Die aangrypende dramas Genoeg (5 September),’n Poppy op die heuwel (5 September) en Change (5 September), Yaadt Queen (12 September), As ek kon kies (12 September) en Wag ’n bietjie (19 September), ondersoek verhoudings, identiteit, persoonlike uitdagings en die keuses wat ons lewens vorm.
Die romantiese komedie Twee Persent (12 September) bied ’n ligter aanslag, terwyl die komedie-drama Trilstraat (12 September) en die eksperimentele drama Verwerking (19 September) verdere diepte en verskeidenheid tot die program bydra. Short Back & Sides (19 September) rond die aanbod af met nog ’n kragtige verhaal.
Die dokumentêre aanbod is ewe uiteenlopend en plaas die kollig op merkwaardige mense, gemeenskappe en ervarings.
Die grond onthou (30 Augustus) verken traumatiese geskiedenis, kultuur en politiek, terwyl Pappa Kitsch (6 September) ’n hartroerende menslike verhaal vertel. Rooi van aard (13 September) delf in rooikoppe se persoonlike ervarings, en Die gees agter die spiere (20 September) skets die inspirerende lewensverhaal van ’n sportsielkundige. Die seisoen word afgesluit met Druk dit! (27 September), ’n dokumentêr wat ware lewensdrama en sport kombineer om deursettingsvermoë, veerkragtigheid en die strewe na uitnemendheid te belig. Saam bied hierdie kort dokumentêre insiggewende en betekenisvolle perspektiewe op eg Suid-Afrikaanse mense en stories.
Hier is wanneer jy al die titels wat by vanjaar se Silwerskermfees gewys het, op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) kan kyk:
30 Augustus
20:30: Die grond onthou
5 September
20:30: Genoeg
21:00: ’n Poppy op die heuwel
21:30: Change
6 September
20:30: Pappa Kitsch
12 September
20:30: Twee persent
21:00: Yaadt Queen
21:30: As ek kon kies
21:45: Trilstraat
13 September
20:30: Rooi van aard
19 September
20:30: Wag ’n bietjie
21:00: Short Back & Sides
21:30: Verwerking
20 September
20:30: Die gees agter die spiere
27 September
20:30: Druk dit!







