Menu terloops

Troukoors S1

Op Showmax [Gepubliseer op 13 Des 2021]


In Showmax se eerste oorspronklike romkom speel Ilse-Lee van Niekerk ’n trouebeplanner wat tussendeur ander se liefdesvieringe ook ’n pasmaat soek.

Kyk nou

Troukoors S1
Kyk lokprent

In Showmax se eerste oorspronklike romkom speel Getroud met Rugby se Ilse-Lee van Niekerk ’n borrelende, altyd-glimlaggende trouebeplanner wat tussendeur ander se liefdesvieringe self ook ’n pasmaat soek.

Troukoors is deur die kreatiewe duo Louis Pretorius en Albert Snyman van Infinity Films geskep, met Nina Swart wat die regie behartig. Onder Louis en Albert se gewildste reekse tel Die Boekklub en Fynskrif.

Daar is ’n mengsel van nuwe en bekende gesigte in die rolverdeling. Die voormalige kinderster Blyde Smit (Erfsondes7de Laan) speel Jessica se suster Luca, ’n sagteware-ontwikkelaar wat meer vlot is in die Star Trek-taal, Klingon, as flirt, met Bianca Flanders (Nêrens, Noord-Kaap) as Jessica se biseksuele beste vriendin Abi, ’n professionele bakker. SAFTA-wenner Kevin Smith (Skemerdans) is Abi se pa (en Luca se baas), met Melt Sieberhagen (Proesstraat) as sy kêrel.

“Wat verfrissend van hierdie reeks is, is dat Louis en Albert realistiese stories geskep het wat ook wys dat daar geen mens is wat heeltemal perfek vir jou gaan wees nie,” sê Armand Aucamp, een van Jessica se lovers in die eerste seisoen van die reeks. “Daar gaan iemand in jou lewe kom wat jou seksueel bevredig, maar dalk nie emosioneel nie. En dan kom iemand wat jou emosioneel vervul en dan werk die fisieke aantrekking nie. Of iemand is té rustig en jy wil meer intensiteit hê. Jy wil rigting hê, iemand wat nie beige is nie.”

Kyk Troukoors slegs op Showmax vanaf 13 Desember 2021. Showmax het reeds die reeks vir  ’n tweede seisoen hernu. Dit sal in 2022 bekendgestel word.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 11 stories in Julie misloop

’n Nuwe ‘Matlock’, Magda Louw op haar stukke, aksie-satisfaksie in ‘The Old Guard 2’, en die slotseisoen van die meesleurende reeks ‘The Sandman’ tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Julie 2025

Dolf staan by ’n kruispad, terwyl Bongi se liefdesbootjie sink... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Suidooster: Kaapse winter bring vlaag van vurige drama in Julie

Die een koue front ná die ander bring in Julie ’n vlaag van vuurwarm drama na ‘Suidooster’ se Ruiterbosch. Daar is rugstekery, misverstande, onsekerheid én gebroke harte. 

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Julie 2025

Agatha wriemel haarself telkens uit die moeilikheid en Petro stort ineen nadat sy iets uiters onverwags sien... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Julie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies