Menu terloops
In Onderhoude [7 Mei 2024]

Kristen Raath oor haar snaakste oomblik op die stel van ‘Wyfie’


Die ‘Wyfie’-stelle het vir die aktrise Kristen Raath só eg gevoel dat sy skoon vergeet het dat dit eintlik net speel-speel is…

Deur Amanda Tremeer-Young

Stroom Wyfie nou

Kristen Raath oor haar snaakste oomblik op die stel van ‘Wyfie’

Die Showmax Original-reeks, Wyfie, is pas by die Global Production-toekennings in die kategorie vir uitstaande gebruik van stelle benoem. Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel. Dié universiteitsdrama ding mee teen Troll en Ragnarok, twee Netflix-produksies wat in Noorweë geskiet is.

Die Wyfie-stelle het inderdaad só eg gevoel dat Kristen Raath, wat die rol van Kyla vertolk, skoon vergeet het dat dit eintlik net speel-speel is. 

“Die snaaksste oomblik – en sekerlik die vernederendste oomblik – vir my, was die eerste dag op stel. Dit was net my dag, wat beteken dat ons vir die grootste deel van die dag net Kyla-tonele geskiet het. En in die stel se kombuis is daar ’n wasbak, maar daar is natuurlik geen pype of iets daaraan gekoppel nie. Maar Kristen het dít nie verwag nie! In die toneel moes ek skottelgoed was, en ek het die prop uit die wasbak getrek, die prop neergesit en aangegaan. Ek hoor toe net ’n bietjie water loop en dink toe: ‘O, dis oraait.’ Ek het toe weer die prop gevat en ingedruk, maar dit was te laat. Water het amper die hele grot (dit is wat die groep meisies hul huis noem) oorstroom. Kyla het die grot amper vernietig nog voordat die reeks begin het!” vertel ’n laggende Kristen.

Kristen Raath as Kyla in Wyfie. Foto: Verskaf
Kristen Raath as Kyla in Wyfie. Sy het aanvanklik vir haar rol in 7de Laan bekendheid verwerf. Foto: Verskaf

Kristen, wat voorheen bekend was as Amorey in 7de Laan, is reeds wyd geloof vir haar spel as Kyla, die mees konserwatiewe jong vrou onder vier wildvreemde eerstejaar-kamermaats in die Pantera-koshuis aan die fiktiewe Eike-universiteit. Sy speel teenoor Beáta Bena Green (Arendsvlei), Celeste Loots (One Piece, Trompoppie), asook Mienke Ehlers (Dinge van ’n Kind) in die reeks. 

Wyfie word deur die veelbekroonde Homebrew Films vervaardig. 

Met die eerste 27 episodes (van 45) wat reeds op Showmax beskikbaar is, beskou Kristen dié “chaos-avontuur” (soos sy die reeks beskryf) as ’n vertelling van mense se werklike ervarings.

“Dit is stories wat nie noodwendig vertel word in ons taal of ons kultuur nie, maar dit is wat mense leef, hoewel ons skaam is om daaroor te praat,” sê Kristen.

“Ons gaan op baie mense se tone trap, maar as jy regte stories wil kyk met hart, met humor, met ’n hartklop, dink ek jy moet hierdie reeks kyk. Dit gaan grense verskuif.”

Kristen en Kyla

“Kyla is van ’n klein dorpie af. Sy is baie gelowig en baie in beheer. Sy is ’n baie goeie student, met baie druk op haar as gevolg van die verantwoordelikhede wat sy het,” vertel Kristen.

Sy beskryf Kyla as die “die ideale student vir ’n lektor, want sy swot as sy moet swot” en voeg laggend by dat dít haar dus glad nie ideale student vir partytjies maak nie.

Kristen, wat deur Unisa vir haar IT-graad geswot het, meen dat hoewel sy nie vreeslik oor shenanigans uit haar universiteitsdae kan praat nie, sy steeds by Kyla aanklank vind.

“Eenhonderd persent. Ek dink ek was beslis Kyla toe ek jonger was, en nou leer ons eintlik so ’n bietjie van mekaar. Wat so kosbaar is, is dat Kyla eintlik maar ’n bietjie van ’n grot-otter is. Sy gaan nie uit. Sy leef nie ’n lewe buite ’n boek nie, en ek kan nogal baie daarby aanklank vind. By Unisa moes ek myself geleer het, en ek het myself ook só toegesluit, baie soortgelyk aan hoe Kyla haarself agter die boeke hou.”

’n Onverwagte bonus is dat sy deur haar werk op die reeks ’n nuwe universiteitservaring vir haarself skep, sê Kristen.

“Dis so wonderlik… Deur dié stories te vertel, is dit asof ek op universiteit is en dis baie lekker.”

Vriende voor – en agter – die kamera

Kristen vertel ook van die vriendskappe wat op stel gesmee is en hoe hul TV-vriendskap tussen die karakters hul vriendskap in die werklike lewe reflekteer.

“Ek dink ons (die vier hoofaktrises) was bewus hoe belangrik ons band met mekaar (vir die projek) is. Dat ons lekker chemie móét hê vir hoe ons deur die projek sou gaan. Maar ons het nie nodig gehad om dit te forseer nie. Dit was net so perfek; asof dit veronderstel was om te gebeur. 

Ek dink ek was beslis Kyla toe ek jonger was, en nou leer ons eintlik so ’n bietjie van mekaar. 

Kristen Raath

“Beáta (Bena Green), wat Shay speel, was ook by my vorige projek betrokke en ons is beste vriendinne.  

“Ek het nie eintlik baie vriendinne nie, maar ons het almal onmiddellik gekliek. Ons het baie van mekaar al op sosiale media gesien en al baie van mekaar gehou. Byvoorbeeld Mienke (Ehlers) – haar styl en aanvoeling vir mode is ongelooflik. Ek hou haar al jare dop – wat waarskynlik nou creepy klink!”

Hart vir toneelspeel

Kristen is ook ’n musikant, en het al verskeie enkelsnitte, soos “My Elke Dag” uitgereik. Haar hart, sê sy, behoort egter vir eers aan toneelspeel.

“Ek dink teen dié tyd kan ek definitief sê toneelspel is my groot liefde. Maar dit is steeds vir my baie moeilik om tussen musiek en toneelspel te kies omdat ek steeds musiek as ’n vorm van terapie skryf.

“Vir nou, in dié seisoen van my lewe, is toneelspel vir my die belangikste. Dalk verander dinge. Never say never.” 


Nuwe dubbelepisodes van Wyfie word elke Dinsdag op Showmax beskikbaar gestel om te stroom. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies