Menu terloops
In Recaps & Resensies [1 Aug 2024]

‘Boer soek ’n vrou’ S16:  Blitsafsprake in die Klein-Karoo – wie gaan bly en wie gaan gly?


Marciel Hopkins, programaanbieder van kykNET se gewilde maatsoekreeks ‘Boer soek ’n vrou’, sê daar is net iets baie romanties aan die Klein-Karoo. Dis waarom die top-5 boere by Surval Boutique Olive Estate in Oudtshoorn vir hul kitsafsprake aanmeld. 

Deur Annelene Oberholzer

Stroom aanlyn

‘Boer soek ’n vrou’ S16:  Blitsafsprake in die Klein-Karoo – wie gaan bly en wie gaan gly?

Boer Quintus sê hy het vroegoggend reeds raad aan die ander vier boere gegee, en dis dat hulle net hulself moet wees, want dit is wat hulle tot hier gebring het. Maar die groter vraag in dié episode van Boer soek ’n vrou is: gaan hulle die meisies se name onthou?

Boer JW en boer Daandré gaan elk net nege blitsafsprake hê omdat daar by beide van hulle een briefskrywer was wat nie die dag kon bywoon nie. Dit beteken hulle hoef net vier van die dames huis toe te stuur en nie vyf soos wat die ander drie boere moet doen nie.

Boer soek 'n vrou
Die vroue staan reg vir die kitsafsprake. Foto: Skermgreep

Dis tyd om te begin en elke boer moet seker maak hul alarms is vir vyf minute gestel. Dis hoe lank elke blitsafspraak mag duur. So min tyd, so baie vrae!

Boer Jacques (27) van Venterstad, Oos-Kaap  

Boer Jacques stuur hulle huis toe:

  1. Diané
  2. Marlinay
  3. Denette
  4. Kyla
  5. Gitte

Jacques wil hulle beter leer ken, voor hy sy finale drie pasmaats kies om plaastoe te gaan:

  1. Wilmi
  2. Dánika
  3. Miné
  4. Sharezaan
  5. Nicole

Wilmi bly op Aliwal, ’n dorp wat boer Jacques erken hy kan nie uitstaan nie. Sy stel hom gerus en sê sy bly net daar, maar kom nie van daar af nie. Hy noem dat hy twee ouer sussies het.

Dánika, wat in die vrugte-uitvoerbedryf werk, daag op vir hul afspraak met ’n boks vol appels. Sy is van Uniondale en die platteland is haar gelukkige plek.

Miné, die meisie met wie hy danksy Marciel oor die telefoon gesels het, is ’n sangeres wat in opera gespesialiseer het aan die Universiteit van Kaapstad. Boer Jacques erken sy laat hom uit sy diepte voel, maar dit lyk of hy kans sien daarvoor.

Sharezaan stel boer Jacques gerus dat hy enige plek oorsee Afrikaans sal kan praat en niemand gaan hom verstaan nie. Sy kommer is net wie die kos gaan bestel en sy stel hom gerus dat handgebare die oplossing daarvoor is.

Nicole is iemand wat die Comrades reeds vier keer kafgedraf het en al wat ’n verbaasde boer Jacques uitkry, is “goeie d*nder!” Na afloop van hul afspraak, erken hy laggend Nicole gaan vir hom weghardloop. “Sy gaan vir my hardloop dat ek k*k”.

Boer Niel (30) van Dannhauser, KwaZulu-Natal

Boer Niel stuur hulle huis toe:

  1. Marizanne
  2. Mia
  3. Daniëlle
  4. Emma
  5. Bianca 

Niel wil hulle beter leer ken, voor hy sy finale drie pasmaats kies om plaastoe te gaan:

  1. Aniska
  2. Hestia
  3. Leandri
  4. Marjohandé
  5. Mikal

Aniska is sy eerste blitsafspraak. En die komplimente vloei van haar kant af.

Hestia flankeer bitter vinnig met boer Niel en sê sy lag baie om mense op te kikker. “Sy kan plaas toe kom,” sê hy later.

Leandri is vinnig om vir boer Niel te vertel sy sal hom opdraande gee as ’n makelaar. Hy, self ’n makelaar, dink dalk moet hulle twee maar saam ’n besigheid begin. En hy erken sy het sy verwagtinge oortref.

Marjohandé is ten volle daarvoor dat mense dinge saam doen en kwaliteit-tyd met mekaar deur te bring.

Mikal sien een of twee kinders binne die volgende vyf jaar in haar toekoms. Sy is egter nie seker of haar werkgewer haar sal toelaat om van die huis af te werk nie.

Boer Daandré (26) van Brits, Noordwes

Boer Daandré stuur hulle huis toe:

  1. Jean-Marie
  2. Jennifer
  3. Maroné
  4. Elanya

Daandré wil hulle beter leer ken, voor hy sy finale drie pasmaats kies om plaastoe te gaan:

  1. Elizette
  2. Marisca
  3. Lize-Marie
  4. Liné
  5. Zandelee

Elizette sê sy kan nie glo boer Daandré is ’n regte persoon in die ware lewe nie, terwyl Jennifer se video hom baie beïndruk het.

Marisca vertel op haar beurt sy het ’n sussie wat vyf jaar jonger as sy is en die einde van die jaar trou. Sy sê dis tyd dat sy ook plan maak, maar besef dis ’n glipsie en wil bitter gou hê daardie opmerking moet gesny word.

Boer Daandré wil weet of Lize-Mari gaan aanbly by die oogkundige waar sy tans is en of sy ander planne maak. Sy sê sy sal gaan waar die Here haar heen vat en sy’s gereed om te skuif, waarheen ook al.

Liné is gek oor sokkie en verduidelik aan boer Daandré hoe dié gewilde dans van streek tot streek verskil.

Zandele wil baie graag die tulpe in Nederland gaan sien en in Duitsland gaan ski. Boer Daandré dink dit kan lekker werk.

Boer Quintus (39) van Winburg, Vrystaat

Boer Quintus stuur hulle huis toe:

  1. Yolandi
  2. Natascha
  3. Izari
  4. Corlia
  5. Chanelle

Quintus wil hulle beter leer ken, voor hy sy finale drie pasmaats kies om plaastoe te gaan:

  1. Bianka
  2. Monique
  3. Emsoné
  4. Veronica
  5. Ria

Boer Quintus wil van Bianka weet of sy die platteland sal kan doen. Sonder enige twyfel is haar reaksie, maar sy gaan ’n lelike gesig trek as sy in beesmis trap.

Hy wil by Monique hoor of sy sing, want daar is vir hom iets in haar stem. Sy erken sy kan glad nie sing nie en skryf dit toe aan “dalk sinus, of dalk hooikoors”.

Emsoné is ’n onderwyseres in Afrikaans en sê sy geniet dit baie. Toe sy hoor boer Quintus se ma is ook ’n onderwyseres, wil sy gou weet of hy ’n ding het vir onderwysers. Hy erken haar afskeidsdrukkie was ’n lekker drukkie gewees.

Veronica se ouers bly in Ierland en omdat boer Quintus erken hy kry te gou koud, stel sy voor hulle moet in die somer daarheen gaan. Hy is meer as gewillig.

Ria word dadelik gekomplimenteer op haar pragtige rok, iets wat sy baie waardeer. Sy noem aan boer Quintus dat sy uitgevind het haar liefdestaal is gehalte-tyd en nie dade van diens soos wat sy voorheen gedink het nie.

Boer JW (24) van Villiersdorp

Boer JW stuur hulle huis toe:

  1. Danelle K
  2. Lize
  3. Yvelna
  4. Celine

JW wil hulle beter leer ken, voor hy sy finale drie pasmaats kies om plaastoe te gaan:

  1. Danelle D
  2. Michaela
  3. Nicolene
  4. Nevé
  5. Mieke

Danelle D noem dat sy herlaai as sy tussen mense is. 

Michaela kom op krukke aangehobbel vir hul ontmoeting. Benewens haar studies, mik sy ook om haar kommersiële vlieglisensie te verwerf. Boer JW erken hy is skrikkerig vir hoogtes, maar dalk kan sy hom daarmee help . . .

Nicolene erken sy doen gereeld goed wat buite haar gemaksone is en dat sy ook ’n adrenalienslaaf is wat van “goeters wil afspring”.

Nevé wil meer uitvis oor boer JW se hondjies, maar hy is gou om haar reg te help met “honde, eintlik. Want dis nou Rottweilers”.

In haar brief het Mieke vir boer JW geskryf dat sy al ’n rugbybal vanaf 22 m deur die pale gejaag het. En sy is ook mal oor bier.

Volgende week op Boer soek ’n Vrou kry die boere ’n bietjie meer tyd om hul vyf pasmaats beter te leer ken. Dan moet hulle elkeen drie pasmaats kies wat op die plaas gaan kuier vir ’n week en wie weet, dalk is een van hullie dié een


Boer soek ’n vrou (S16) word Donderdae om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Episodes is ook op Catch Up ná uitsending beskikbaar. Ons recaps word weekliks ná afloop van die program, omstreeks 21:00, gepubliseer. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Oktober 2024

Dinge raak ernstig tussen Maggie en Shay en Kyla moet moeilike keuses maak. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Oktober 2024

Wat om te kyk: Die derde seisoen van die vlymskerp komediereeks, 'Hacks', kopdokters wat dinge sê nes dit is in 'Shrinking' S2, en agter die kospotte in 'Julia' S2 en die nuwe realiteitsreeks, 'The Pasta Queen', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
Sien alle opsies