Armand Aucamp is een van Suid-Afrika se veelsydigste akteurs wat naam gemaak het met rolle soos Tom in Die boekklub, Ben Human in Sterlopers, Jan van Riebeeck in Krotoa en Jacques Reynhard in die 2015-fliek Ballade vir ’n Enkeling. Hy het ook sy eie kookprogram, Armand Kook Kaal, en is die skrywer van die gelyknamige resepteboek. In Troukoors, wat draai om ’n troubeplanner wat soek na haar “onperfekte perfekte pasmaat”, vertolk hy die rol van Dawid. Hier vertel hy meer oor sy Troukoors-ervaring.
Oor die karakter
Ek speel Dawid, een van Jessica (Ilse-Lee van Niekerk) se liefdes – die eerste liefde. Ek claim dit! Sy het ’n paar, maar ek is nommer een, en ook ’n kollega. So, ons werk saam, maar ons vry ook saam.
Dit is nogal lekker om daai dinamiek tussen die twee te speel – wat gebeur agter geslote deure teenoor in die kantoor. Maar bygesê – ek is die beginpunt, so ek is alles wat verkeerd is in ’n man! Ek is die geskiedenis waaruit sy leer. Maar, daar is wel sekere goed wat sy by Dawid kry en wat sy geniet, en dan is daar goed wat belangriker word en dan nie by hom kry nie. Dan kry sy gedeeltes daarvan by Liam (Christiaan Schoombie), ’n ander partner.
Maar Dawid het darem ook, soos elke mens maar, redeeming qualities. Hy is ’n bietjie van ’n chauvinis, en hy is ook ’n argetipiese patriargale man. Baie ambisieus, ’n bietjie condescending. Hy is daai nuwe generasie chauvinis, daai ‘I want you to be a career woman, because that turns me on, but don’t surpass me. En ken tog maar net jou plek. Bly net minder suksesvol as ek, maar suksesvol genoeg dat ek met jou kan spog.’ Ek baseer hom losweg op Don Draper (die hoofkarakter in Mad Men). Dis die tipe…hy’s fokken sjarmant. Dís my verwysingspunt, maar geplaas in 2021. So, hy sê die regte goed, maar tog is daar daai tradisionele man-elemente wat deurkom. Be successful, but not too much. Have all other men want you, but only I can have you.
Ek dink nie Dawid is ’n karakter wat mense gaan verras nie. Ja, hy sal die gehoor uitdaag, maar ek dink baie mans sal hulself in Dawid sien. Of dalk sien jy jou partner in Dawid.
Dis (die reeks) verfrissend. Hollywood killed romance because it’s so unrealistic. Almal het hierdie ‘sweep me off my feet‘-idee en daai goedjies gebeur, maar dis nooit die perfekte sonsondergang met vuurwerke in die agtergrond nie. Dis wat Hollywood van romanse gemaak het en dit so vir die allerman vernietig.
Armand Aucamp
Oor die ‘Dawid’ in sy verlede
Ek het al só ’n verhouding gehad (soos die tussen Dawid en Jessica). So, ek het eintlik twee verwysingspunte – dis Don Draper en dan hierdie eks van my (lag). Dis die eerste keer wat ek iemand anders in my lewe, wat so na aan my was, in ’n karakter ploeg. Wat ek gewoonlik doen is om Armand in te ploeg, verskillende fasette van myself. Soos met Tom van Boekklub. Ek is nie soos hy nie, maar daar is dele wat wel soortgelyk is en daardie dele vul ek aan. Ek voel ek is glad nie soos hierdie karakter nie. So waar kan ek gaan? Ek kan vat uit my ervaring met hierdie eks.
Dit het baie goed na die oppervlak gebring. How did I let that happen? Daar is sekere dele wat fantasties was, so ek het die slegte goed in ruil vir die goeie goed verdra. En dis ook in episode een en twee…Dawid is hierdie fokken asshole in die opset van die kantoor en sy verhouding met haar (Jessica) voor ander mense, en dan vanaand lê hy letterlik in sy onderbroek op haar bed met ’n roos. En hy ooze net sjarme. Gaslighting realness! So, jy lewe eintlik vir die ekstase van vanaand.
Wat het hom na die rol gelok?
Omdat dit anders is. Ek speel gewoonlik die protagonis en dis net (sug)…Dawid is nie die quintessential antagonis nie, maar dis lekker om ’n paar knoppies te kan druk en dit was nogal vir my lekker om daai antagonistiese, amper anti-held, te speel. En natuurlik, elke keer as Louis (Pretorius, mede-skepper van die reeks saam met Albert Snyman) iets skryf en doen, dan is ek onmiddellik daar as ek kan wees. Dit is ’n groot aantrekkingskrag om met Louis se teks en sy produksiemaatskappy te werk. Met Louis se geskryf doen hy soveel van die werk vir jou. Dis ongelooflik om met hom te werk. Dis lekker om dit in te kleur met wat jy dan tot die storie bring, of tot die karakter bring.
Oor die andersheid van streaming
Dis vir my baie cool dat mense dit sal kan binge (op Showmax). Dis lekker vir die kyker, natuurlik. Hulle kyk baie vinnig deur die hele storie en bly invested. In die milieu waarin ons is…as jy hul aandag verloor, kan jy hulle dalk heeltemal verloor as hulle elke keer ’n week lank (vir die volgende episode) moet wag.
Die ander sy is natuurlik dat dit wél ook lekker is om ’n drie maande lange reis met kykers te hê, soos met Boekklub. Dit was een keer ’n week en mense moes wag, maar die opwinding was daar en hulle leer jou oor ’n langer tydperk ken. Dit is seker ’n dubbelsnyende swaard.
Oor die uitbeelding van verhoudings in die reeks
Dis verfrissend. Hollywood killed romance because it’s so unrealistic. Almal het hierdie ‘sweep me off my feet‘-idee en daai goedjies gebeur, maar dis nooit die perfekte sonsondergang met vuurwerke in die agtergrond nie. Dis wat Hollywood van romanse gemaak het en dit so vir die allerman vernietig.
Ek is mal daaroor dat dit kom uit ’n vroue-perspektief. Daar is een karakter wat ek dink tien lovers het, en dis wonderlik, want vroue word nie – veral in Suid-Afrika of Afrikaans – uitgebeeld as mense met needs of the flesh nie.
Armand Aucamp
Wat vir my verfrissend van die reeks is, is dat Louis en Albert (Snyman) realistiese stories geskep het en ook wys dat daar geen mens is wat heeltemal perfek vir jou gaan wees nie. So, daar gaan iemand in jou lewe kom wat jou seksueel bevredig, maar dalk nie emosioneel nie. En dan kom iemand wat jou emosioneel vervul en dan werk die fisieke aantrekking nie. Of iemand is té rustig en jy wil meer intensiteit hê. Jy wil rigting hê, iemand wat nie beige is nie. Jy weet, daai tipe goed.
En ek is mal daaroor dat hy dit uit ’n vroue-oogpunt vertel. Dat dit kom uit ’n vroue-perspektief. Daar is een karakter wat ek dink tien lovers het, en dis wonderlik, want vroue word nie – veral in Suid-Afrika of Afrikaans – uitgebeeld as mense met needs of the flesh nie.
Die impak van die intimiteitskoördineerder op stel
Dit was ongelooflik interessant. Aanvanklik was ek skepties. Maar ek is ’n gay man en was nog nooit in daai posisie nie, so ek het nie die verwysingsraamwerk nie. Ek het nie insig en ervaring daarvan nie. Omdat ek ’n gay man is, as ek die daglig uit ’n vrou soen, weet ek sy voel gemaklik en niemand gaan compromised voel nie. So, ek met daai idee ingegaan. Maar wat vir my so interessant was, was hoe die intimiteitskoördineering ’n veilige plek geskep het vir mense om hul ervarings te deel. Ek was geskok om van my medespelers te hoor wat aangaan. Nie wat in 1980 gewerk het nie, wat nou werk. En ek kan nie glo wat ek gehoor het nie.
Die akteurs het ’n praktiese werksessie gedoen en natuurlik het ek en Ilse-Lee saamgewerk, maar ons is ook met ander mense ingedeel en ek is in ’n posisie geplaas dat ek van die intimiteitsoefeninge met ’n man moes doen. Skielik het die wêreld ge-flip en nou is ek in daai posisie van ‘okei, ek is besig om iets te doen saam met iemand tot wie ek aangetrokke kan wees’. Dit het net alles omgeswaai en vir my baie insig gegee. Die dinamika het heeltemal verander, want ek kan vir Ilse-Lee sê sy kan 100% my boude gryp, en dit beteken niks. En nou ewe skielik is dit anders.
Dit was vir my moerse insiggewend. Maar ek dink, net om daai veiligheidsnet te hê, dit het vir ons almal ’n stem gegee, waar ons nie altyd stemme het nie. ‘Hierdie is okei. Moet my nie aan die keel gryp nie.’ Ek hoef nie vir jou te sê hoekom nie, maar ek het nou die toestemming om te sê moenie dit doen nie. ‘Moenie aan my ore raak nie. Jy kan aan my borste raak, dis okei’. Ek het nie insig tot wat vir iemand anders kan trigger nie. Net om ’n stem te hê, om te kan sê ‘dis okei en dis nie okei nie’ is so belangrik, en ek is heeltemal ten gunste daarvan. En dis so interessant, want ja, ek was aanvanklik skepties.
Ek het oor die algemeen ’n bietjie van ’n ‘suck it up and let’s get the job done’-benadering tot werk, maar dit is nié die regte benadering nie – dit is wat ons besig was om te doen en dit werk nie.
Jy moet kyk want…
Nina (Swart, regisseur) het dit so mooi beskryf. Sy sê dit is effervescent. It’s like a glass of champagne. En elke keer as ek op stel kom, dan sien ek hierdie wêreld deur daardie pragtige lens. Dit voel só. Dis lively, dis sprightly. Borrels gaan by die skerm uitkom. Dit is net ’n fees vir die oog en jy gaan lekker saamlag. Fantastiese vermaakgehalte.
Dit is nie iets te diep wat jou gaan laat wroeg en worstel nie. Dit is ’n egte verteenwoordiging van wat gebeur in die Afrikaans gemeenskap vir ’n jonger geslag – die jonger, nuwer geslag van Suid-Afrikaanse kykers.
Meer oor Troukoors
‘Dis pure pret!’ sê akteur Christiaan Schoombie oor ‘Troukoors’
Liefde het baie skakerings, en Showmax se romcom ‘Troukoors’ is baanbrekend in hoe dié stories vertel word, meen die akteur Christiaan Schoombie, wat die rol van Liam vertolk.
MeerAktrise Ilse-Lee van Niekerk borrel oor van liefde in ‘Troukoors’
Als in ‘Troukoors’ gaan oor die liefde – állerande soorte – sonder vooroordeel, vertel aktrise Ilse-Lee van Niekerk wat die hoofrol in dié Showmax-romcom vertolk.
MeerTroukoors S1
Op Showmax
Troukoors S1
Op Showmax
In Showmax se eerste oorspronklike romkom speel Ilse-Lee van Niekerk ’n trouebeplanner wat tussendeur ander se liefdesvieringe ook ’n pasmaat soek.
Meer