Menu terloops
In Sepies [30 Jul 2023]

Sepievoorskou: Tyd is teen baie families dié week in ‘Suidooster’ en ‘Diepe Waters’


Hul soeke na die waarheid maak party karakters benoud en angstig in sepieland vandeesweek. Veral as tyd teen hulle tel… Waarna kan jy hierdie week (31 Julie tot 4 Augustus 2023) op ‘Suidooster’, ‘Binnelanders’ en ‘Diepe Waters’ uitsien?

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Tyd is teen baie families dié week in ‘Suidooster’ en ‘Diepe Waters’

Suidooster 

Bridgette (Denise Newman) het bitter na aan die dood gekom, maar gelukkig het risotto en Elana (Esther von Waltsleben), met ’n bietjie hulp van Tim (Marco Spaumer), haar lewe gered. Nou is die soektog na Ezra ’n prioriteit. Maar is hulle op soek na die regte persoon? In sy desperaatheid vertrou Tim die verkeerde persoon en dit het natuurlik drastiese gevolge. 

Nazeem (Irvine van der Merwe) weet tyd is nie aan sy kant nie en probeer alle avenues om sy gemors toe te smeer. Het hy dalk die keer te diep ’n gat vir homself gegrawe? 

Siya (Gantane Kusch) is ook op soek na die waarheid, maar sal Danni (Vashti Prins) en Angie (Char Carrie) vir Orpa (Marisa Drummond) kan besig hou terwyl Pastoor Thuli (Gantane Kusch) sy lyf Sherlock Holmes hou? 

Mrs J (Theresa Sedras) wil ook antwoorde hê, maar Ruiterbosch se kerkgemeenskap gaan nie weet wat hulle getref het as die waarheid uitkom nie. 

Kyk Suidooster op DStv Online.

Binnelanders 

Nadat Liam (David Viviers) vir Karen (Luandri Reynders) die ja-woord gevra het, sweef dié twee behoorlik op ’n wolk. Maar ’n mens kan mos nie net gelukkig wees in sepieland nie. Liam en Dawid (Deon Lotz) se verhouding word uiteindelik sterker, maar as die waarheid oor Milan (Anelma Meiring) se identiteit uitkom, gaan dit weer ’n skeur in hierdie verhouding veroorsaak. 

Annelize (Cindy Swanepoel) sukkel om die regte besluit oor Jazzy (Stephanie Ndlovu) en haar baba te maak. Dit lei tot drastiese aksies en ons almal weet Annelize het niks nodig om dramaties te wees nie. Maar shame, sal sy ooit net in rus en vrede geluk kan vind? Almal en alles verdwyn mos altyd uit haar lewe. 

Mense sê verandering is so goed soos ’n vakansie, maar as jy vir Delia (Odelle de Wet) sou vra, is dít een groot leuen. ’n Nuwe gesig by Chiron gaan immers vir Delia op haar tone hou. Of dié twee sal kan saamwerk, weet ek nie… Maar Delia se geduld gaan regtig getoets word. 

So gepraat van geduld: Tracy (Melinda Brink) se geduld met Louis (Germandt Geldenhuys) – en syne met Tracy – is nou net mooi op. Dinge raak lelik tussen hierdie twee, want albei dink mos hulle besit ’n Michelin-ster-restaurant. As jy wil sien hoe mense ’n oorlog oor koffie en koek begin, is Binnelanders die sepie vir jou hierdie week. 

Kyk Binnelanders op DStv Online.

Diepe Waters

As dít is hoe kinders oornag verander wanneer hulle 18 word, moet ek dit dalk oorweeg om my kinders se kamerdeure toe te sluit tot hulle 21 is. Roussouw (Altus Theart) en Sanet (Nadia Valvekens) se senuwees hang aan flenters. Ongelukkig is hulle op soek na ’n dogtertjie – en Karla (Daniélle Swanepoel) het oornag in ’n jong vrou verander. 

Karla baklei hard vir haar vryheid en wys ’n hele ander kant van haar. Arno (Jean Henry) is vasbeslote om sy lojaliteit teenoor die Swarts-familie te bewys. Maar gaan hulle hom met ope arms verwelkom? 

Gys (Justin Strydom) se woede teenoor Karla hou nie lank nie… Veral omdat hy ’n nuwe goue medalje by die klub ontdek. En ons almal weet die enigste ding wat Gys meer as familie love is die idee van goud by die Olimpiese spele wen. 

Kyk Diepe Waters op Catch Up en DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies