Menu terloops
In Gons [3 Sep 2024]

Dans, dans, dans! SA kry weer plaaslike ‘Dancing with the Stars’


Dis weer tyd vir Suid-Afrika se bekendes en danskampioene om hul beste (dans)voetjie voor te sit – ‘Dancing with the Stars SA’ keer eersdaags terug.

Dans, dans, dans! SA kry weer plaaslike ‘Dancing with the Stars’

Pas nadat ’n Afrikaanse weergawe van The Office tydens vanjaar se Silwerskermfees aangekondig is, het die BBC se plaaslike produksiemaatskappy, Rapid Blue, en Primedia Studios ook nuus gehad om te deel: ’n ooreenkoms is gesluit om die übergewilde realiteitsreeks, Dancing with the Stars, se plaaslike weergawe te laat herleef. 

Rapid Blue het ook die vorige plaaslike aflewering van Dancing with the Stars SA, wat vir die eerste keer in 2018 aangebied is, vervaardig. Die destydse aanbieders was die akteurs Chris Jaftha en die radio- en TV-aanbieder Tracey Lange. 

Die Dancing with the Stars-formaat het al meer as 130 internasionale toekennings gewen en blyk steeds een van die gewildste en mees gekykte reekse onder beide Amerikaanse en Britse gehore te wees. In Brittanje vier dié bekroonde program vanjaar sy 20ste bestaansjaar.

Glo gaan die nuwe weergawe ’n keur van die land se sogenaamde “A-lys beroemdes” insluit. Dié celebs, sowel as die beoordelaars en professionele dansers wat saam met die beroemdes deelneem, sal later bekendgemaak word. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies