Menu terloops
In Gons [31 Aug 2024]

‘Koek’ vat die koek by Silwerskermtoekennings vir Film en TV


Showmax se Afrikaanse misdaadkomedie ‘Koek’ het met die louere weggestap op vanjaar se Silwerskermtoekennings vir Film en TV. Dít volg nadat ’n tweede seisoen onlangs aangekondig is.

‘Koek’ vat die koek by Silwerskermtoekennings vir Film en TV

Die gesogte kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV is tydens ’n uitskieter-gala op Saterdag 31 Augustus by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) oorhandig, met die Showmax se Afrikaanse donker misdaadkomedie, Koek, en die speelfilm Som van Twee as die aand se grootste wenners.

Som van twee
Som van Twee is Simoné Pretorius se regisseursdebuut. Foto: Verskaf

Vanjaar is die gesogte Silwerskermbeeldjies weer uitgedeel aan akteurs, aanbieders en persoonlikhede wat tussen 1 April 2023 en 31 Maart 2024 vir uitmuntende vermaak op die kykNET-kanale gesorg het.

Daar is ook erkenning gegee aan legendes in die vermaaklikheidswêreld. Hans Strydom, wat al van 1973 af diep spore in veral Afrikaanse flieks getrap het en die patriarg in Binnelanders speel, en die veelsydige Denise Newman, deesdae veral bekend vir haar ikoniese rol as Bridgette in Suidooster, is beide vir hul lewensbydraes vereer. Die TV-vervaardiger Roberta Durrant is ook vir haar lewenslange toewyding aan die bedryf vereer.

“Film en TV is soos twee kamers van kykNET se hart,” sê Waldimar Pelser, Direkteur: M-Net Premium-kanale. “Die een kan nie gesond wees sonder die ander nie. Om hierdie twee kommersiële kunsvorms te verenig by ’n toekenningsaand is nie net heerlik nie, maar ook noodsaaklik.

“Dit is ook baie bevredigend om te sien hoeveel skeppers van Afrikaanse inhoud hul hand aan albei waag – filmmakers wat TV maak en andersom. Die sukses daarvan neem ons bedryf vorentoe. Dit is belangrik om erkenning te gee aan almal wat met min hulpbronne wonderwerke op skerm verrig.”

Die wenners in die TV-kategorie is:

Beste byspeler in ’n komedie

  • Taktiek – Mandri Sutherland

Beste aanbieder in ’n vermaaklikheidsprogram

  • Wie word ’n miljoenêr? – Rian van Heerden

Beste aanbieder in ’n leefstylprogram

  • Ommighellie – Frazer Barry

Beste nuweling in ’n telenovela of sepie

  • Wyfie – Mienke Ehlers
Mienke Ehlers
Mienke Ehlers as Mia in Wyfie. Foto: Verskaf

Beste akteur in ’n komedie

  • Taktiek – Bennie Fourie

Beste aktrise in ’n komedie

  • Magda Louw – Desiré Gardner

Beste aanbieder in ’n realiteitsprogram

  • In die sop – Bertus Basson

Beste ensemble-aanbiederspan

  • Toks en Tjops – Breyton Paulse, Hamilton Wessels, Rika Nieuwoudt, Rikus de Beer, Janina Oberholzer, Jean de Villiers, Jonathan Mokuena, Jannie du Plessis, Tommy Dickson (Chef Vaatjie)

Beste byspeler in ’n telenovela of sepie

  • Wyfie – Marguerite van Eeden
Silwerskermfees, TV-benoemings, Silwerskermtoekennings
Marguerite van Eeden as Wilmien in Showmax se universiteitsdrama, Wyfie. Foto: Verskaf

Beste manlike byspeler in ’n drama

  • Koek – Dawid Minnaar

Beste vroulike byspeler in ’n drama

  • Koek – Sandra Prinsloo

Beste aanbieder in ’n joernaalprogram

  • Prontuit – Kabous Meiring

Beste aanbieder in ’n dokumentêre realiteitsprogram

  • Grondpad geloof – Dana Snyman

Beste aanbieder in ’n geselsprogram

  • Hannes aan huis – Hannes van Wyk

Beste aanbieder in ’n aktuele program

  • In gesprek – Lourensa Eckard

Beste akteur in ’n drama

  • Koek – Jacques Bessenger
Jacques Bessenger in Koek op Showmax.
Jacques Bessenger in Koek op Showmax. Foto: Verskaf

Beste aktrise in ’n drama

  • Koek – Cindy Swanepoel

Beste aktrise in ’n telenovela of sepie

  • Suidooster – Jill Levenberg

Beste akteur in ’n telenovela of sepie

  • Arendsvlei – Jody Abrahams

Die wenners in die speelfilm-kategorie:

Beste draaiboek van ’n speelfilm

  • Som van twee – Simoné Pretorius

Beste oorspronklike klankbaan in ’n speelfilm

  • Som van twee – Snoozefest, Hunter Kennedy

Beste klankontwerp in ’n speelfilm

  • Die Kwiksilwers – Sound Surgeon Studios, Morné Marais

Beste kinematografie in ’n speelfilm

  • Hier.Na – Ebrahim Hajee

Beste redigering in ’n speelfilm

  • Som van twee – Dries Scholtz

Beste grimering en haarstilering in ’n speelfilm

  • Die Kwiksilwers – Hanri Neethling
Die Kwiksilwers
Die Kwiksilwers het onder meer vir beste grimering en haarstilering in ’n speelfilm gewen. Foto: Verskaf

Beste kostuums in ’n speelfilm

  • Hier.Na – Ayesha Khatieb

Beste regie in ’n speelfilm

  • Som van twee – Simoné Pretorius

Beste akteur in ’n speelfilm

  • Som van twee – James Borthwick

Beste aktrise in ’n speelfilm

  • Hier.na – June van Merch

Beste speelfilm

  • Som van twee

Die wenners in die kortfilms-kategorie:

Beste draaiboek van ’n kortfilm deur ’n opkomende filmmaker

  • Marie se laaste dag – Mercy Kannemeyer en Lourensa Eckard

Beste regie van ’n kortfilm deur ’n opkomende filmmaker

  • Die skynwerper – Dewet van Rooyen

Beste kortfilm deur ’n opkomende filmmaker

  • Marie se laaste dag

Beste kinematografie in ’n kortfilm

  • Marie se laaste dag – Tom Marais

Beste redigering in ’n kortfilm

  • Baas se honne – Leon Visser

Beste akteur in ’n kortfilm

  • Die skynwerper – Ben Albertyn

Beste aktrise in ’n kortfilm

  • Selah – Erica Wessels

Beste Shotgun-kortfilm

  • Baas se honne

Die wenners in die dokumentêr-kategorie is:

Beste kort dokumentêr

  • Maak stil die geblaf

Beste regie in ’n kort dokumentêr

  • Maak stil die geblaf – Marisa van Tonder

Beste redigering in ’n kort dokumentêr

  • Vergeet van my – Pierre-Arnold Theron

Toekennings vir lewensbydrae

  • Denise Newman (aktrise)
  • Hans Strydom (akteur)
  • Roberta Durrant (TV-vervaardiger)

FEESGUNSTELING

  • Die Kwiksilwers

Die Silwerskermtoekennings vir Film en TV word op Sondag 1 September om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies