Menu terloops
In Gons [5 Sep 2024]

Safta-benoemings: 9 vir ‘Binnelanders’, ‘Suidooster’ kry 5, en nog talle vir kykNET en Showmax


Die kykNET-sepies ‘Suidooster’ en ‘Binnelanders’, Mzansi Magic se ‘Shaka Ilembe’ en Showmax se ‘Rosemary’s Hitlist’, ‘Outlaws’, ‘Dam S2’ en ‘Spinners’ tel onder vanjaar se top-benoemdes vir Safta-toekennings.

Safta-benoemings: 9 vir ‘Binnelanders’, ‘Suidooster’ kry 5, en nog talle vir kykNET en Showmax

Suidooster, het vyf benoemings vir vanjaar se Safta-toekennings gekry, onder meer vir beste sepie, ’n kategorie wat dié reeks in 2022 gewen het. Daarteenoor spog Binnelanders met nege benoemings waarvan vyf vir die rolverdeling is. 

Die MultiChoice-groep, wat die stroomdiens Showmax insluit, het altesame 176 Safta-benoemings (South African Film and Television Awards) ingeryg. Met Showmax se totaal van 118 benoemings – 36 vir Showmax Originals en 82 vir gelisensieerde inhoud – het dié stroomdiens Showmax die meeste van die 176 kopknikke ontvang. Daarna volg kykNET met 59 benoemings in die 90 kategorieë.  

Die programme met die meeste benoemings is Shaka Ilembe met 17, gevolg deur The River en Outlaws, wat met 11 benoemings elk die mees benoemde telenovelas is. Daarna volg Binnelanders met nege benoemings. 

Silwerskermfees, TV-benoemings, Silwerskermtoekennings, Safta
Taktiek het ses Safta-benoemings ontvang, waaronder vir beste manlike byspeler vir Schalk Bezuidenhout. Foto: Verskaf

Die dokumentêr-vervaardigers IdeaCandy het 11 benoemings gekry vir hul werk aan die dokkies Convict Conman, Rosemary’s Hitlist, ’n Gids vir Louzanne, Call of the Wild, Langafstand, Habits of Gen Z en Sex and Pleasure. Hul 12de benoeming is vir beste kortfilm vir Thrift tot die dood. Laasgenoemde, asook ’n Gids vir Louzanne, Call of the Wild en Langafstand is vir die kykNET Silwerskermfees vervaardig.

Die kykNET-komediereeks Taktiek het ses benoemings behaal. Daaronder tel: beste grimering en haarstilering, beste klank, beste regie, beste manlike byspeler, beste aktrise, en beste TV-komedie.

Showmax se Spinners het benoemings vir redigering, regie en sy draaiboek ontvang.

Spinners, Showmax, Safta
Spinners is onder meer vir beste regie (Jaco Bouwer) vir vanjaar se Safta-toekennings benoem. Foto: Verskaf

SuperSport het vier benoemings ontvang. Drie hiervan is vir Rise: The Siya Kolisi Story (beste dokumentêre rolprent, beste klank in ’n dokumentêr, beste redigering in ’n dokumentêr) is. 

Kykers kan vanaf 9 September 2024 stem vir kategorieë waarin wenners deur die stemme van die publiek bepaal word. 

Kliek hier vir die volledige lys van benoemings.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies