Menu terloops

Troukoors S1

Op Showmax [Gepubliseer op 13 Des 2021]


In Showmax se eerste oorspronklike romkom speel Ilse-Lee van Niekerk ’n trouebeplanner wat tussendeur ander se liefdesvieringe ook ’n pasmaat soek.

Kyk nou

Troukoors S1
Kyk lokprent

In Showmax se eerste oorspronklike romkom speel Getroud met Rugby se Ilse-Lee van Niekerk ’n borrelende, altyd-glimlaggende trouebeplanner wat tussendeur ander se liefdesvieringe self ook ’n pasmaat soek.

Troukoors is deur die kreatiewe duo Louis Pretorius en Albert Snyman van Infinity Films geskep, met Nina Swart wat die regie behartig. Onder Louis en Albert se gewildste reekse tel Die Boekklub en Fynskrif.

Daar is ’n mengsel van nuwe en bekende gesigte in die rolverdeling. Die voormalige kinderster Blyde Smit (Erfsondes7de Laan) speel Jessica se suster Luca, ’n sagteware-ontwikkelaar wat meer vlot is in die Star Trek-taal, Klingon, as flirt, met Bianca Flanders (Nêrens, Noord-Kaap) as Jessica se biseksuele beste vriendin Abi, ’n professionele bakker. SAFTA-wenner Kevin Smith (Skemerdans) is Abi se pa (en Luca se baas), met Melt Sieberhagen (Proesstraat) as sy kêrel.

“Wat verfrissend van hierdie reeks is, is dat Louis en Albert realistiese stories geskep het wat ook wys dat daar geen mens is wat heeltemal perfek vir jou gaan wees nie,” sê Armand Aucamp, een van Jessica se lovers in die eerste seisoen van die reeks. “Daar gaan iemand in jou lewe kom wat jou seksueel bevredig, maar dalk nie emosioneel nie. En dan kom iemand wat jou emosioneel vervul en dan werk die fisieke aantrekking nie. Of iemand is té rustig en jy wil meer intensiteit hê. Jy wil rigting hê, iemand wat nie beige is nie.”

Kyk Troukoors slegs op Showmax vanaf 13 Desember 2021. Showmax het reeds die reeks vir  ’n tweede seisoen hernu. Dit sal in 2022 bekendgestel word.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies