Menu terloops
In Onderhoude [13 Des 2021]

‘Binnelanders’-bom: Aktrise Odelle de Wet gesels oor Delia se skoknuus


Kykers se monde het oopgehang toe die bom rondom die vaderskap van ‘Binnelanders’-karakter Delia Richter se baba uiteindelik gebars het.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn

Kyk nou

‘Binnelanders’-bom: Aktrise Odelle de Wet gesels oor Delia se skoknuus

Vir maande hou aanhangers van dié kykNET-sepie hul asems op om te hoor of dr. Conrad Bester (vertolk deur Hykie Berg) regtig die pa van Delia se baba is. En toe is hy nie! Maar wag, daar is nog ’n kinkel… die persoon wat Delia gedink het, is wél die pa (Malan Koster), is toe óók nie die pa nie!

Delia (Odelle de Wet) het verlede week die skok van haar lewe gekry toe haar dokter vir haar vertel dat die gevriesde spermselle wat gebruik is, nie aan die régte Koster behoort het nie. Tydens haar IVF-behandeling het ’n lab tegnikus die grootste fout van hul lewe begaan en die sperm met die verkeerde Koster se naam gemerk – Louis! Selfs ons het dit nie sien kom nie!

Louis (Germandt Geldenhuys) se sperm is ook in die criobank gevries omdat hy en sy vrou, Naomi (Je-Ani Swiegelaar) ook met in vitro-bevrugtig besig is. Dié nuus is ’n uiterse moeilike en hartseer saak om met haar te deel…

Delia se eie stukkie geluk

Maar al verwag mense altyd die slegste van Delia, sê ’n passievolle Odelle de Wet, wat die karakter al sedert 2012 vertolk, is Delia nie hierdie keer daarop uit om Conrad se verhouding te vernietig nie. Sy wil regtig net haar eie stukkie geluk hê, maar natuurlik steeds op haar eie voorwaardes – iets wat sy voel vir Delia purpose gee. En toe gebeur hierdie nagmerrie!

“As akteur, ken ons die verskillende lae van ’n karakter. Wanneer dit by Delia kom, hou mense gewoonlik nie van haar nie, maar dit is belangrik om te besef dat daar baie seer en insecurities agter haar keuses is. Die lewe was nie altyd maklik vir haar nie en omstandighede het veroorsaak dat sy altyd defensive is,” vertel Odelle op ’n besige Saterdagoggend.

Kykers gaan haar energie en passie nou meer as ooit tevore sien. Hierdie swangerskap en baba wys ’n ander kant van Delia. Steeds sterk soos ons haar ken, maar met ’n effens sagter kant, soos ’n leeuwyfie.

Odelle de Wet

“Maar kykers gaan haar energie en passie nou meer as ooit tevore sien. Hierdie swangerskap en baba gee vir haar lewe purpose en wys vir mense ’n ander kant van Delia. Steeds sterk soos ons haar ken, maar met ’n effens sagter kant, soos ’n leeuwyfie. En dit het baie te doen met wie sy gedink het die pa is. Dit was die enigste link met daai man (Malan Koster) en dit is amper soos ’n liefde-extension vir haar.”

Odelle is g’n Delia

Odelle geniet dit om die rol van Delia te vertolk, veral omdat dit heeltemal van haar eie persoonlikheid verskil. Tog, meen sy, moet jy steeds iewers diep binne jouself gaan grawe om ’n karakter met oortuiging te kan speel.

“Jy wil altyd egte menslike emosies vertolk. Ek sê altyd, jy kan net ’n karakter speel as jy daai deel binne jou kan speel. You have to bring something personal. Jy moet amper obsessief raak oor hoe goed jy die karakter ken. Dít is wat karakters laat uitstaan. ’n Ander aktrise sal dalk vir Delia heeltemal anders vertolk, maar die doel is altyd om die karakter só goed te ken dat jy niemand anders in daai rol kan sien nie.”

Anders as die vurige Delia, het Odelle ’n rustige persoonlikheid en is mal daaroor om haarself in die kalmerende praktyk van joga uit te leef. Meditasie het haar al deur baie dinge en seisoene in haar lewe gehelp en nou wil sy graag alles wat sy al geleer het met ander deel om vir hulle daardie selfde rustigheid te gee.

Maar al verkies sy ’n zen-omgewing, is die lewe deesdae baie gejaagd.

Joga, wyn, pizza en ’n vuurtjie…

Dit is 13:00 op ’n Saterdag en dit is die enigste tyd wat Odelle in haar besige week kan afknyp om vinnig met terloops te kan gesels. Behalwe dat sy nog tot onlangs tussen die stelle van Legacy en Binnelanders moes hardloop, maak Odelle ook tyd vir haar integrale afrigtingsessies oor naweke. Nes haar karakters het Odelle self baie verskillende lae en dinge waaroor sy passievol is.

Een hiervan is integrale afrigting, ’n praktyk soortgelyk aan lewensafrigting. Dit help mense om hulself en hul lewens te verbeter deur die nodige veranderinge te maak. In plaas daarvan om slegs te konsentreer op hoe die persoon optree en daardie gewoontes te verander, soos wat die gebruik met lewensafrigting is, werk integrale afrigting daaraan om die manier waarop mense hulself sien, te verander.

’n Besige week in Odelle se lewe kan soms sy tol eis en dit is hoekom sy bos toe gaan wanneer sy wil ontspan. Vir haar is daar niks lekkerder as om met ’n goeie boek of selfs haar dagboek, jogamat, wyn, pizza en ’n vuurtjie in die natuur te gaan herlaai nie. Sy raak eerder tussen die blaaie van ’n goeie boek of die strate van Bali weg as om deur TV-kanale te scroll, vertel sy. As jy gewonder het oor wat hierdie aktrise dalk tans binge, sal jy ongelukkig nie vandag jou antwoord kry nie, want snaaks genoeg kyk Odelle die aktrise glad nie televisie nie…

“Dit is net nie my ontsnapping nie, behalwe wanneer my kêrel en ek ’n fliek saam kyk. Om lekker te gesels met ’n glasie wyn of om voëls in die stilte van die wildtuin dop te hou, is vir my baie lekkerder,” vertel sy.

Sy hou baie van haar alleentyd en was glad nie deur die stilte van die inperkings gepla nie. Sy sal doodgelukkig op ’n eiland of in ’n woud kan oorleef, met haar twee hondjies, Poppie en Jezebel.

As sy nie ’n aktrise was nie, glo Odelle sy sou seker voltyds as ’n sielkundige gewerk het. En as sy nie werk nie, is sy mal daaroor om te lees, veral as dit oor sielkunde, die brein, selfontwikkeling of sisteemdenke gaan. Buiten dat dit vir haar besonders interessant is, help dit ook soms met haar werk as aktrise – veral as sy tussen twee verskillende karakters moet spring soos deesdae tussen Delia en die teenoorgestelde vredeliewende Charmaine van Legacy.

Spring tussen karakters

As aktrise moet Odelle daagliks in die kop van haar karakters klim om hulle oortuigend te kan speel en dit gebeur nie sommer so nie. Daar is ’n proses, ’n volle liggaamlike transformasie wat begin met jou denkwyse en gedrag, meen sy. Sy moet die een karakter eers heeltemal afskud voordat sy by die ander stel instap, sê Odelle.

Wanneer sy Charmaine op dieselfde dag as Delia moet vertolk, dra sy ’n veerhangertjie om haar nek om haarself te herinner dat Charmaine se liggaam ligter is en haar bewegings vinniger is. Delia is meer intens, met ’n statige manier van stap.

“Delia kan my gespanne maak, veral in my skouers en kakebeen. Charmaine beweeg soos die wind. Hulle verskil soos dag en nag, maar albei se lig is op sy eie manier mooi. Elkeen het ’n passie vir liefde en die waarheid, maar een is maanskyn en die ander is sonskyn. Albei bring lig, maar een lewe in die lig en die ander in die donkerte,” vertel Odelle oor haar karakters.

“Charmaine soek altyd die son. Sy soek agter die wolke om die lig te vind, terwyl Delia net die wolke sien. Albei het dele wat mense kan veroordeel, maar is lojaal en passievol. Dit is meeste van die tyd maklik vir my om albei te speel, behalwe wanneer Delia gelukkig is of Charmaine kwaad word. Dít is wanneer ek regtig moet konsentreer om seker te maak dat Charmaine nie skielik Delia word of anders om nie, want woede is Delia se default en vreugde is Charmaine s’n – die een gaan nie soos die ander emosie toon nie.”

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om kortfilms en dokkies die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies