Menu terloops
In TV [27 Nov 2025]

‘Boer soek ’n vrou’ S18: ‘Vrou wat my nou ontmoet, gaan met beste weergawe van my wegloop, sê boer Jacques


“Liefde en vriendskap is iets wat jy nooit voor moet vra of smeek nie.” Dít, deel ‘Boer soek ’n vrou’ se hubare Jacques, tel onder die belangrikste lesse wat hy al in verhoudings geleer het.

‘Boer soek ’n vrou’ S18: ‘Vrou wat my nou ontmoet, gaan met beste weergawe van my wegloop, sê boer Jacques
Kyk lokprent

Jacques (32), ’n makadamianeutboer van Nelspruit (Mpumalanga), is een van die tien boere wat liefde in die 18de seisoen van kykNET se maatsoekreeks Boer soek ’n vrou wil vind. Hy soek ’n vroulike pasmaat.

In ’n neutedop: 

Huistaal: Afrikaans 
Hoogste akademiese kwalifikasie: Matriek 
Huwelikstatus: Ongetroud, geen kinders    
Belangstellings: “Reis, motorfietstoere, jag en oefen.”  

Hoekom het jy ingeskryf vir Boer soek ’n vrou?

“Ek sien nie meer kans om alleen die lewe en al sy dinge aan te pak nie. Ek soek ’n vrou aan my sy wat my heel sal maak.” 

Watter eienskappe soek jy in jou ideale pasmaat?

“Ek soek ’n vrou wat my ondersteun in wat ek doen en bereid sal wees om by my te staan en die pad saam te loop; ’n vrou wat weet wat reg en wat verkeerd is en haar waardes eerste stel; ’n vrou wat kan praat oor dit wat op haar hart is, hoe moeilik dit ook al mag wees. Iemand wat kan kommunikeer.”  

Hoe sal jy jouself beskryf?

“Ek is baie perfeksionisties en hardwerkend, maar ek weet wat die balans tussen hard werk en ontspan moet wees. Ek gee soms my eie geluk prys om ander gelukkig te maak en daag op wanneer dit van my verwag word. 

“My stokperdjie is om te reis en nuwe plekke te sien en om die meeste te maak van my vrye tyd. Ek hou van motorfietsry, om op staptogte te gaan, oor naweke weg te gaan en om goed saam met vriende te doen. Dit hou my aan die gang. Oefening en gesond wees is ook vir my belangrik.”

Boer soek 'n Vrou S18 Jacques
“Ek is baie perfeksionisties en hardwerkend, maar ek weet wat die balans tussen hard werk en ontspan moet wees,” vertel Jacques oor homself. Foto’s: Verskaf

Wat is die belangrikste les/lesse wat jy uit vorige verhoudings geleer het?

“Kommunikasie, ondersteuning en moeite is belangrik. Liefde en vriendskap is iets wat jy nooit voor moet vra of smeek nie. As dit reg is, dan sal dit daar wees.”

Sien jy jouself as romanties?

“Beslis. Ek het konstant idees in my kop oor dinge om saam te doen en tyd saam te geniet sonder dat tyd verlore gaan, al is dit klein en eenvoudig. Tyd is kosbaar.”

Vertel ’n bietjie meer oor jou verhoudingsgeskiedenis

“Ek het nie baie verhoudings in my lewe gehad nie, maar wel ’n baie lang verhouding wat nie uitgewerk het nie. Alhoewel dit groot letsels gelaat het en my hart aan skerwe was, het ek beter daarvan afgekom. Die vrou wat my nou ontmoet, gaan met die beste weergawe van my wegloop.”

Wil jy vir Jacques skryf?

Diegene wat vir een van die hubare boere ’n brief wil skryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op 4 Desember 2025 ingedien word.

Soos voorheen sal voornemende pasmaats vir die boere briewe kan skryf of hul belangstelling in die boere op die gewilde Afrikaanse maatsoek-app KOER kan wys. 

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen:

  • Besoek www.kyknet.tv
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229
  • Stuur ’n e-pos na boer@wolflightsa.com
  • Besigtig die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER
  • Voornemende pasmaats sal ook briewe of pakkies per koerier vir die boere kan stuur na een van dié twee adresse: Boer soek ’n vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes 7129 OF
    Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.

Digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, is welkom. 


Die 17de seisoen van Boer soek ’n vrou is vir nog ’n wyle op DStv Catch Up beskikbaar. Kyk ook die vorige seisoene op Showmax.   

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer
Sien alle opsies