Menu terloops
In Wat om te kyk [30 Jul 2024]

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Augustus 2024


’n Nuwe era breek in Pantera aan, ’n boodskap dolwe Amanda se lewe om en die Otters kuier hard. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Stroom 'Wyfie' aanlyn

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Augustus 2024

Wyfie oor ʼn groep universiteitsvriendinne, speel af by die Pantera-koshuis van die denkbeeldige Eike-universiteit. Dubbelepisodes van die tweede seisoen word vanaf 8 Augustus 2024 tot 7 Januarie 2025, elke Donderdag op Showmax beskikbaar gestel om te stroom. Hier is wat jy vandeesmaand op dié universiteitsdrama kan verwag.

Donderdag, 8 Augustus

“Skuim in die mond” 

’n Nuwe era in Pantera het aangebreek: Nastasha is die nuwe prim en wilde partytjies is die koshuis se voorland. Maar nie almal het ’n lekker tyd nie.

“Kry my by die gewone plek”

Shay sien vir Maggie met iemand onverwags. Kyla geniet ’n aand uit met iemand wat nié Jocelyn is nie, en Amanda ontvang ’n boodskap wat alles verander.

Donderdag, 15 Augustus

“Die Babelaas”

Die Otters word wakker ná ’n groot aand van kuier, en ontdek dat Daniel vermis is, en dat hulle verantwoordelik is daarvoor. 

“Oog van die storm”

Mia woon haar ma-hulle se eindjaarfunksie by saam met Amanda, Shay en Kyla en hulle het een doel voor oë: om vir Karel te ontbloot en te vernietig.

Donderdag, 22 Augustus

“Elke hond”

Die vriende moet saam ’n lyk begrawe en Hanco besef sy vriendskap met Daniel het sy vervaldatum bereik.

WYFIE, Evan Hengst, Hanco
Evan Hengst as Hanco in Wyfie op Showmax. Foto: Verskaf

“Liewe Sus”

Amanda word wakker en ontdek ’n afskeidsbrief van Hanco. Nastasha vertel vir Amanda van ’n voorval wat selfs vir Amanda sprakeloos laat.

Donderdag, 29 Augustus

“Vanilla roomys”

Dis Desember en Kyla geniet haar laaste week alleen in Pantera. Maar sy’s nie alleen nie… En ten spyte van haar beste pogings, kan sy nie die nuwe kamermaat weerstaan nie.

“Jaar twee, minus een” 

Die Otters keer na Pantera terug ná ’n welverdiende vakansie, maar hul geluk is van korte duur wanneer hulle ontdek dat een van hulle nie meer in Die Grot kan bly nie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies