Menu terloops
In Onderhoude [28 Jun 2023]

Groot dromer Clint Aplon: Van ‘7de Laan’ se Romeo tot Adam in ‘Arendsvlei’


Kykers het die Worcester-boorling Clint Aplon in 2019 in sy debuutrol as die sepie-hunk, Romeo, op ‘7de Laan’ leer ken. Deesdae is hy die saggeaarde Adam op ‘Arendsvlei’ en vertel ons van die groot drome wat hy vir sy tuisdorp koester.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn

Kyk nou

Groot dromer Clint Aplon: Van ‘7de Laan’ se Romeo tot Adam in ‘Arendsvlei’

Tydens sy drie jaar by 7de Laan moes Clint Aplon se karakter, Romeo, ’n paar harde klippe kou. Daar was byvoorbeeld die verdwyning van sy pa Marvin (Duncan Johnson), aanduidings van verkragting, asook erge siekte. Maar dinge was nie altyd doom and gloom nie – hy het ook ’n sprokiestroue gehad en dit was juis op dié spesiale dag wat sy pa weer uit die niet te voorskyn gekom het. 

Clint het onlangs Gauteng verlaat en is terug in die Wes-Kaap waar hy deesdae die rol van die saggeaarde Adam op die kykNET-telenovela, Arendsvlei, vertolk. Hoewel Clint as Adam – soos met Romeo – in tienerskoene moes klim, verskil dié karakters se persoonlikhede en huishoudelike omstandighede soos dag en nag. Volgens Clint is die grootste verskil tussen Romeo en Adam die feit dat Adam baie vinniger as Romeo moes grootword.

“Adam het baie meer gedagtes in sy kop en keuses wat hy moet maak. Hy het baie challenges in sy lewe. Die verskil tussen hulle twee wys regtig hoe jou circumstances jou lewe kan verander,” sê Clint. 

Adam bevind hom tans in ’n interessante posisie tussen twee ouers wat elkeen in hul eie web van leuens vasgevang is. Sal sy ouers se slinksheid op hom afvryf? 

“Ek dink Adam se eie keuses gaan hom aan die einde van die dag beïnvloed,” antwoord Clint. “En hulle (kykers) kan na baie drama uitsien!” 

Tuis in die Vlei

Die rol van Adam is dalk wel ’n bietjie meer uitdagend, meen Clint, maar hy geniet die karakter – só ook die pasverandering op die Arendsvlei-stel. Ongeag – dit is tog steeds intimiderend om by ’n nuwe show aan te sluit, voeg hy by. 

“Ek is altyd aan die begin nog baie nervous as ek iets nuuts aanpak. Maar ek het van die get go af baie welkom by Arendsvlei gevoel,” vertel hy. 

“Die manier van shoot is baie anders as by 7de Laan, so die grootste aanpassing vir my was die kamera set-ups en lighting changes vir elke toneel.”

As akteur moet ’n mens vinnig kan aanpas, want elke show het sy eie styl en unieke ritme. Daar sal altyd uitdagings wees as jy iets aanpak wat anders is as waaraan jy gewoond is, maar, sê Clint, dít help jou weer om nuwe kreatiewe vaardighede te ontwikkel.

Arendsvlei gee jou baie meer freedom met jou karakter se woorde, so jy kan jou dialoog ’n bietjie anders sê as wat dit in die script geskryf is, solank dit sin maak of met die storielyn help. Jy het baie meer creative freedom, as by 7de Laan waar jy presies moet sê wat op die papier staan. Arendsvlei is ook baie meer dramaties met die stories,” vertel hy. 

Clint Aplon as Adam in Arendsvlei. Foto: Verskaf
Clint Aplon as Adam in Arendsvlei. Foto: Verskaf

Deure wat oopgaan

Die destydse trek na Johannesburg was nie ’n sommerso besluit nie – Clint se plattelandse wortels lê immers diep. Maar hy is geensins spyt hy het dié kans aangegryp nie.  

“Ek het soos niemand daar geken nie. En al rede hoekom ek gegaan het was omdat 7de Laan vir my ’n klein rol aan die begin aangebied het,” vertel hy. 

“Die rol het met tyd groter geraak. Ek glo as deure vir jou oopgaan moet jy dit volg. En in my tyd by 7de laan het ek die idee gekry om ’n musical te skryf en direct. Dís een van die redes hoekom ek terug huis toe getrek het.” 

Vir dié wat nie weet nie – Clint is nie net ’n natural voor die kamera nie. Hy is ook bekend vir sy liedjies “Verlief in Afrikaans” en “Van ’n klein dorpie”. As hy nie voor die kamera is nie, werk Clint daaraan om musiek uit te reik. En, soos baie ander akteurs,  is hy gaande oor die teaterwêreld. 

“Ek wil graag my eie (teater)werk by die huis skep, en wie weet waar dit kan opeindig. Op daai manier wil ek ook vir ander mense, veral dié wat van Worcester is, opportunities skep om hul talent te wys,” vertel hy. 

“Dit is nog altyd die plan om iets in Worcester te doen, iets groot. Daai is een van my doelwitte in die lewe. Maar my passie is acting en dit beteken ek is meer as gewillig om te reis en die wêreld te sien, veral met werk ook.”

Plattelandse wortels

Ongeag dié wanderlust, is daar vir Clint niks beter as die platteland nie. Selfs ná ’n paar jare in die Goudstad, staan sy liefde vir sy klein tuisdorpie steeds sterk.

“Ek sal altyd sê ek is van Worcester, die klein dorpie. Ek is so trots op waar ek vandaan kom. Maar die Kaap het baie meer opportunities as Worcester, so ek werk in die Kaap en leer wat ek kan sodat ek kan teruggee vir kunstenaars in Worcester wat nie die geleenthede het nie,” sê hy. 

“Dit is hoekom ek ook die musical in Worcester gaan doen. Ons perform die play 15 en 22 Julie.” 

As ’n akteur weet jy nooit wat volgende is nie. Soms sukkel jy selfs met selfvertroue. Jy doubt jouself gereeld, maar dis hoekom ek my eie werk wil skep deur met teater te begin en dan net groter te droom. Dit maak my so trots om te kan sê ek het ’n musical geskryf.

Clint Aplon

Clint het groot drome vir sy geliefde dorp Worcester en sal altyd hard werk om geleenthede te skep vir die jeug.

“Ek wil hê dat ons moet saam kan bou en saam kan staan. Ek wil hê ons moet almal in peace kan lewe. En ek dink teater het ’n stem om dit te doen. So my droom is om ’n ruimte te skep waar die jeug groter kan kom droom en kan kom leer hoe om saam te staan en iets great te doen.”

Musiek wat mense motiveer

As dit by sy musiek kom, beskryf dié talentvolle kunstenaar homself as ’n rapper en sy musiek is veral onder tieners en jongmense welbekend. 

“Ek het nie geweet, of verwag, dat my musiek so groot gaan raak nie. Maar in die tyd ná 7de Laan moes ek ’n manier vind om steeds geld in te bring. Ek het meer musiek gemaak en ek het baie bookings vir optredes gekry,” vertel hy nederig.

“So op die oomblik, as ek musiek maak, dan moet dit ’n boodskap hê, dit moet mense motiveer. Ek het myself amper verloor in rap deur goed in songs te sê net omdat dit kwaai klink. En ek wil nie daardie tipe mens wees nie.”

Of dit nou op die kassie of op die verhoog is, Clint het beslis baie aanhangers wat mal is oor hom. En toe hy gevra is of daar ’n verskil tussen die tipe aanhangers is, het hy vinnig “ja” geantwoord. 

“Die 7de Laan-aanhanger is baie oor jou as persoon. As mense my sien dan is hulle happy dat hulle Romeo voor hulle sien. En dit is ’n lekker gevoel. Arendsvlei supporters is baie meer invested in die storie, so baie van die mense wat my sien komplimenteer my acting of praat van hoe intens die storie is. Daar is ’n groot verskil (tussen die aanhangers), maar ek appreciate almal.”

Clint Aplon as Adam in Arendsvlei. Foto: Verskaf
Alistair Izobell as Desmond en Clint Aplon as Adam in Arendsvlei. Foto: Verskaf

Grootste fans

Sy grootste fans bly egter sy familie en vriende, vertel hy. Sy ouers het nog altyd sy keuses ondersteun, ongeag of hulle daarmee saamgestem het al dan nie. 

“Kyk, ek het eers onderwys gestudeer en het later uitge-drop. My ouers was baie kwaad vir my, maar hulle het besef ek wou nooit onderwys gaan doen het in die eerste plek nie. Hulle het vir my toe ’n kans gegee en gesê ek kan acting gaan studeer. Ek dink toe hulle my uitslae begin sien, het hulle besef ek is regtig passievol oor dit,” vertel hy. 

Die loopbaan van ’n akteur is baie meer onvoorspelbaar as dié van ’n onderwyser, maar dit bekommer Clint glad nie. 

“As ’n akteur weet jy nooit wat volgende is nie. Soms sukkel jy selfs met selfvertroue. Jy doubt jouself gereeld, maar dis hoekom ek my eie werk wil skep deur met teater te begin en dan net groter te droom. Dit maak my so trots om te kan sê ek het ’n musical geskryf.”

Vandag is hy trots op alles wat hy tot dusver in sy loopbaan bereik het, maar sy debuut op 7de Laan staan beslis uit omdat dit iets is wat hy as kind gekyk het. 


Arendsvlei word Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies