Luan (25), skaapboer van Strydenburg (Noord-Kaap), is een van die tien boere wat liefde in die 18de seisoen van kykNET se maatsoekreeks Boer soek ’n vrou wil vind. Hy soek ’n vroulike pasmaat.
In ’n neutedop:
Huistaal: Afrikaans
Hoogste akademiese kwalifikasie: Graad in Landbou, Ekonomie en Risikobestuur
Huwelikstatus: Ongetroud, geen kinders
Belangstellings: “Diere en sport.”
Hoekom het jy ingeskryf vir Boer soek ’n vrou?
“Ek het ingeskryf vir die reeks, want ek is geestelik en emosioneel gereed om iemand te ontmoet saam met wie ek ’n toekoms kan begin.”
Watter eienskappe soek jy in jou ideale pasmaat?
“Ek soek ’n vrou wat lief is vir die Here en weet waar haar krag vandaan kom. Iemand wat lag en lewe. Sy moet my kan ondersteun soos wat ek ook vir haar sal doen. Sy moet ook by die Karoo kan aanpas.”

Hoe sal jy jouself beskryf?
“Ek is ’n kind van die Here, hardwerkend en iemand wat nie wil stagneer in my bestaan nie. My familie en vriende is vir my baie belangrik. Boerdery en diere is my daaglikse stokperdjie, asook my beroep.
“Ek doen ook graag sport. In hierdie stadium oefen ek vir die halwe Iron Man-kompetisie.”
Wat is die belangrikste les/lesse wat jy uit vorige verhoudings geleer het?
“Om mekaar te vertrou.”
Sien jy jouself as romanties?
“Nee, maar ek kort net ’n bietjie hulp daarmee.”
Wil jy vir Luan skryf?
Diegene wat vir een van die hubare boere ’n brief wil skryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op 4 Desember 2025 ingedien word.
Soos voorheen sal voornemende pasmaats vir die boere briewe kan skryf of hul belangstelling in die boere op die gewilde Afrikaanse maatsoek-app KOER kan wys.
Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen:
- Besoek www.kyknet.tv
- Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229
- Stuur ’n e-pos na boer@wolflightsa.com
- Besigtig die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER
- Voornemende pasmaats sal ook briewe of pakkies per koerier vir die boere kan stuur na een van dié twee adresse: Boer soek ’n vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes 7129 OF
Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.
Digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, is welkom.
Die 17de seisoen van Boer soek ’n vrou is vir nog ’n wyle op DStv Catch Up beskikbaar. Kyk ook die vorige seisoene op Showma