Menu terloops
In Gons [16 Apr 2024]

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Juffrou X’


Kom loer saam met ons agter die skerms op die stel van kykNET se nuwe dramareeks, ‘Juffrou X’.

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Juffrou X’

Juffrou X, wat vanaf Dinsdag, 30 April 2024 op dié kykNET uitgesaai word, is ’n donker en boeiende dramareeks uit die pen van Tertius Kapp. Hy dien ook as die reeksregisseur. Meerfout Films se Berdene Burger is die vervaardiger, met Janhendrik Burger as die kinematograaf. Die reeks is in George, Hoekwil en Touwsranten verfilm.

Die storie draai om ene Juffrou X (Trix Vivier), die wiskunde-onnie by Victory Heights Sekondêre Skool, wat haarself in die rol van ’n vigilante bevind as ’n nuwe, dodelike dwelm dié plattelandse dorp – en die skool – tref. Die eindeksamen is nie minste van dié kinders se worries – hul alledaags is eerder ’n saak van lewe en dood.

Juffrou X BTS agter die skerms
Trix Vivier vertolk die naamrol in Juffrou X. Foto: Verskaf

“Die oorspronklike vonk was my suster, ’n onderwyseres wat soos Juffrou X ongelooflik baie doen vir haar kinders – alles van beursaansoeke tot matriekafskeidrokke. Die storie is egter daarvandaan as fiksie ontwikkel,” vertel Kapp oor die reeks se ontstaan.

Juffrou X BTS agter die skerms
Só het dit gelyk tydens die skiet van een van die nagtonele. Foto: Verskaf

Volgens hom het hulle besluit om die reeks in George te skiet, “onder meer omdat ons stereotipes wat mens tipies in ’n stad soos Kaapstad kry, wou vermy. Ook omdat ons ’n nuwe omgewing wou uitbeeld.

“Dis natuurlik ook ’n pragtige landskap, en die tema van hout en die bos loop deur die storie. Verder kom die oorspronklike inspirasie nie so ver daarvandaan nie.” 

Buiten Trix as Juffrou X, óftewel Inge Bester, sluit die rolverdeling vir onder andere Bianca Flanders, De Klerk Oelofse, Clayton Evertson en Brendan Daniels in.


Juffrou X word vanaf Dinsdag, 30 April 2024, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Stream uitgesaai. Dit sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies