Menu terloops
In Recaps [3 Sep 2026]

‘Boer soek ’n vrou’: Hoopvolle harte – en iemand kan slange vang 


Die harte is hoopvol in die 18de seisoen van ‘Boer soek ’n vrou’, maar sover is die soeke na liefde nog net rampspoedig vir van die boere gewees.

Deur Annelene Oberholzer
‘Boer soek ’n vrou’: Hoopvolle harte – en iemand kan slange vang 

In die 18de seisoen van kykNET se gewilde maatsoekreeks, Boer soek ’n vrou, het dinge tot nou toe by tye half rampspoedig vir sommige van die boere verloop. 

Skok ná skok

Verlede week was dit Arno, die 28-jarige bosbouboer van Tzaneen, wat een van sy drie potensiële pasmaats huis toe gestuur het. Arno het dit gevoel dat Mariska haarself nou aan die begin van ’n nuwe hoofstuk in haar lewe bevind. Hy wou nie in die pad daarvan staan nie. Hy was ook die eerste boer wat dié besluit kon neem, waar ander boere se pasmaats die besluit uit hul hande geneem het.

Die Vrystaatse boer, Willie (37), was diep geskok toe Tayla aangekondig het dat sy sommer self haar tasse gaan pak nog voordat hy ’n keuse kon maak – sy het glo nie ’n konneksie met hom ervaar nie. En sy is oortuig daarvan dat hy eintlik nie van haar hou nie en dat hy nie juis “aan die brand” was vir haar nie.

Boer soek 'n vrou
En nou is daar twee… Willie was diep geskok toe Tayla aangekondig het dat sy sommer self haar tasse gaan pak nog voordat hy ’n keuse kon maak. Foto’s: Skermgrepe/Verskaf

Maar Willie se reaksie daarop was verbasend: “Dit sou nie my besluit gewees het nie” – en dat hy meer potensiaal vir hulle twee gesien het. Tayla het nie geweet hoe om daarop te reageer nie.

Maar wie weet, dalk was dit ’n kwessie van eind goed, als goed… Want, soos Reandi gesê het, kan die liefde enige tyd begin blom.

Slange vang

Boer soek 'n vrou
Francois het tyd ingeruim vir eenkant-gesprekke met sy twee gaste. En iemand se hart het al vinniger begin klop…

Intussen het Francois (34), die natuurbewaarder van Hoedspruit, sy twee kuiergaste geneem om eerstehands uit te vind hoe om slange te vang. Die ware Jakob, natuurlik. Francois was eerste aan die beurt om ’n ratse Mosambiekse spoegkobra te vang.

Beniska se beurt was betreklik dramaties met haar ‘vangs’ wat wraggies gespoeg het terwyl sy hom gevang het! Francois was baie beïndruk met hoe kalm sy alles benader het. 

Maar Sonel moes ’n yslike groot slang trotseer – en dié outjie was glad nie gelukkig daarmee nie. Daar was ’n woedende gesis en aggressiewe pikbewegings na haar kant toe, maar sy kon blitsvinnig ’n doek oor sy kop gooi om hom te neutraliseer.

En Francois? Hy begin al hoe meer voel wat reg en nie reg voel nie… Hy het toe wel tyd ingeruim vir eenkant-gesprekke met sy twee gaste. En iemand se hart het al vinniger begin klop.

Die sweet tap

Boer soek 'n vrou
Die sweet het getap tydens ’n oefensessie met boer Jack.

Daar was behoorlik sweet getap saam met Jack (30), die appel- en peerboer van Hermanus tydens ’n besoek aan Jambo Core Fitness-gimnasium op die dorp. En al drie sy potensiële pasmaats het baie goed tred gehou met die stewige pas wat deur Manny gestel is.

Tydens die alleengesprekke met sy potensiële pasmaats het die jong boer ook by tye bloed gesweet, want daar was baie reguit vrae gevra. En reguit antwoorde is verskaf. Maar van die antwoorde het ook een van die pasmaats seergemaak.

Tog het daardie gesprekke Jack se keuse nie juis makliker gemaak nie. Maar, het hy aan die drietal verduidelik, hy moes ’n keuse maak wat in daardie stadium vir hom na die beste vir die toekoms gelyk het. 

Dis hoekom Lené se tydjie op die plaas nou tot ’n einde gekom het.

Reandi sê

“Wanneer dit by die sake van die hart kom, is niks maklik nie. Maar die liefde sal dié vind wat nog wag. Al wat elkeen van ons rêrig wil hê, is iemand wat ons werklik raaksien.”


Boer soek ’n vrou word Donderdae om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies