Menu terloops
In TV [19 Nov 2025]

‘Boer soek ’n vrou’ S18: ‘As ek vir iemand lief is, gee ek alles’ sê boer David


“Ek droom van ’n sterk, stylvolle en sagte vrou – iemand wat haar eie pad stap, maar ook bereid is om hande te vat,” vertel ‘Boer soek ’n vrou’ se David.

‘Boer soek ’n vrou’ S18: ‘As ek vir iemand lief is, gee ek alles’ sê boer David
Kyk lokprent

David (43), gemengde boerdery by Vierfontein (Vrystaat), is een van die tien boere wat liefde in die 18de seisoen van kykNET se maatsoekreeks Boer soek ’n vrou wil vind. Hy soek ’n vroulike pasmaat. 

In ’n neutedop:

Huistaal: Afrikaans
Hoogste akademiese kwalifikasie: Matriek
Huwelikstatus: Ongetroud, geen kinders 
Belangstellings: “Besigheid en om te netwerk. Ek hou daarvan om goed te reël. Ek het ook ’n baie sagte plek vir diere.”

Hoekom het jy ingeskryf vir Boer soek ’n vrou?

“Ek het lank net gefokus op my werk en drome, maar nou is ek op ’n plek in my lewe waar ek reg is vir iets diepers – om my hart met iemand te deel. Ek glo dis tyd om die regte vrou te ontmoet. Iemand saam met wie ek die lewe ten volle kan leef, met oorgawe, lag en liefde.” 

Watter eienskappe soek jy in jou ideale pasmaat?

“Ek droom van ’n sterk, stylvolle en sagte vrou – iemand wat haar eie pad stap, maar ook bereid is om hande te vat. ’n Vrou wat saam met my kan lag, bid, bou en droom. Iemand wat nie net my maat is nie, maar ook my beste vriend.”

Hoe sal jy jouself beskryf?

“Ek’s ’n boer en entrepreneur uit die Vrystaat wat met passie leef. Ek werk hard, maar ek maak altyd tyd vir die mense en dinge wat saak maak. Ek geniet die buitelewe, gym, fietsry, gholf en om nuwe plekke en restaurante te ontdek – veral saam met iemand spesiaal.” 

Boer soek 'n Vrou S18 David

Wat is die belangrikste les/lesse wat jy uit vorige verhoudings geleer het?

“Ek het geleer dat liefde nie net iets is wat jy voel nie, maar iets wat jy elke dag kies. Ware liefde verg geduld, insig en die bereidwilligheid om mekaar elke dag nuut te kies – selfs wanneer dinge nie maklik is nie.” 

Sien jy jouself as romanties?

“Ja, beslis. Ek mag dalk na buite hard lyk, maar as jy regtig by my hart uitkom, ontdek jy ’n sagte mens wat graag gee, bederf en diep liefhet. As ek vir iemand lief is, gee ek alles – aandag, romanse, lojaliteit en daardie bietjie ekstra wat liefde besonders maak.” 

Wil jy vir David skryf?

Diegene wat vir een van die hubare boere ’n brief wil skryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op 4 Desember 2025 ingedien word.

Soos voorheen sal voornemende pasmaats vir die boere briewe kan skryf of hul belangstelling in die boere op die gewilde Afrikaanse maatsoek-app KOER kan wys. 

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen:

  • Besoek www.kyknet.tv
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229
  • Stuur ’n e-pos na boer@wolflightsa.com
  • Besigtig die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER
  • Voornemende pasmaats sal ook briewe of pakkies per koerier vir die boere kan stuur na een van dié twee adresse: Boer soek ’n vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes 7129 OF
    Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.

Digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, is welkom. 


Die 17de seisoen van Boer soek ’n vrou is vir nog ’n wyle op DStv Catch Up beskikbaar. Kyk ook die vorige seisoene op Showmax.   

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer
Sien alle opsies