Menu terloops
In Wat om te kyk [30 Jul 2024]

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Augustus 2024


’n Nuwe era breek in Pantera aan, ’n boodskap dolwe Amanda se lewe om en die Otters kuier hard. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Stroom 'Wyfie' aanlyn

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Augustus 2024

Wyfie oor ʼn groep universiteitsvriendinne, speel af by die Pantera-koshuis van die denkbeeldige Eike-universiteit. Dubbelepisodes van die tweede seisoen word vanaf 8 Augustus 2024 tot 7 Januarie 2025, elke Donderdag op Showmax beskikbaar gestel om te stroom. Hier is wat jy vandeesmaand op dié universiteitsdrama kan verwag.

Donderdag, 8 Augustus

“Skuim in die mond” 

’n Nuwe era in Pantera het aangebreek: Nastasha is die nuwe prim en wilde partytjies is die koshuis se voorland. Maar nie almal het ’n lekker tyd nie.

“Kry my by die gewone plek”

Shay sien vir Maggie met iemand onverwags. Kyla geniet ’n aand uit met iemand wat nié Jocelyn is nie, en Amanda ontvang ’n boodskap wat alles verander.

Donderdag, 15 Augustus

“Die Babelaas”

Die Otters word wakker ná ’n groot aand van kuier, en ontdek dat Daniel vermis is, en dat hulle verantwoordelik is daarvoor. 

“Oog van die storm”

Mia woon haar ma-hulle se eindjaarfunksie by saam met Amanda, Shay en Kyla en hulle het een doel voor oë: om vir Karel te ontbloot en te vernietig.

Donderdag, 22 Augustus

“Elke hond”

Die vriende moet saam ’n lyk begrawe en Hanco besef sy vriendskap met Daniel het sy vervaldatum bereik.

WYFIE, Evan Hengst, Hanco
Evan Hengst as Hanco in Wyfie op Showmax. Foto: Verskaf

“Liewe Sus”

Amanda word wakker en ontdek ’n afskeidsbrief van Hanco. Nastasha vertel vir Amanda van ’n voorval wat selfs vir Amanda sprakeloos laat.

Donderdag, 29 Augustus

“Vanilla roomys”

Dis Desember en Kyla geniet haar laaste week alleen in Pantera. Maar sy’s nie alleen nie… En ten spyte van haar beste pogings, kan sy nie die nuwe kamermaat weerstaan nie.

“Jaar twee, minus een” 

Die Otters keer na Pantera terug ná ’n welverdiende vakansie, maar hul geluk is van korte duur wanneer hulle ontdek dat een van hulle nie meer in Die Grot kan bly nie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies