadjie. Dít is wat hom so onvergeetlik as akteur maak.

“Ek as persoon hou nie daarvan om ingeboks te word nie. Dit beïnvloed hoe ek my werk benader en hoe ek na myself as kunstenaar kyk. Ek het nog altyd gedink dat ’n mens as akteur veelsydig moet wees. Ek maak ’n punt daarvan om karakters te kies wat baie ver van my eie persoonlikheid af is,” vertel hy.

“Ek was nog nooit aantreklik genoeg om ’n leading man te wees nie, so ek was nog altyd ’n karakter-akteur. Dit beteken dat ek altyd buitengewone karakters vertolk. My karakters was nog altyd baie intens, hulle was skurke, emosioneel gewond of flambojant. My karakters is nooit beige nie. Hulle het baie lae en ek geniet dit om saam met hulle in enige rigting te duik.”

Terug in die Kaap

Toe Terence 25 jaar gelede in televisie begin het, het hierdie Vishoek-boorling van die Wes-Kaap na Gauteng verhuis. Maar Kaapstad was en sal altyd sy tuisdorp wees en sy rol as Anthony gee vir hom die geleentheid om vir eers weer ’n Kapenaar te wees.

“Dit is absoluut fantasties om terug by die huis te wees. My familie is hier. My pa, my susters en my nefies en niggies wat nog in die land is, is almal hier,“ vertel hy met ’n groot glimlag.

“Soveel as wat ek ’n sterk en pragtige familie van vriende in Johannesburg oor 25 jaar gevorm het, is dit nie dieselfde as om tuis te wees nie. Ek het dit lanklaas huis genoem, so dit is vreeslik lekker om tuis te wees. Dit ís lekker by die see!”

Om weer nader aan sy familie te wees, is een rede hoekom sy hart deesdae vol is. Sy Britse verloofde is ’n ander groot rede vir sy vol hart. Vir nou het hulle nog nie trouplanne nie, maar een ding is seker – Terence kan nie wag om ’n bruid te wees nie (en ek kan nie wag om sy bridal fashion te sien nie…).

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies