Menu terloops
In Wat om te kyk [23 Nov 2021]

Kyk nou: Eerste lokprent vir vurige romkom-reeks, ‘Troukoors’


“Die oorkoepelende idee van die reeks is love is love,” sê Ilse-Lee van Niekerk oor ‘Troukoors’, Showmax se eerste oorspronklike romkom waarin sy ’n trouebeplanner op soek na haar perfekte pasmaat speel. (Staan opsy, Jennifer Lopez!)

Kyk nou: Eerste lokprent vir vurige romkom-reeks, ‘Troukoors’
Kyk lokprent

’n Lokprent vir Troukoors, die eerste Showmax Original-romcom, is pas vrygestel in afwagting van die reeks se premiere op 13 Desember, wanneer al 14 episodes beskikbaar sal wees vir ’n sexy binge-sessie soos min.

Troukoors is deur die kreatiewe duo Louis Pretorius en Albert Snyman van Infinity Films geskep, met Nina Swart wat die regie behartig. Onder Louis en Albert se gewildste reekse tel Die Boekklub en Fynskrif.

Daar is ’n mengsel van nuwe en bekende gesigte, met Ilse-Lee van Niekerk (Getroud met rugby) in die hoofrol. Sy vertolk Jessica, ’n troubeplanner op soek na ’n perfekte onperfekte pasmaat (á la J.Lo in The Wedding Planner).

Die voormalige kinderster Blyde Smit (Erfsondes, 7de Laan) speel Jessica se suster Luca, ’n sagteware-ontwikkelaar wat meer vlot is in die Star Trek-taal, Klingon, as flirt, met Bianca Flanders (Nêrens, Noord-Kaap) as Jessica se biseksuele beste vriendin Abi, ’n professionele bakker. SAFTA-wenner Kevin Smith (Skemerdans) is Abi se pa (en Luca se baas), met Melt Sieberhagen (Proesstraat) as sy kêrel.

Ilse-Lee van Niekerk en Blyde Smit in Troukoors. Foto: Infinity Films/Showmax
Ilse-Lee van Niekerk en Blyde Smit in Troukoors. Foto: Lauren Kriedemann/Infinity Films/Showmax

Die lokprent gee ons ook ons ​​eerste blik op die drie besties se lovers hierdie seisoen, insluitend Armand Aucamp (Tom in Die Boekklub), Christiaan Schoombie (Warrior), Evan Hengst (Miles in The Kissing Booth 1-3), Danny Ross (Nommer 37), en Emma van Heyn.

“Wat ek regtig interessant vind, is dat dit alternatiewe tipes verhoudings uitbeeld,” sê Bianca. “Die wêreld beweeg in nuwe rigtings, veral in terme van hoe ons oor seks en seksualiteit dink en praat. Seks-positiwiteit neem toe. As Suid-Afrikaners is ons dikwels geneig om konserwatief te wees as dit kom by die tipe verhoudings wat ons op TV uitbeeld. Maar Troukoors weerspieël baie van die verhoudings wat ek om my sien. Dit wys die real kwessies wat mense binne hul verhoudings ervaar.”

Blyde Smit and Bianca Flanders in Troukoors
Blyde Smit en Bianca Flanders in Troukoors. Foto: Lauren Kriedemann/Infinity Films/Showmax

“Die oorkoepelende idee van die reeks is love is love,” sê Ilse-Lee. “Ek hou veral van die feit dat met die twee pappas, en Abi ook, word dit net aanvaar. Dis net die norm. Dis nie nog ’n storie of ’n issue of ’n ding nie. Dit gaan oor wat vir jou werk: watter tipe liefde is die beste vir jou, en hoe kan jy die beste vir iemand anders wees.”

Maar Troukoors is nie net nog ’n Hollywood-sprokie, waar elke oomblik perfekte sonsondergange het met vuurwerke in die agtergrond, nie. “Wat verfrissend van hierdie reeks is, is dat Louis en Albert realistiese stories geskep het wat ook wys dat daar geen mens is wat heeltemal perfek vir jou gaan wees nie,” sê Armand. “Daar gaan iemand in jou lewe kom wat jou seksueel bevredig, maar dalk nie emosioneel nie. En dan kom iemand wat jou emosioneel vervul en dan werk die fisieke aantrekking nie. Of iemand is té rustig en jy wil meer intensiteit hê. Jy wil rigting hê, iemand wat nie beige is nie. Jy weet, daardie soort van ding.”

Ilse-Lee van Niekerk in Troukoors.
“Die oorkoepelende idee van die reeks is love is love,” sê Ilse-Lee van Niekerk van Troukoors. Foto: Lauren Kriedemann/Infinity Films/Showmax

In ooreenstemming met ’n groeiende internasionale tendens , het Troukoors ’n intimiteitskoördineerder vir die intieme tonele aangestel. “Daar is baie meer fisieke tonele as in die gemiddelde Suid-Afrikaanse en Afrikaanse TV-reekse,” sê Albert. “Ons het met intimiteitskoördineerders gewerk, wat ons nog nooit voorheen gedoen het nie, en dit was nogal baie nice gewees. Hulle het ’n goeie manier om met die akteurs te werk om almal gemaklik en veilig te laat voel. As iemand in ’n Suid-Afrikaanse TV-reeks soen, is dit dikwels daai Egoli-soene van die laat 80s waar dit soos twee visse is met monde wat oopmaak, vasplak aan mekaar, en dan staan hulle net stil. So, om ’n intimiteitskoördineerder te hê, het baie gehelp met akteurs wat mekaar op ’n fisieke vlak moes vind en mekaar moet vertrou, sodat jy actual passie op die skerm kan hê.”

Ilse-Lee van Niekerk en Armand Aucamp in Troukoors. Foto: Infinity Films/Showmax
Ilse-Lee van Niekerk en Armand Aucamp in Troukoors. Foto: Lauren Kriedemann/Infinity Films/Showmax

Troukoors bied ’n verfrissende blik op nie net liefde, VR-seks en deepfake pornografie nie, maar ook familie. “Wat die hele reeks so mooi maak, is hoe familie op ’n baie onkonvensionele manier voorgestel word,” sê Blyde. “Dit is so ’n eerlike voorstelling van moderne gesinne, insluitend egskeiding en dood en om te ondersoek hoe mense wat nie bloedverwant is nie, familie word.”

Dit is nie te sê Troukoors is swaar nie. “As jy wil lag, en net met ’n glimlag op jou bakkies sit vir ’n halfuur, dan is hierdie ding vir jou,” sê Christiaan. “Daar is ernstige temas wat ontleed word, maar daar’s altyd humor wat dit uitbalanseer. It’s just pure fun.”

Kyk Troukoors slegs op Showmax vanaf 13 Desember 2021. Showmax het reeds die reeks vir  ’n tweede seisoen hernu. Dit sal in 2022 bekendgestel word.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies