Menu terloops
In Lysie-lysie [30 Apr 2025]

Wie’s wie in ‘Juffrou X’? Ontmoet die karakters van dié Afrikaanse dramareeks op Showmax


Die rolverdeling van die grinterige Afrikaanse dramareeks, ‘Juffrou X’, nou op Showmax, sluit bekendes soos Trix Vivier, Bianca Flanders, Clayton Evertson en Brendan Daniels in, met die teks wat deur die bekroonde skrywer Tertius Kapp geskryf is.

Wie’s wie in ‘Juffrou X’? Ontmoet die karakters van dié Afrikaanse dramareeks op Showmax

Juffrou X draai om Inge Punt (Trix Vivier), die wiskunde-onnie by Victory Heights Sekondêre Skool, wat haarself in die rol van ’n vigilante bevind as ’n nuwe, dodelike dwelm dié plattelandse dorp – en die skool – tref. Die eindeksamen is nie minste van dié kinders se worries – hul alledaags is eerder ’n saak van lewe en dood.

Die reeks is in George, Hoekwil en Touwsranten verfilm met Tertius Kapp, wat ook onlangs die draaiboek van kykNET se misdaadkomedie, Plan B, behartig het, as regisseur. Kapp het hier ook die draaiboek geskryf.

Maar wie is wie in die reeks? Hier is ’n kort opsomming van beide die hoofkarakters in Juffrou X en die akteurs wat in hulle vertolk. 

1

Trix Vivier as Inge Bester

Inge Bester is die hardekwas-wiskunde-onderwyseres, volledig toegewyd aan haar werk en haar kinders. Sy kom sinies en outoritêr voor, maar in haar hart is sy ’n idealis wat potensiaal in elke kind sien.

2

Clayton Evertson as Jerome Smith

Jerome Smith is ’n sekuriteitskonsultant met ’n paar skaduwees in sy verlede en die pa van een van Inge se matrieks. Ná ’n tragiese insident onderneem hy om die skool te help beskerm. 

3

Gershwin Mias as Archie Samuels

Archie Samuels is ’n slim en hardwerkende matriekseun wat bang is vir alles. Mettertyd ontgroei hy die verwarde tienerjare en laat homself geld as ’n jong leier. 

4

Anja Taljaard as Shanice Strydom

Shanice Strydom is ook in matriek, ’n gekweste meisie wat aan desperate drome klou. Haar moeilike omstandighede lei tot opvlieënde en gevaarlike gedragspatrone. 

5

Charlton George as Lionel Snyders

Lionel Snyders is die opsigter, die oë en die ore van die skool. Hy het egter ’n verlede waarvan hy graag wil vergeet. 

6

Bianca Flanders as Viola Barends

Viola Barends is die berader by die skool en Inge se huismaat. Sy vrees nie gesag nie en sal vinnig opstaan vir dit wat sy glo reg is. 

7

De Klerk Oelofse as Cameron le Roux

Cameron le Roux is die nuwe, idealistiese Afrikaans-onderwyser. Hy was voorheen by ’n privaatskool in diens, maar besef vinnig daar is twee wêrelde wanneer dit by skole kom. 

8

André Jacobs as kapt. Hermias Kriel

Kapt. Hermias Kriel is verbonde aan die SAPD, maar bitter min kom ooit van sy ondersoeke. Sy verlede is dalk nie donker nie, maar sy hede wel. 

9

Marlon Swarts as LaMont Jackson

LaMont Jackson is ’n bendeleier met ’n wrok teen die skool. Hy is intelligent, en as sy omstandighede anders was, sou hy meer van sy lewe kon maak. 

10

Brendon Daniels as Ralph Willemse

Ralph Willemse is die skoolhoof van Victory Heights – ’n ja-broer wat rus op sy status en blink das. 

11

Shalima Mkongi as Didi Dlamini

Adjudant-offisier Didi Dlamini is ’n enkelma en werk saam met Kapt. Kriel. Sy het sterk beginsels, maar word ook ’n waardevolle skakel in Inge se wêreld.  

12

Francois Retief as Ruben Barnard

Ruben Barnard is ’n graad 10-leerling wat in die bos buite die dorp woon. Die verbeeldingryke stories wat hy skryf, blyk spore van die waarheid te dra. 

13

Simone Neethling as Cassandra Smith

Cassandra Smith is die ster van Inge se matriekklas. Sy is hardwerkend, slim en ’n riem onder almal se harte. Haar plan is om medies te studeer. 

14

Jennifer Steyn as Trish Kennedy

Trish Kennedy is op die oog af in beheer van ’n rehabilitasiesentrum in die bos, maar is sy alles wat sy voorgee om te wees? 

15

Wilhelm van der Walt as Fransie Bester

Fransie Bester is Inge se broer wat al jare vermis is. Hy was met dwelms deurmekaar, maar het ’n geniale slag met chemie.  

16

Sean-Marco Vorster as Jason Gouws

Jason Gouws is ook ’n onderwyser by die skool en Inge se geheime minnaar. Hy neem homself ’n tikkie meer ernstig op as die res van die personeel. 


Juffrou X is vanaf 30 April 2025, op Showmax beskikbaar.


Hierdie artikel het oorspronklik op 30 April 2024 verskyn met die reeks se première op kykNET. Die artikel is aangepas met inligting oor die reeks se nuwe stroombesonderhede op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies