Menu terloops
In Onderhoude [23 Des 2024]

Brendon Daniels oor ‘White Lies’ se Forty Bell: ‘Fees om vir hom lewe te gee’


Dit is nie die eerste keer wat akteur Brendon Daniels in die skoene van ’n polisieman klim nie, maar Forty Bell is steeds wêrelde anders as al dié vorige karakters, en vertolk met ’n dringendheid wat kykers by die tergende raaisels van die misdaadreeks, ‘White Lies’, intrek. Hy vertel meer oor die reeks wat nou op Showmax beskikbaar is.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Brendon Daniels oor ‘White Lies’ se Forty Bell: ‘Fees om vir hom lewe te gee’
Kyk lokprent

White Lies, wat etlike jare in ontwikkeling was voordat verfilming sowat ’n jaar gelede begin het, het baie wat in sy guns tel, waaronder sterk regie en ’n aangrypende storielyn, maar dit is die ongelooflike sterk chemistry tussen Brendon Daniels en sy leading lady, Natalie Dormer in die rol van Edie Hansen, wat veral boei. Forty en Edie sit nou nie juis langs dieselfde vuur nie, maar dit is juis dié antagonisme, wat spruit uit beide se toewyding aan geregtigheid, wat vir plofbare, humoristiese en prikkelende tonele sorg. 

WHITE LIES, brendon Daniels
Die chemie tussen Brendon Daniels en Natalie Dormer se karakters is gegrond in antagonisme en frustrasie met mekaar… al het hulle dieselfde doel voor oë: geregtigheid. Foto: Verskaf

Kykers ken Brendon dalk as konst. Krige in Arendsvlei, kapt. Solomons in Thys & Trix, of as speurder Whitby in die kortprent Love in the Hell. Maar anders as sy ander polisie-karakters is Forty ouer en vestig daardie volwassenheid die baie spesifieke diepte wat met net lewenservaring kom. “Forty bevind homself in ’n stadium van sy lewe waar hy alles bevraagteken. Hy kyk terug op sy lewe en hy vrae homself, ‘Het ek bereik wat ek graag wou?’” verduidelik Brendon. 

“Hy het kinders wat nog op skool is en hy wonder of hy ’n goeie rolmodel vir hulle is. Hy wonder ook oor wat hy vir sy dogters moet sê om hulle vir die toekoms aan te moedig. Forty dink diep oor die lewe en het baie goed wat hy dalk anders sou wou doen.” 

Mense soos ek en jy

Brendon sê Forty laat hom baie dink aan gewone mense en hoe hulle die huidige sosio-ekonomiese omstandighede van Suid-Afrika hanteer. “Ek dink baie mense bevind hulself in dieselfde plek as Forty. Hulle sukkel om soms positief te bly oor die land en die ongelykheid wat in baie plekke nog bestaan. Wat sê ’n mens vir jou kinders? Ons ouers het dit in ons ge-drill om op opvoeding te konsentreer sodat ons beter opsies en geleenthede as hulle kan hê. Maar hoe sê jy vir jou kind dat hulle eendag die president kan word en groot moet droom, as jy weet dit nie regtig ’n moontlikheid is nie,” sê hy.

“Ek dink White Lies en die posisie waarin Forty homself bevind, raak veral hieraan. Dit gaan kykers dieper laat dink oor ons sosio-ekonomiese omstandighede in die land.” 

White lies, Brendon Daniels
Brendon sê sy karakter laat hom baie dink aan gewone mense en hoe hulle die huidige sosio-ekonomiese omstandighede van Suid-Afrika hanteer. Foto: Verskaf

Televisie bring mense bymekaar

Brendon dink dit is juis ook daardie nuuskierigheid oor hoe ander mense lewe, of dit nou die skatrykes of brandarm gemeenskappe is, wat mense gaan laat inskakel. “Almal wil weet hoe die mense aan die anderkant van die heining lewe. Die twee wêrelde is so ver uitmekaar uit, dat TV vir baie mense die enigste manier is hoe hulle kan connect,” sê hy.

“Ek sou natuurlik nooit in die rykes se wêreld inpas nie. As iemand eers vir my sê dat ek deftig vir aandete moet aantrek, dan wil ek sommer nie gaan eet nie. Los my eerder om die etenstafel met ’n game dominos; ek sal dít nooit prys gee nie.” 

Brendon meen rykes mag dalk finansieel vooruitstrewend wees, maar in die armer gemeenskappe is mense op ander maniere ryk. “Mense mag dalk nie geld hê nie, maar hulle is ryk met liefde en kultuur. Net omdat daar geld is, beteken nie alles is perfek nie; en ek dink dit is wat White Lies ook uitbeeld. Elke gemeenskap en huis het hul eie probleme.” 

Passie vir plaaslike stories

Brendon het al op baie produksies gewerk wat internasionaal aandag geniet het, maar vir hierdie trotse Suid-Afrikaner is daar geen begeerte om oorsee te gaan werk nie. “Dit is lekker om met internasionale akteurs soos Natalie te kan werk en om op internasionale produksies by ander akteurs te kan leer, maar my passie lê by ons plaaslike stories,” sê hy. 

“Ek dink daar is ’n wanpersepsie dat jy eers suksesvol is wanneer jy internasionaal ’n naam vir jouself gemaak het. Maar hoekom sou ek oorsee wou gaan woon en werk om stories te vertel wat almal al gesien het met ’n ander aksent, as daar so baie (plaaslike) stories en layers is waaraan ons nog nie geraak het nie. Ek is mal oor ons diversiteit. Ek dink dít is hoekom dit vir my ’n groter uitdaging is om ons eie stories te vertel.”

Brendon meen wanneer tekste so lekker is soos dié van White Lies, is dit vir hom as akteur ’n fees om ’n karakter soos Forty lewe te gee. “Of dit nou vir TV, film of teater is… Alles begin by jou teks! As jou teks swak geskryf is, kan jy maar enige A-list akteur bring en dit sal steeds nie ’n verskil maak nie. ’n Akteur is so sterk soos die tools of teks waarmee hulle moet werk. As jou akteur in jou teks glo, gaan die kykers dit aanvoel.” 

Skuif die fokus

Daar is nog baie karakters en storielyne wat Brendon wil aanpak. En met die nuwe generasie van skrywers en kreatiewe mense is hy opgewonde oor die toekoms van vermaak in Suid-Afrika. “Daar is so baie talent daar buite en die nuwe generasie skrywers is vry van ons verlede as ’n land. Ek voel ons almal het al die stereotipiese karakters en storielyne gesien, waar bruin mense of swart mense die armes of skollies is. En het ook al oor en oor die storie van swaarkry en ongelykheid vertel. Dit is fine as ons subliminaal daarna verwys, maar dit hoef nie meer die fokus te wees nie,” sê hy. 

“Ek sien uit na meer van hierdie whodunnits en ander aangrypende storielyne. Ons skrywers het baie goeie idees en daar is altyd iets nuut. Dit is hoekom ek ook deesdae baie meer betrokke is as ’n producer. Ek wil deel wees van die stories wat vertel word en ek geniet dit verskriklik baie om met ander kreatiewe mense te werk. Al wat ek gaan sê is watch this space.” 


White Lies is vanaf 23 Desember 2024 op Showmax beskibaar om te stroom.


Hierdie onderhoud het oorspronklik op 6 Maart 2024 verskyn met die reeks se debuut op M-Net. Die onderhoud is aangepas met inligting oor die reeks se nuwe stroombesonderhede op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies