Menu terloops
In Gons [5 Sep 2024]

Safta-benoemings: 9 vir ‘Binnelanders’, ‘Suidooster’ kry 5, en nog talle vir kykNET en Showmax


Die kykNET-sepies ‘Suidooster’ en ‘Binnelanders’, Mzansi Magic se ‘Shaka Ilembe’ en Showmax se ‘Rosemary’s Hitlist’, ‘Outlaws’, ‘Dam S2’ en ‘Spinners’ tel onder vanjaar se top-benoemdes vir Safta-toekennings.

Safta-benoemings: 9 vir ‘Binnelanders’, ‘Suidooster’ kry 5, en nog talle vir kykNET en Showmax

Suidooster, het vyf benoemings vir vanjaar se Safta-toekennings gekry, onder meer vir beste sepie, ’n kategorie wat dié reeks in 2022 gewen het. Daarteenoor spog Binnelanders met nege benoemings waarvan vyf vir die rolverdeling is. 

Die MultiChoice-groep, wat die stroomdiens Showmax insluit, het altesame 176 Safta-benoemings (South African Film and Television Awards) ingeryg. Met Showmax se totaal van 118 benoemings – 36 vir Showmax Originals en 82 vir gelisensieerde inhoud – het dié stroomdiens Showmax die meeste van die 176 kopknikke ontvang. Daarna volg kykNET met 59 benoemings in die 90 kategorieë.  

Die programme met die meeste benoemings is Shaka Ilembe met 17, gevolg deur The River en Outlaws, wat met 11 benoemings elk die mees benoemde telenovelas is. Daarna volg Binnelanders met nege benoemings. 

Silwerskermfees, TV-benoemings, Silwerskermtoekennings, Safta
Taktiek het ses Safta-benoemings ontvang, waaronder vir beste manlike byspeler vir Schalk Bezuidenhout. Foto: Verskaf

Die dokumentêr-vervaardigers IdeaCandy het 11 benoemings gekry vir hul werk aan die dokkies Convict Conman, Rosemary’s Hitlist, ’n Gids vir Louzanne, Call of the Wild, Langafstand, Habits of Gen Z en Sex and Pleasure. Hul 12de benoeming is vir beste kortfilm vir Thrift tot die dood. Laasgenoemde, asook ’n Gids vir Louzanne, Call of the Wild en Langafstand is vir die kykNET Silwerskermfees vervaardig.

Die kykNET-komediereeks Taktiek het ses benoemings behaal. Daaronder tel: beste grimering en haarstilering, beste klank, beste regie, beste manlike byspeler, beste aktrise, en beste TV-komedie.

Showmax se Spinners het benoemings vir redigering, regie en sy draaiboek ontvang.

Spinners, Showmax, Safta
Spinners is onder meer vir beste regie (Jaco Bouwer) vir vanjaar se Safta-toekennings benoem. Foto: Verskaf

SuperSport het vier benoemings ontvang. Drie hiervan is vir Rise: The Siya Kolisi Story (beste dokumentêre rolprent, beste klank in ’n dokumentêr, beste redigering in ’n dokumentêr) is. 

Kykers kan vanaf 9 September 2024 stem vir kategorieë waarin wenners deur die stemme van die publiek bepaal word. 

Kliek hier vir die volledige lys van benoemings.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies