Menu terloops
In Gons [16 Apr 2024]

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Juffrou X’


Kom loer saam met ons agter die skerms op die stel van kykNET se nuwe dramareeks, ‘Juffrou X’.

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Juffrou X’

Juffrou X, wat vanaf Dinsdag, 30 April 2024 op dié kykNET uitgesaai word, is ’n donker en boeiende dramareeks uit die pen van Tertius Kapp. Hy dien ook as die reeksregisseur. Meerfout Films se Berdene Burger is die vervaardiger, met Janhendrik Burger as die kinematograaf. Die reeks is in George, Hoekwil en Touwsranten verfilm.

Die storie draai om ene Juffrou X (Trix Vivier), die wiskunde-onnie by Victory Heights Sekondêre Skool, wat haarself in die rol van ’n vigilante bevind as ’n nuwe, dodelike dwelm dié plattelandse dorp – en die skool – tref. Die eindeksamen is nie minste van dié kinders se worries – hul alledaags is eerder ’n saak van lewe en dood.

Juffrou X BTS agter die skerms
Trix Vivier vertolk die naamrol in Juffrou X. Foto: Verskaf

“Die oorspronklike vonk was my suster, ’n onderwyseres wat soos Juffrou X ongelooflik baie doen vir haar kinders – alles van beursaansoeke tot matriekafskeidrokke. Die storie is egter daarvandaan as fiksie ontwikkel,” vertel Kapp oor die reeks se ontstaan.

Juffrou X BTS agter die skerms
Só het dit gelyk tydens die skiet van een van die nagtonele. Foto: Verskaf

Volgens hom het hulle besluit om die reeks in George te skiet, “onder meer omdat ons stereotipes wat mens tipies in ’n stad soos Kaapstad kry, wou vermy. Ook omdat ons ’n nuwe omgewing wou uitbeeld.

“Dis natuurlik ook ’n pragtige landskap, en die tema van hout en die bos loop deur die storie. Verder kom die oorspronklike inspirasie nie so ver daarvandaan nie.” 

Buiten Trix as Juffrou X, óftewel Inge Bester, sluit die rolverdeling vir onder andere Bianca Flanders, De Klerk Oelofse, Clayton Evertson en Brendan Daniels in.


Juffrou X word vanaf Dinsdag, 30 April 2024, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Stream uitgesaai. Dit sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies