Menu terloops
In Sepies [4 Aug 2024]

Sepievoorskou: Versoekings en jaloesie loop die hart van oor


Beloftes maak skuld in ‘Suidooster’, soms is liefde net nie genoeg om verhoudings in ‘Skemergrond’ te red nie, vordering word in ‘Binnelanders’ gemaak en met groot vreugde kom groot teleurstelling in ‘Diepe Waters’. 

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Versoekings en jaloesie loop die hart van oor

Hier is waarna kykers hierdie week (5 tot 9 Augustus) op Suidooster, Binnelanders, Diepe Waters en Skemergrond kan uitsien

Suidooster

Desperate times call for desperate measures en Zoë (Lauren Joseph) stink glad van desperasie. Hoe sê hulle? Mens wil altyd hê wat jy nie kan kry nie. Zoë het haar kans gehad om ’n gentleman soos Wade te hê, maar toe val sy mos kliphard vir money bags Tim (Marco Spaumer) en nou wil sy in Angie (Char Carrie) se slaai kom krap. En haar dan boonop uit jaloesie om elke hoek en draai kom verneder! Ongelukkig vir Zoë skrik Angie nie vir haar nie. 

Lisa (Elsje Slabbert) bevind haarself weer tussen twee mans en hoe sy dit hanteer gaan kykers skok. Ek het hierdie een nie sien kom nie, maar iets sê vir my dit is nog lank nie die einde van hierdie storie nie. 

Mrs J (Theresa Sedras) is nou net mooi gatvol van haar flaky vriendin Mymoena. Mrs J kan regtig doen met ’n drukkie en ondersteuning van haar boesemvriendin, maar Mymoena is te besig om haar familie te belieg om oor ander te worry. Mens sou dink dat Mymoena haar les sou leer, maar wat sy hierdie week aanvang vat nou regtig die koek. 

Intussen kry Texas (Donovan Pietersen) hierdie week ’n aanbod wat jou op jou rug sal laat val. Ek wil net weet hoe niemand in daai sentrum, met JPD en Oos-Wes langsaan, nog nie agtergekom het dat mense met wasgoed ingaan en nooit weer uitkom nie. Nazeem (Irvine van der Merwe) kom darem met alles weg!

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Binnelanders 

Net toe LJ (Julian Robinson) vir ons almal oortuig het dat hy ’n nuwe bladsy omgedraai het, word sy skelmstreke hierdie week lewensgevaarlik. As ek in Binneland gewerk het, het ek die mannetjie regtig ’n les geleer. Kom ons hoop dat sy nuutste slagoffer nie met hul lewe gaan boet nie. 

Delia (Odelle de Wet) kry wat sy wou hê en eintlik baie meer. Maar hoe sy daarop reageer, gaan kykers verbaas. 

Tracy (Melinda Viljoen) is minder as opgewonde oor hul kuiergas en ongelukkig vang Tertius (Reynard Hugo) nie die skimp nie. 

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.  

Skemergrond 

Intussen het Lily (Hildegardt Whites) tot dusver net vir Jasmine (Khadija Heeger) aan haar kant. Ek weet nie of sy regtig verwag het dat mense haar na dekades net met ope arms sou terug verwelkom het nie, maar Lily word beslis die week op haar plek gesit. Elke week raak die vrae rondom haar verdwyning net meer, maar iets sê vir my dat daar iets tussen haar en Abel (Noel Oostendorp) gebeur het. ’n Mens kan duidelik hierdie week sien dat almal ’n stuk van die legkaart teen hul bors hou en dít maak Christine (Devonecia Swartz) mal. 

Maar nie so mal soos Kevin Johannes (Gershwin Mias) wanneer dit by Gloria (Hunter Plaatjies) en haar rubbish broer se speletjies kom nie. Danksy ’n video skrik Gloria wakker. As ek Kevin was, sou ek ook maar aanbeweeg het. 

Skemergrond saai weeksdae om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uit. Dit sal ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar wees.

Diepe Waters 

Die opwinding van die Olimpiese Spele in Parys het die hele Boskruin op hol, veral danksy die blitsvertoning van Tshepo ‘Bullet’ Buti (Johnny Potsanyane) in die water. 

Hy sukkel om sy lewe met die fame van die Olimpiese Spele te balanseer, maar kom ons kyk wat dit vir sy verhoudings gaan beteken. 

Ongelukkig is daar maar min waarvoor Sanet (Nadia Valvekens) deesdae kan smile. Die duiwel is besig met Sanet en haar dominee en daai duiwel se naam is Le-‘tities’ aka Leticia (Amor Vittone). Sanet is op die punt om die vrou te verwurg maar niemand wil na haar luister nie. Intussen kry Gys (Justin Strydom) dan nou skielik flashbacks van sy ou liefde en lyk dit dan nou asof daar dalk romanse in hierdie vyande se toekoms kan wees.

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies