Menu terloops
In Lysie-lysie [3 Feb 2026]

Vyf goed wat jy oor die volgende seisoen van ‘Boer soek ’n Vrou’ moet weet


Kykers moet nog amper ses maande wag om te sien hoe Reandi Grey die plaaspaaie in in ’n Toyota Hiliux vir die 18de seisoen van ‘Boer soek ’n Vrou’ aandurf, maar dit is duidelik dat aanhangers reeds die slapies aftel na die begin van dié gewilde kykNET-maatsoekreeks. 

Deur Redaksie
Vyf goed wat jy oor die volgende seisoen van ‘Boer soek ’n Vrou’ moet weet

Insluitende die komende seisoen, beteken dit dat 180 boere al aan Boer soek ’n Vrou, wat al talle huwelike opgelewer het, deelgeneem het. 

Hier is wat jy solank oor die volgende aflewering van Boer soek ’n Vrou moet weet: 

1

Die agtiende seisoen van Boer soek ’n Vrou begin Donderdag 23 Julie 2026 op kykNET en sal oudergewoonte in die 20:00-tydgleuf uitsaai. In hierdie episode ontmoet Reandi vir die eerste keer al die boere op hul plase, terwyl sy in die daaropvolgende episode hul briewe aflewer. Kykers sal dus op Donderdag 30 Junie uitvind watter vyf boere se liefdesreis hulle gaan volg. 

2

Die episode wat op 23 Julie uitgesaai word, tel eintlik as die reeks se tweede episode aangesien die episode, waar kykNET die boere in November bekendgestel het, die afskop van die seisoen was.

3

Die reünie-episode, waar kykers uitvind hoe die topvyfboere se soektog nog liefde uitgedraai het en hoe dit ook met die ander vyf boere gaan, saai op Donderdag 22 Oktober uit. 

4

Vanjaar se tien boere se ouderdomme wissel tussen 26 en 43. 

5

Die boere verteenwoordig ses provinsies met die Vrystaat wat die voortou met vier enkellopendes neem, terwyl die Noord-Kaap deur ’n vroue boer verteenwoordig word. 

Die boere vir die 18de seisoen is:

Arno (28) 

Boer soek 'n Vrou S18 Arno
  • Tzaneen, Limpopo
  • Bosbouboer 
  • Vroulike pasmaat

David (43)

  • Vierfontein, Vrystaat
  • Gemengde boerdery
  • Vroulike pasmaat

Francois (34)

BOER SOEK 'N VROU, FRANCOIS
  • Hoedspruit, Mpumalanga 
  • Natuurbewaarder
  • Vroulike pasmaat

Jack (30) 

Boer soek 'n Vrou S18 Jack
  • Hermanus, Wes-Kaap
  • Appel- en peerboer
  • Vroulike pasmaat

Jacques (32) 

Boer soek 'n Vrou S18 Jacques
  • Nelspruit, Mpumalanga
  • Makadamianeutboer
  • Vroulike pasmaat

JD (28) 

Boer soek 'n Vrou S18 JD
  • Reitz, Vrystaat
  • Gemengde boerdery
  • Vroulike pasmaat

Junior (35)

  • Bethlehem, Vrystaat
  • Gemengde boerdery
  • Vroulike pasmaat

Leandi (36)

Boer soek 'n vrou, Leandie
  • Ventersdorp, Noordwes
  • Beesboer
  • Manlike pasmaat

Luan (26)

Boer soek 'n Vrou_18_Luan
  • Strydenburg, Noord-Kaap
  • Skaapboer
  • Vroulike pasmaat

Willie (37)

Boer soek 'n Vrou_18_Willie
  • Harrismith, Vrystaat
  • Bees- en mielieboer
  • Vroulike pasmaat

Boer soek ’n vrou S18 saai vanaf Donderdag 23 Julie 2026 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uit. Die 17de seisoen is vanaf 5 Februarie 2026 op Showmax beskikbaar om te stroom. Seisoene 14, 15 en 16 is ook reeds op dié platform beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies