Menu terloops
In Gons [30 Aug 2024]

Afrikaanse weergawe van ‘The Office’ in die pyplyn


Die Afrikaanse weergawe van ‘The Office’, wat deur die bekroonde Britse komediant Ricky Gervais geskep is, sal die 14de verwerking van dié gewilde reeks wees.

Kyk 'The Office' op Showmax

Afrikaanse weergawe van ‘The Office’ in die pyplyn

BBC Studios en Showmax het ’n nuwe formaatooreenkoms aangekondig om ’n Suid-Afrikaanse weergawe van die globale trefferreeks, The Office, op beide Showmax en kykNET te loods. Die formaat is deur BBC gelisensieër. Dié Showmax Original sal plaaslik deur Rapid Blue vervaardig word. Rapid Blue vorm deel van BBC Studios se internasionale versameling produksiemaatskappye.

Die wêreld is meer as 20 jaar gelede aan die wonderlike somber mokumentêre wêreld van The Office, geskep deur Ricky Gervais en Stephen Merchant, bekendgestel. MetaCritic lys dié Britse weergawe steeds as die komediereeks met die beste resensies van alle tye. Dít terwyl die Amerikaanse weergawe vyf Emmys gewen het, waaronder die toekenning vir beste komediereeks. Dit was ook die reeks met die hoogste stromingsyfer ter wêreld in 2020. 

Die Suid-Afrikaanse weergawe van The Office, nog ongetiteld, is die 14de verwerking van die formaat en sal hoofsaaklik in Afrikaans verfilm word.

Die reekse se universele lokkrag het daartoe gelei dat dié BAFTA- en Golden Globe-bekroonde kultuskomedie vir gehore reg oor die wêreld herskep is. Daaronder tel plaaslike weergawes vir Australië, Frankryk, Kanada, Chili, Indië, en Pole. Die Suid-Afrikaanse weergawe van The Office, nog ongetiteld, is die 14de verwerking van die formaat en sal hoofsaaklik in Afrikaans verfilm word.

Ikoniese reeks in Afrikaans herverbeel

“Ons heel eerste Showmax Original was ’n mokumentêr, Tali’s Wedding Diary, so ons is verheug om slegs sewe jaar later die mees ikoniese mokumentêr van almal te kan herverbeel,” sê Nicola van Niekerk, Showmax se waarnemende inhoudshoof.

BBC Studios se Suid-Afrikaanse produksiemaatskappy, Rapid Blue, sal in 2025 met vervaardiging begin. Rapid Blue het ook Is’thunzi, waarvoor Thuso Mbedu twee internasionale Emmy-benoemings ontvang het, vervaardig. Só ook plaaslike verwerkings van formate soos Dancing With The Stars, The Bachelor, Family Feud, en Come Dine With Me.

Showmax is in Februarie, in samewerking met Comcast se NBCUniversal en Sky, herloods, en word nou deur die Peacock-platform gedryf.

“Die lys van programme vir ons herbekendstelling het al nege seisoene van die Amerikaanse weergawe van The Office ingesluit. Dít het reguit tot in ons top-vyf internasionale reekse op die platform vir die maand geskiet,” sê Nicola.

“So, ons weet ons gehoor gaan ewe opgewonde wees om ons plaaslike weergawe te sien, as wat ons is om dit te maak.”

Kyk weer The Office S1-9 op Showmax terwyl jy vir die plaaslike weergawe wag.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies