Flanders, veral bekend vir haar speelvak in David Kramer se bekroonde verhoogstuk District Six – Kanala, en meer onlangs te sien as Chrissie in Nêrens, Noord-Kaap, is een van die reeks se leading ladies – ’n speelervaring wat sy as “’n bietjies soos Charlie’s Angels, net sonder die aksietonele” beskryf.
Ná haar rolle in onder meer die fliek Krotoa en die kortprent Address Unknown, het Troukoors eiesoortige, en opwindende uitdagings vir die aktrise gebied. As Abi is sy die hoofkarakter, trouebeplanner Jessica, se beste én biseksuele vriendin, en ons volg haar romantiese reis soos sy liefde en toenadering soek. Haar liefdesbelangstellings in die reeks word onder andere deur Laudo Liebenberg, Danny Ross en Emma van Heyn vertolk.
Hoe sy Abi geword het
Ek het aanvanklik vir ’n ander rol oudisie en hulle het my toe gevra om vir die rol van Abi te lees. Dit was opwindend, want sy is nogal vivacious en loving. Sy is ’n bietjie alternatief, eintlik die teenoorgestelde van die girl-next-door.
Die rol is vir my ’n mylpaal in my loopbaan. Ek het nog nooit vantevore intimacy op kamera gedoen nie en dis definitief die sexyste karakter wat ek nog moes speel. Dit het ’n vlak van dapperheid geverg wat ek nog nooit op skerm nodig gehad het nie.
Bianca Flanders
Daar is baie aspekte van Abi waarby ek aanklank vind, veral in terme van struggling met in jou dertigs wees en wat dit vir jou lewe beteken. Waar is jy veronderstel om te wees? Dit pas nie noodwendig in met society se idee van waar jy veronderstel is om te wees en wat jy veronderstel is om te doen nie. Daardie kompleksiteit resoneer regtig by my.
Die beste deel van Abi is definitief haar vermoë om lief te hê. Sy het werklik ’n groot kapasiteit vir liefde; dit borrel amper oor. Die lekkerste deel vir my om te speel is haar quirky humorsin. Sy’s ’n bietjie spicy, ’n bietjie sarkasties by tye en regtig snaaks.
Professionele mylpaal
Die rol is vir my ’n mylpaal in my loopbaan. Ek het nog nooit vantevore intimacy op kamera gedoen nie en dis definitief die sexyste karakter wat ek nog moes speel. Dit het ’n vlak van dapperheid geverg wat ek nog nooit op skerm nodig gehad het nie. Ook, dis ’n groot rol om in my tweede taal te vertolk en dat ek dit regkry, om te weet dis moontlik, is vir my ’n hoogtepunt. En hoe meer jy dit doen, hoe gemakliker raak jy.
Oor die reeks se benadering tot hedendaagse verhoudings
Wat ek regtig interessant vind is dat dit alternatiewe tipes verhoudings uitbeeld, of ’n anderse manier van wees. Ek dink die wêreld beweeg in nuwe rigtings, veral in terme van hoe ons oor seks en seksualiteit dink en praat. As Suid-Afrikaners is ons dikwels geneig om konserwatief te wees as dit kom by die tipe verhoudings wat ons op TV uitbeeld. Veral Abi se verhoudings weerspieël baie van die verhoudings wat ek om my sien. Dit wys die real kwessies wat mense binne hul verhoudings ervaar.
Die impak van ’n intimiteitskoördineerder op stel
Dit was ’n wonderlike ervaring. Dit was ook die eerste keer wat ek met een gewerk het.
Dis ongelooflik. Ek het dit baie hulpvaardig gevind en ek het baie veilig gevoel. Alles is baie tegnies, so dan word dit amper soos om bloot tonele te blok. Ek dink my karakter het dalk die meeste intieme tonele. Sy is baie los! (lag, en sê dit grappig). Maar met die intimiteitskoördineerder word dit minder van ’n big deal.
Nina Swart se one-on-one manier van dinge doen
Nina is fantasties! Sy is net ’n plesier om mee te werk. Wat ek regtig van haar regie geniet, is dat sy ’n balans handhaaf tussen die tegniese aspekte van regie en dan die kreatiewe werk met die akteurs. So dit is nogal lekker, want jy voel nooit asof jy net ’n body in a space is nie. Jy kan voel sy gee om en sy is baie ondersteunend. Ek dink ook sy is baie slim in hoe sy elke akteur anders hanteer. Wat vir, en met, dié een werk, werk immers nie noodwendig vir ’n ander nie. Dis ’n baie one-on-one approach wat ek regtig waardeer. Dieselfde geld vir Albert (Snyman, medeskepper van die reeks) – hy is wonderlik om hom op stel te hê.
Ek dink die wêreld beweeg in nuwe rigtings, veral in terme van hoe ons oor seks en seksualiteit dink en praat. As Suid-Afrikaners is ons dikwels geneig om konserwatief te wees as dit kom by die tipe verhoudings wat ons op TV uitbeeld.
Bianca Flanders
Oor die hoofkarakters wat al drie vroue is
Ilse-Lee (van Niekerk) en Blyde (Smit) is net die beste. Ons is so bietjie soos Charlie’s Angels – net sonder die aksietonele! Dit is ’n wonderlike ervaring en die drie van ons het onmiddellik oor die weg gekom. Ek dink ons was al drie redelik senuweeagtig aan die begin, veral by die read-through, want nie een van ons het al voorheen saam gewerk nie. Die reeks se skietproses is boonop lank, so ek het net gehoop dat dinge goed sal gaan. Maar ons het dadelik connect en ’n ware vriendskap het ontstaan wat ons hoop ook op die skerm sigbaar is. Dis ook lekker om ander vroue om jou te hê wat deur dieselfde goed as jy gaan. Dit is nogal verfrissend.
Bianca vs Blyde
Ek verstaan liefde. Dit is ’n emosie wat ek verstaan. Miskien is daar goed wat ek anders sou doen as Abi, maar dit is my werk as ’n akteur om te probeer verstaan hoekom sy sekere dinge doen – en ook óp die manier wat sy dit doen. Ek kan steun op my begrip van liefde en my begrip van emosie, van hoe dit voel om in ’n familie te wees en vriende te hê, om dan myself so gracefully en met soveel integriteit as moontlik in haar skoene te plaas. Ons stem baie ooreen, maar net só verskil ons ook hemelsbreed. Tog, dis lekker om sekere dele van myself weer oop te maak en daarmee saam ander, nuwe dele te ontdek en dieper te delf. Om die karakter so lank te vertolk…in ’n teaterstuk kan jy ’n rol vir maande vertolk maar die reis is klaar gekarteer. Hierdie is ‘n lieflike, deurgaanse ontdekkingsreis.
Die kykers
Ek weet eerlikwaar nie hoe my karakter ontvang gaan word nie. Ek dink sy is definitief nie almal se koppie tee nie, maar ek het probeer om haar met soveel integriteit en liefde en sonder oordeel te vertolk, en ek hoop mense sien daai liefde raak. Die manier hoe sy haar lewe lei, is baie dapper, en bots moontlik met wat talle konserwatiewe mense dink is ‘reg’. Maar miskien is dit ’n goeie ding – dit kan mense hul eie vooroordele laat bevraagteken, asook hul idees van konvensionele verhoudingstipes. Veral in hierdie tyd waarin sekspositiwiteit toeneem, stel dit vrae wat meer mense behoort te vra.
Die uitdagings
Wel, ek is Engels, en Afrikaans is my tweede taal! Ek werk gereeld in Afrikaans, maar dit vat altyd ’n bietjie meer inspanning om voor te berei en seker te maak dat ek gemaklik in ’n toneel is. Ons skiet ook ’n hele paar seisoene terselfdertyd. So, dit kan uitdagend wees om by te hou met waar jou karakter in hul journey is. As jy agt tot tien tonele per dag skiet, en boonop rondspring, is dit uitdagend om tred te hou.
Wat was anders daaraan om aan ’n Showmax-produksie te werk?
Definitief die inhoud. Dit is meer tydig, subtiel en kompleks en ’n veel meer akkurate uitbeelding van hoe mense hul lewens leef, veral in terme van liefde, verhoudings en vriendskap. Dit voel real.
Hoekom moet mense kyk?
Dit is plesierig! Dit is terselfdertyd hartverwarmend en hartverskeurend. Vir my bied dit ook ’n lieflike alternatief van hoe Suid-Afrika kán lyk. Ons het baie goeters, baie issues om deur te werk en op ’n manier wys die reeks hoe dinge kan wees.
Meer oor Troukoors
‘Dis pure pret!’ sê akteur Christiaan Schoombie oor ‘Troukoors’
Liefde het baie skakerings, en Showmax se romcom ‘Troukoors’ is baanbrekend in hoe dié stories vertel word, meen die akteur Christiaan Schoombie, wat die rol van Liam vertolk.
MeerHy sypel sjarme…én chauvinisme, sê Armand Aucamp oor rol in ‘Troukoors’
Hy is alles wat verkeerd is ’n man, sê die akteur Armand Aucamp oor sy sexy en sjarmante rokkejagter-karakter in die Showmax-romcom, ‘Troukoors’.
MeerAktrise Ilse-Lee van Niekerk borrel oor van liefde in ‘Troukoors’
Als in ‘Troukoors’ gaan oor die liefde – állerande soorte – sonder vooroordeel, vertel aktrise Ilse-Lee van Niekerk wat die hoofrol in dié Showmax-romcom vertolk.
Meer