Menu terloops
In Sepies [26 Apr 2024]

Jou ‘Suidooster’-gids vir Mei 2024


Susan soek na die waarheid, Bridgette maak gebare en ’n onverwagse wending van sake wag op Tim – ‘Suidooster’-kykers kan na dít en nog meer in Mei uitsien. Hier is ons handige kykgids.

Jou ‘Suidooster’-gids vir Mei 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Suidooster kan verwag.

Woensdag, 1 Mei

Susan lê weer besoek af by Herschel, en Gary en Justin daag mekaar uit. Zoë weet nie meer wie om te vertrou nie, terwyl Bridgette op soek is na bewyse. 

Donderdag, 2 Mei

Susan behaal ’n deurbraak rondom Herschel se saak, maar speurder Malherbe is glad nie beïndruk daarmee nie. Gary en Justin se afsprake met Noelle verloop ewe sleg. 

Vrydag, 3 Mei

Tim is desperaat. Susan het ’n nuwe plan om vir Herschel te help. Siya verwerp Aiden se simpatie voor almal. 

Maandag, 6 Mei

’n Onverwagse wending van sake wag op Tim. Susan ontdek nuwe inligting oor Herschel se situasie. Justin en Gary wedywer steeds om Noelle se hart te wen. 

Dinsdag, 7 Mei

Susan kry ’n leidraad. Siya en Aiden stamp kop, terwyl Bridgette vasbeslote is om dinge om te draai. 

Woensdag, 8 Mei

Gary beleef ’n emosioneel uitdagende dag, terwyl Bridgette ’n groot gebaar van haar kant maak. Aiden steek sy trots in sy sak en Susan maak ’n groot deurbraak in haar ondersoek. 

Donderdag, 9 Mei

Gary leer vir Noelle beter ken en Rhafiek mis die buitelug. Justin en Aiden trek ’n “skelm” vas terwyl Susan en Elana vassit.

Vrydag, 10 Mei

Elana is raadop met Susan se obsessiewe gedrag om vir Herschel te help, terwyl Gary onseker is oor sy toekoms met Noelle. Kaashifa droom groot en Bianca leer iemand beter ken. 

Maandag, 13 Mei               

Die hooggeregshof het besluit om Herschel se saak te hersien. Gary en Noelle se afspraak stuur weer eens op ’n ramp af. Kaashifa besluit om strydig met Rhafiek se wense wel voort te gaan met haar plan. 

Dinsdag, 14 Mei

Susan reël ’n funksie om vir Herschel terug te verwelkom. Gary kry ’n manier om uit sy verhouding met Noelle te ontsnap en Kaashifa stem in om saam met Mymoena na ’n water-aërobiese klas te gaan. 

Woensdag, 15 Mei  

Die spanning loop hoog in Ruiterbosch ná Herschel se vrylating, en Rhafiek is geskok oor Kaashifa se optrede. 

Donderdag, 16 Mei

Iemand se teenwoordigheid ontstel die inwoners van Ruiterbosch. Gary voel sleg dat hy vir Noelle gejok het en Kaashifa beplan om haar goeie nuus oor aandete met Rhafiek te deel. 

Vrydag, 17 Mei

Herschel het ’n dag vol draaie en swaaie, terwyl Gary op ’n missie is. Rhafiek sluk sy trots maar Kaashifa skaars kan glo wat haar man voorstel… 

Maandag, 20 Mei

Kate leer dat ’n mens ander nie moet oordeel nie, terwyl Bianca se vriendelikheid en geduld op die proef gestel word. Kaashifa worstel met ’n diep emosionele wond wat haar selfvertroue al hoe meer ondermyn. 

Dinsdag, 21 Mei     

Herschel beleef ’n moeilike dag en ’n nuwe werknemer begin by JPD. Kate beplan ’n verrassing, terwyl Kaashifa haar hart oopmaak teenoor Mymoena. 

Woensdag, 22 Mei

Mymoena probeer om tot Kaashifa deur te dring, terwyl Elana al hoe meer bekommerd raak oor Susan se verhouding met Herschel. Nazeem sien ’n geleentheid om ekstra geld te maak.

Donderdag, 23 Mei

Kaashifa kry ’n gulde geleentheid, maar haar onsekerhede staan in haar pad. Bianca word op ’n afspraak gevra. Herschel verloor sy humeur met Elana en vir haar is dit net mooi die laaste strooi. 

Vrydag, 24 Mei  

Herschel ontmoet vir Bennie en iemand slaan die wind uit Bianca se seile. Kaashifa se persoonlike krisis bereik breekpunt. 

Maandag, 27 Mei

Elana neem ’n drastiese besluit oor Herschel, terwyl Susan ’n ongemaklike oomblik met hom beleef. Zoe raak geïrriteerd wanneer haar nuwe kollega weer eens almal by JPD beïndruk. ’n Gespanne Kaashifa maak gereed vir haar operasie. 

Dinsdag, 28 Mei

Lee-Ann is spyt oor die aanstelling van JPD se nuwe werknemer. Kaashifa is bang vir wat voorlê en Herschel maak sy volgende skuif. 

Woensdag, 29 Mei

Susan het ’n riller van ’n dag. Elana volg haar hart, en Kaashifa maak ’n skokontdekking… 

Donderdag, 30 Mei

Carlo is ’n handvol en gee Lee-Ann hoofbrekens. Bianca doen iemand  ’n groot guns, terwyl Kaashifa desperaat na ’n oplossing vir haar probleem soek. 

Vrydag, 31 Mei

Lee-Ann druk haar kop in die sand oor Carlo. Angie en Kate bedink ’n slinkse plan, terwyl Kaashifa probeer om haar probleem weg te kook. 


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou kykgids vir ‘Boer soek ’n vrou’ se 16de seisoen

Dit als begin met ’n brief... Hier is wat jy in elke episode van die nuwe seisoen van die maatsoekreeks 'Boer soek ’n vrou', vanaf Donderdag, 18 Julie 2024 op kykNET, kan verwag.

Meer

Die onverbiddellike houvas van Jake Gyllenhaal se ‘Presumed Innocent’

'Presumed Innocent', ’n nuwe misdaadreeks op Apple TV+ met Jake Gyllenhaal in die hoofrol, is ’n rit deur troebel waters van geregtigheid en verraad – ’n rit wat jy eerder nie moet misloop nie.

Meer

Redakteurskeuse vir Julie 2024: Trefferreeks ‘Elite’ se finale seisoen, ’n robot vir jou trane in meesleurende ‘Sunny’, en nog

Wat om te kyk: Die finale seisoen van die Netflix-treffer ‘Elite’, ’n manjifieke Kate Winslet in ‘The Regime’ en ’n troos-robot in ‘Sunny’ tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir Julie 2024

Ons ontmoet die mense van Gemoedsdrif, en sommer in die eerste episodes is daar reeds nuwe romanse, ’n bakleiery en iemand se verlede wat kom spook. Dít en nog meer is waarna ‘Skemergrond’-kykers in Julie kan uitsien. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies