Menu terloops
In Wat om te kyk [29 Apr 2024]

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Mei 2024


Amanda se troebel verlede kom onder die loep, terwyl Kyla dalk ’n bietjie te hard kuier. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Stroom 'Wyfie' aanlyn

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Mei 2024

Wyfie oor ʼn groep universiteitsvriendinne, speel af by die Pantera-koshuis van die denkbeeldige Eike-universiteit. Dubbelepisodes word elke Dinsdag op Showmax beskikbaar gestel om te stroom. Hier is wat jy vandeesmaand op dié universiteitsdrama kan verwag.

Dinsdag, 7 Mei 2024

“Blindspot”

’n Vloek is oor Kyla uitgespreek; sy probeer haar bes om die noodlot te ontglip. Amanda lewer kommentaar op Shay se sekslewe. Mia moet teensinnig ’n draai by Duane gaan maak.

Wyfie, hoogtepunte, prikkels, kykgids
Kyla word deur Kristen Raath vertolk. Foto: Verskaf

“Huisdans”

Die Grot-otters trek saam om Amanda in ’n moeilike tyd te help. Shay probeer om ’n gebroke verhouding te herstel. Duane toets Mia se grense. ’n Onverwagse gas stuur skokgolwe deur Pantera.

Dinsdag, 14 Mei 2024

“Spookdeeltjies”

Die deure na die prim se woonstel word een keer ’n jaar oopgegooi vir almal en dis ’n groot partytjie. Kyla wil vir Jocelyn soen. Shay besef iets skokkends van Amanda.

“Dolla” 

Amanda vat ons terug in tyd, en maak vir die eerste keer oop oor haar geweldadige verlede, en die aaklige gebeure wat haar gemaak het wie sy is.

Wyfie, hoogtepunte, prikkels, kykgids
Celeste Loots as Amanda. Foto: Verskaf

Dinsdag, 21 Mei 2024

“Here, mag ek liefhê”

Kyla haak uit, en kuier hard. Miskien ’n bietjie te hard. Maar Shay worry, want agter dít als lê ’n besluit wat Kyla se toekoms gaan bepaal.

“As”

Amanda smag na kwaliteit-tyd met Hanco, maar word gou gefrustreerd deur haar broer se afsydige houding. Amanda se planne word verder gekompliseer deur ’n roekelose, onwetende Mia.

Dinsdag, 28 Mei 2024

“Assassins”

’n Ou Pantera-tradisie het die hele huis op sy kop gekeer. Nastasha en Judy vorm ’n onwaarskynlike alliansie. Simeon sien ’n lelike waarheid binne sy verhouding raak.

“Finale waarskuwing” 

Amanda en Hanco veg teen die spoke van hul verlede. Sal die kraak in hul verhouding Wilmien en Daniel finaal uitmekaar breek? Tannie Adri probeer Amanda se onstuimigheid tem.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies