Menu terloops
In TV [1 Des 2025]

‘Boer soek ’n vrou’ S18: Boer Willie soek pasmaat met ‘lekker sin vir humor en gebou vir lag saam met mense’


“Ek wil graag iemand ontmoet met wie ek reguit, deeglik en eerlik kan wees en vir wie ek nie halwe waarhede hoef te vertel nie. ’n Mens moet kan aanpas bymekaar en mekaar kan aanvul,” deel ‘Boer soek ’n vrou’ se Willie.

‘Boer soek ’n vrou’ S18: Boer Willie soek pasmaat met ‘lekker sin vir humor en gebou vir lag saam met mense’
Kyk lokprent

Willie (37), bees- en mielieboer van Harrismith (Vrystaat), is een van die tien boere wat liefde in die 18de seisoen van kykNET se maatsoekreeks Boer soek ’n vrou wil vind. Hy soek ’n vroulike pasmaat. 

In ’n neutedop:

Huistaal: Afrikaans  
Hoogste akademiese kwalifikasie: Matriek  
Huwelikstatus: Ongetroud, geen kinders
Belangstellings: “Watersport, motorfietsry, boer, jag en skiet, asook gholf.”   

Hoekom het jy ingeskryf vir Boer soek ’n vrou?

“Ek het al lank genoeg gedreig, maar die geleentheid was nog nooit reg nie – nou is dit. Ek was nog nooit getroud nie, en dis tyd dat iemand deel in hierdie wonderlike lewe wat ek beplan en aan gebou het.”

Watter eienskappe soek jy in jou ideale pasmaat?

“Sy moet ’n Godvresende vrou wees – iemand wat die Here bo almal kies. Elkeen is spesiaal, maar ek wil graag ’n goedversorgde vrou hê en iemand wat passievol is in wat sy doen. Sy moet stabiel in haar lewe wees, en sy hoef nie noodwendig op die plaas te kom bly of werk nie. Hier is geleenthede, maar as sy ’n passie het vir wat sy in haar lewe doen, is dit wonderlik. 

“Ons almal het ons eie belangstellings, en dit is hoekom ons almal uniek is. Sy moet uniek in haar belangstellings wees, ook in dit wat sy doen en rondom haar passies in die lewe. Ek wil tog nie iemand verander nie, maar ek wil graag iemand ontmoet met wie ek reguit, deeglik en eerlik kan wees en vir wie ek nie halwe waarhede hoef te vertel nie. ’n Mens moet kan aanpas bymekaar en mekaar kan aanvul. 

“Ek is ’n spontane mens, en dit sal lekker wees as sy ook so iemand is. Dis belangrik om tussen mense te wees. Jy kan nie heeltyd net in jou eie omgewing met jouself wees nie. ’n Lekker sin vir humor en gebou vir lag saam met mense – dís die mens na wie ek soek.”

Boer soek 'n Vrou_18_Willie

Hoe sal jy jouself beskryf?

“Ek is spontaan in besluite neem en baie gemaklik oor die algemeen, maar wel ’n bietjie meer ernstig in die werksomgewing. Ek sal maklik heeldag op die dam kan spandeer wanneer dit moontlik is, of met my motorfiets toer. 

“Ek’s gedrewe in my passie (wat boer is), innoverend, eerlik en betroubaar en bo als ’n Godvresende man.”

Wat is die belangrikste les/lesse wat jy uit vorige verhoudings geleer het?

“Mense gaan jou teleurstel. Hulle gaan jou geduld toets, maar almal moet ’n bietjie kan aanpas en vergewe.”

Sien jy jouself as romanties?

“Nee, nie rêrig nie. Verjaarsdae en spesiale geleenthede kan voel soos net nog ’n gewone dag. Dis wel in die klein dingetjies waar ek moeite doen of in die af dae wat ek meer vir iemand op daardie vlak sal beteken.”

Wil jy vir Willie skryf?

Diegene wat vir een van die hubare boere ’n brief wil skryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op 4 Desember 2025 ingedien word.

Soos voorheen sal voornemende pasmaats vir die boere briewe kan skryf of hul belangstelling in die boere op die gewilde Afrikaanse maatsoek-app KOER kan wys. 

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen:

  • Besoek www.kyknet.tv
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229
  • Stuur ’n e-pos na boer@wolflightsa.com
  • Besigtig die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER
  • Voornemende pasmaats sal ook briewe of pakkies per koerier vir die boere kan stuur na een van dié twee adresse: Boer soek ’n vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes 7129 OF
    Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.

Digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, is welkom. 


Die 17de seisoen van Boer soek ’n vrou is vir nog ’n wyle op DStv Catch Up beskikbaar. Kyk ook die vorige seisoene op Showmax.   

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer
Sien alle opsies