Menu terloops
In Lysie-lysie [5 Sep 2024]

5 redes hoekom jy nié vandeesmaand ‘Binnelanders’ kan misloop nie


Thalia maak ’n drastiese besluit in ’n oomblik van woede, terwyl Uys weifel oor of hy vir Karen van sy ware gevoelens moet vertel… Hier is vyf redes hoekom jy vandeesmaand nie ’n enkele episode van ‘Binnelanders’ kan misloop nie.

Stroom 'Binnelanders'

5 redes hoekom jy nié vandeesmaand  ‘Binnelanders’ kan misloop nie

Lente beteken nie net die begin van ’n nuwe seisoen vol hoop en nuwe lewe nie. September is ook ’n maand met nuwe karakters wat Binneland se gange betree, ’n geliefde karakter groet, en matriekafskeid-koors hoog loop. Binneland Stereo, maak gereed! 

1

LJ se galblaas gee steeds probleme, en ten spyte van Ella en Max se pogings om hom te oorreed ’n operasie is wel die beste (en enigste) opsie, is hy steeds skepties (en uiters angstig). Gaan die nie-chirurgiese opsie op die ou einde genoeg wees, of is ’n noodoperasie in die kaarte? 

2

Die legkaartstukke oor Malik se dood word stadig maar seker aanmekaar gesit. Rian vind uit hy het dalk selfs bloed aan sy hande, maar Gaby red die dag. Gaan die ware skuldige vir sy dade boet? 

3

Tracy kry die skok van haar lewe wanneer sy uitvind ’n aardige bedrag geld is in haar bankrekening betaal. Maar dis nie al nie. Kort voor lank daag haar ma uit die bloute op en hulle moet saam uitpluis wat aan die gang is. 

4

Uys besef dit is nou of nooit. Hy sal vir Karen moet vertel hoe hy werklik oor haar voel, voordat sy Pretoria verlaat. Gaan dit genoeg wees, of gaan hy haar verloor? 

5

Thalia vind uit LJ het ’n metgesel vir sy matriekafskeid. Sy besluit, in ’n oomblik van woede, om haar eie matriekafskeid te boikot en sy raak ontslae van haar rok. Maar iemand besluit om te red wat daar te redde is, en in die proses beleef twee gesoute Binnelanders self ’n romantiese matriekafskeid.


Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30. 

Episodes van die vorige seisoen van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie. (DStv-kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30. 

Seisoene 8-12 van Binnelanders is op Showmax beskikbaar. Die huidige seisoen is nie beskikbaar op die plaaslike weergawe van dié diens nie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies