Menu terloops
In Sepies [5 Des 2022]

Sepies: ‘Arendsvlei’ se liefdesvierhoek is TV-goud


Leuens, verraad en ewige liefde. Verlede week was by tye effe ongemaklik, maar daar was ook oomblikke wat jou hart sommer vinniger van blydskap laat klop het. Hierdie is die sepies met die lekkerste, skokkendste (en soms belaglikste) storielyne dié week.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepies: ‘Arendsvlei’ se liefdesvierhoek is TV-goud

Sepies op ons radar die week is Arendsvlei, Diepe Waters en Suidooster.

Arendsvlei

Die hoogtepunt vir my verlede week was Beatrice (Jolene Martin) en Clint (Clayton Evertson) se gesigte toe hulle mekaar ná maande se stilte op die plaas sien. Ek het geweet dit gaan TV-goud wees, maar die oomblik het selfs my grootste verwagtinge oortref. Daar is niks so lekker soos ’n skok-oomblik in ’n sepie nie. Hier dink Beatrice sy gaan hierdie droomman van haar buurvrou ontmoet en toe staan haar eie droomman voor haar. Ek dink ek het die stoom uit haar ore van woede sien blaas. Clint het verskrik gelyk en het seker gehoop die aarde sluk om in. Dit was maar ongemaklik om te aanskou. En dit het net erger geword. Toe Clint se polisie-partner en undercover “vrou”, Jessie (Melissa Pretorius), eers haar liefde vir hom erken – en hy toe vir haar vertel dat hy op iemand anders verlief is – het dinge regtig ongemaklik geword.

Terwyl Jessie op Clint verlief is, lyk dit asof Theo (Roché Killian) se gevoelens vir Beatrice ook sterker word. Maar iets sê vir my dat Theo die groot meesterbrein agter die stropers is. Iets van hom maak my ongemaklik, en hy is net te glad met sy mond. Ek vertrou hom glad nie.

Maar hierdie liefdes-foursome op die plaas, was nie die enigste cringy oomblik verlede week nie. Ek het mos gesê Ayesha (Megan Saayman) begin nou té opgewonde oor die baba raak… En toe vertel sy vir ’n kollega hoe sy nie kan glo dat sy ’n ma gaan word nie. Awkward! Ingeval niemand vir Ayesha gesê het nie, is sy maar net die broeikas. Janice (Crystal-Donna Roberts) is die kind se ma. Sy is maar net Tannie Ayesha. Nege maande gaan lank wees en ek dink Janice moet maar vir Emile (Christian Bennett) by Mortlocks los en ’n bietjie meer tyd by die huis spandeer. Anders is sy ná nege maande dalk manloos én kindloos, terwyl Ayesha happy family met Janice se gesin speel.

Kyk Arendsvlei op DStv Online.

Diepe Waters

Geskiedenis gaan homself herhaal, hoor wat ek vandag sê! Ek weet nie of mense gereed is daarvoor nie, maar as Gys (Justin Strydom) en Sanet (Nadia Valvekens) nie met hul boelie-taktieke ophou nie, gaan hulle nog ’n kampioenswemmer in die familie verloor. Ek kan regtig nie besluit wie tussen die twee meer frustrerend en misluk is nie… Sanet of Gys? Ek sou ook so gatvol soos Karla (Daniëlle Swanepoel) gewees het as my oupa en ma só genadeloos was. Hierdie twee wil nou regtig hul eie mislukkings deur hierdie kind regmaak en sy is die een wat swaarkry. Gelukkig het Karla vir haar tannie, Anja (Reandi Grey), wat destyds deur dieselfde trauma is. Ek wens Sanet wil vir ’n slag net luister en ’n liefdevolle ma wees. Al wat sy doen is preek en kla en stories aandra. Dit is eintlik net sad om na Sanet se karakter te kyk.

Ek is bly dat Karla se pa vir Gys gepot het, want die hemel weet hy verdien dit. Wat het in Gys se lewe gebeur dat hy so ’n groot boelie met ’n yskoue hart is? Dan preek hy nog vir Karla oor sy gene wat in haar is. Van watter gene praat hy? Want sy het beslis nie haar swemtalent van hom gekry nie. Dit is beslis Anja se gene. Anja en Karla se verhouding word elke dag net mooier. Sou dit nou nie ’n wonderlike plot twist wees as dit op een of ander manier uitkom dat Karla eintlik Anja en Rossouw se love child is nie. En dat Gys en Lydia (Rika Sennet) die kind by Anja gesteel het en vir Sanet gegee het nie. Wie weet, dalk is ek reg en is dit deel van die rede hoekom Anja verdwyn het… 

Kyk Diepe Waters op Catch Up en DStv Online.

Suidooster

Ten minste was Danni (Vashti Prins) en Siya (Gantane Kusch) se liefde ’n lig vir ons in die donkerte van verlede week se sepiedramas. Hierdie twee het bewys dat selfs moord en dood nie ware liefde kan blus nie. Soms moet jy herinner word dat liefde altyd aan die einde van die dag wen. Kom ons hoop hulle maak dit die keer tot by die kansel. 

Kyk Suidooster op DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies