Menu terloops
In Lysie-lysie [5 Sep 2024]

5 redes hoekom jy nié vandeesmaand ‘Binnelanders’ kan misloop nie


Thalia maak ’n drastiese besluit in ’n oomblik van woede, terwyl Uys weifel oor of hy vir Karen van sy ware gevoelens moet vertel… Hier is vyf redes hoekom jy vandeesmaand nie ’n enkele episode van ‘Binnelanders’ kan misloop nie.

Stroom 'Binnelanders'

5 redes hoekom jy nié vandeesmaand  ‘Binnelanders’ kan misloop nie

Lente beteken nie net die begin van ’n nuwe seisoen vol hoop en nuwe lewe nie. September is ook ’n maand met nuwe karakters wat Binneland se gange betree, ’n geliefde karakter groet, en matriekafskeid-koors hoog loop. Binneland Stereo, maak gereed! 

1

LJ se galblaas gee steeds probleme, en ten spyte van Ella en Max se pogings om hom te oorreed ’n operasie is wel die beste (en enigste) opsie, is hy steeds skepties (en uiters angstig). Gaan die nie-chirurgiese opsie op die ou einde genoeg wees, of is ’n noodoperasie in die kaarte? 

2

Die legkaartstukke oor Malik se dood word stadig maar seker aanmekaar gesit. Rian vind uit hy het dalk selfs bloed aan sy hande, maar Gaby red die dag. Gaan die ware skuldige vir sy dade boet? 

3

Tracy kry die skok van haar lewe wanneer sy uitvind ’n aardige bedrag geld is in haar bankrekening betaal. Maar dis nie al nie. Kort voor lank daag haar ma uit die bloute op en hulle moet saam uitpluis wat aan die gang is. 

4

Uys besef dit is nou of nooit. Hy sal vir Karen moet vertel hoe hy werklik oor haar voel, voordat sy Pretoria verlaat. Gaan dit genoeg wees, of gaan hy haar verloor? 

5

Thalia vind uit LJ het ’n metgesel vir sy matriekafskeid. Sy besluit, in ’n oomblik van woede, om haar eie matriekafskeid te boikot en sy raak ontslae van haar rok. Maar iemand besluit om te red wat daar te redde is, en in die proses beleef twee gesoute Binnelanders self ’n romantiese matriekafskeid.


Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30. 

Episodes van die vorige seisoen van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie. (DStv-kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30. 

Seisoene 8-12 van Binnelanders is op Showmax beskikbaar. Die huidige seisoen is nie beskikbaar op die plaaslike weergawe van dié diens nie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies