Menu terloops
In Onderhoude [21 Feb 2024]

Celeste Loots gesels oor baanbrekende ‘Wyfie’ 


Haar karakter in die Showmax-reeks ‘Wyfie’ is uitgesproke, rebels en droom daarvan om ʼn “mite” te wees. Celeste Loots gesels oor haar ervarings om Amanda te speel en van die voorreg om deel te wees van ʼn Afrikaanse “televisie-revolusie”.

Deur Riëtte van der Wat

Stroom nou op Showmax

Celeste Loots gesels oor baanbrekende ‘Wyfie’ 

Wat het jou opgewonde gemaak oor die idee om ʼn rol in Wyfie te kry?

“Die oudisie-tonele was so goed geskryf, dit het my klaar opgewonde gemaak oor die reeks. Toe ek die eerste audition brief in my kombuis lees, het ek dadelik vir my vriendin gesê, ‘dís die een!’.

Dit was ook opwindend om te weet Johan Cronjé direct – ek hou van al sy vorige werk.

Daar is deesdae soveel nuwe, jong, reekse in Afrikaans, soos Wyfie en Trompoppie (Celeste vertolk die rol van Zanne Petersen). Ek moet myself knyp dat ek kan deel wees van hierdie groundbreaking reeks in Afrikaans.”

Wyfie, Celeste Loots
Celeste Loots as Amanda. Foto: Verskaf

Wat is jou mening van die koshuislewe? Was jy self in die koshuis op universiteit?

“Nee, ek was nie. Ek het by die Universiteit van Kaapstad studeer.

Al het ek en Amanda nogal baie in gemeen, deel ek nie haar passie vir die koshuislewe en daai tradisies nie. Maar dis tog absoluut fascinating wat in koshuise aangaan en dis altyd interessant om met mense te praat wat op koshuis was. Dikwels sien jy iets agter hulle oë wat hulle nié vir jou vertel nie.

Ek dink jonger én ouer mense gaan die reeks geniet. Maar ek het nou die dag vir iemand gesê, ‘Tannie, jy moet maar twee glase rooiwyn ingooi as jy begin kyk’, oor die vloekery en so. Maar ek dink mense van alle ouderdomme sal daai nostalgie van die koshuislewe verstaan.”

ʼn Show soos hierdie is nogal risky en out there, maar om met ʼn crew te werk wat jou die geleentheid om met vulnerability te speel, is spesiaal.

Celeste Loots

Waarom geniet jy dit om Amanda te speel?

“Dis so interessante tyd as ʼn mens so 19, 20 is. Jy leer jy so baie van jouself en aan die ander kant is jy al so baie van jouself.

Ek voel ek leer altyd deur my karakters en omdat Amanda altyd so in die moment is, is dit so mooi karakter om te speel. Sy daag net op en sy ís hoe sy is. Sy is nogal opinionated, maar daar’s ook baie diepte aan haar. Sy is baie confident in haarself, maar sy twyfel ook in haarself.

Mens ervaar hoe Amanda in die oomblik dalk nie die beste keuses maak nie en dit gaan kykers frustreer. Maar terselfdertyd verstaan ʼn mens hoekom karakters op ʼn sekere manier optree. Ja, Amanda is dalk nou ʼn idioot, maar sou jy nie dalk dieselfde doen nie?”

Wyfie word oor ʼn paar maande verfilm, nie net binne ʼn paar weke soos baie plaaslike reekse nie. Vertel van dié ervaring?

“Ek het nog nooit long form gedoen nie. Gewoonlik werk aan jy aan ’n projek en dan gaan maande verby voor die reeks uitkom. So dis baie weird om die nuwe episodes te kyk, létterlik soos ek van die stel af kom.

ʼn Mens kan nogal nervous wees met so ding as jy nie weet waar die script heen gaan nie. Maar elke keer as ek ʼn nuwe script kry, wonder ek hoe die skrywers dit reggekry het. Die storielyn maak soveel sin en is so mooi. Dit vat die karakters op soveel avonture wat perfek is vir hulle.

Om lank aan iets te werk, gee jou ook die geleentheid om jou regtig in te leef in daai wêreld. Jy kan regtig elke nook en cranny verken.

Natuurlik is die stabiliteit van die werk ook lekker, want jy hoef vir so rukkie nie te stres oor wat die onmiddellike volgende ding is nie.”

Vertel van die ervaring op stel?

“Ná ses maande op stel, voel ons al soos ʼn klein familie. Johan is ʼn ongelooflike regisseur. Hy het hierdie sagtheid aan hom wat so ongelooflik is vir ʼn akteur om mee te werk. Hy is ook vreeslik meticulous en dink oor elke scene, nes hy oor die hele prentjie dink, wat verskriklik moeilik is om te doen. Hy hanteer elke klein toneel met so baie fokus en werk altyd ʼn klomp nuanses in. Sy notas daag jou uit en gee baie diepte.

Werner Botha, die DOP (kinematograaf), is ook great. Om ʼn lekker energie agter die kamera te hê is belangrik en maak dit lekker op stel.

ʼn Show soos hierdie is nogal risky en out there, maar om met ʼn crew te werk wat jou die geleentheid om met vulnerability te speel, is spesiaal.

Die cast is ook almal. Die energie op stel is so ondersteunend en ek dink dit gaan wys in die reeks.”

Beáta Bena Green speel Shay, Amanda se beste vriendin van skooldae af. Julle beeld die vriendskap uit asof julle mekaar al jare ken?

“Ons het mekaar nie voor Wyfie geken nie, maar social media het my ʼn idee gegee van wie sy is. Toe ons die rolle gekry het, het ons besluit om saam te gaan eet en mekaar beter te leer ken.

Ek voel ons het maklik in daai dynamic van Shay en Amanda geglip omdat ons mekaar komplementeer. Sy is so goed met in-die-oomblik-speel en sy gee so baie om vir haar karakter. Dit geld vir al die ander akteurs ook.”

Wyfie
Beáta Beta Green as Shay. Foto: Verskaf

Die aktrise Jana Strydom speel Amanda se ma. Vertel van die ervaring om saam met so ervare aktrise te werk?

“Jana is nie iemand wat ek ooit verwag het om te ontmoet nie, maar ek is so bly ek het. Sy bring soveel wysheid na die projek toe wat sy bereid is om te deel. Ek het al so baie by haar geleer – voor en agter die kamera. Haar ondersteuning en eerlikheid laat ʼn mens so gemaklik voel om regtig daai karakters en hulle verhouding saam met haar te ontgin.

Sy ʼn baie giving mens – in haar spel én agter die skerms.”

Wat kan kykers verwag van Wyfie se storielyn, soos dit oor die volgende paar maande gaan ontvou?

“Ek is so opgewonde daaroor! Jy kan die onverwagse verwag en jy kan uitsien daarna om baie meer oor leke karakter te leer. Jy kan verwag om te huil en te lag, dalk selfs om bang te word en ook om regtig lief te word vir al daai karakters. ʼn Mens kan regtig baie invested raak in hulle almal.”

Die Netflix-reeks One Piece is gegrond op die gewilde Manga-reeks. Jy speel Kaya in drie episodes. Vertel van dié ervaring?

“Dit was ongelooflik om so ʼn karakter te speel in só ʼn grootskaalse projek. Haar storielyn word in twee episodes gevolg.

Die pas waarteen hulle hierdie tipe projekte skiet, is soveel anders as waaraan ons plaaslik gewoond is. Dit is nogal iets om te sien hoe daai mense se budget werk.

En daar was verskriklik baie passie in daai projek. Dis nie altyd so met internasionale reekse nie, maar One Piece is ontwikkel deur mense wat so lief was vir die oorspronklike anime-reeks, dat hy baie liefde daarin gesit het.”

Wou jy nog altyd ʼn aktrise word?

“Ek dink ek het altyd diep binne my geweet ek wil dit doen, maar ek het nie gedink dis ʼn sustainable loopbaanopsie nie. Ek het eers in die regte studeer by die Universiteit van Kaapstad, maar in my eerste jaar het ek drama as keusevak gehad en ek het gevoel ek kon nie anders nie, ek moes van rigting verander.

My ouers was nog altyd baie ondersteunend. Ek het die oudisie vir die dramagraad gedoen sonder om vir iemand te sê. Toe ek later oorkant my pa sit vir lunch, het ek hom vertel die plan het so bietjie verander. En toe ek vir hom sê ek gaan drama swot, het hy net gelag en gesê, ‘natuurlik’.”

Jy was een van drie Afrikaanse dramastudente by die Universiteit van Kaapstad, waarom het jy gekies om daar te studeer?

“Ek kom van die Paarl af en ek was nog altyd aangetrokke tot die stad. Iets in my wou blootgestel word aan mense van ander tale en kulture en ek hét ongelooflike goed daar geleer.”

Wat maak jou gelukkig, buiten jou werk?

“In hierdie stadium is daar nie baie tyd vir my hobbies nie. Maar ek het drie katte en ek is vreeslik lief vir hulle. Ek geniet dit ook om met honde te gaan stap en om vreemde goed te maak, soos juwele. Toe ek in daai fase was, het ek ʼn hele boks beads gekoop. So paar maande terug het ek geleer brei.

Ek is ʼn baie sentimentele mens en oral waar ek gaan, pluk ek blaartjies op blommetjies om saam te vat en te pars, sodat ek die ervaring kan onthou.”

Het jy langtermyn-loopbaanplanne?

“Ek is glad nie iemand met ʼn vyf- of tienjaarplan nie. Ek leef eerder met ʼn plan vir die volgende projek. Maar wat so ongelooflik is van die vermaakbedryf, en waarom ek dit leer geniet, is die onvoorspelbaarheid daarvan. Dit leer my om oop te wees vir wat kom en om die proses te aanvaar.”


Nuwe episodes van Wyfie word elke Dinsdag op Showmax vrygestel.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

Gesinsvermaak: Kyk dié 8 reekse en flieks saam-saam

Van ‘Barbie’ tot ‘Fuller House’ – daar is heelparty TV-reekse en flieks wat jy oor die lange skoolvakansie as gesin saam kan kyk. 

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Desember 2024

Amanda probeer realiteit ontwyk, terwyl Kyla se lewe ontrafel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Desember 2024

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van Netflix se rekordbreker-reeks, 'Squid Game'; die Afrikaanse reeks 'Spooksoeker'; en die skrywer Gabriel García Márquez se magnum opus, 'One Hundred Years of Solitude', wat in ’n uitsonderlike TV-reeks omskep is, tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié sewe kinkels in Desember

Kapenaars weet dat die Kaapse Dokter behoorlik moeilik in Desember kan word, maar vanjaar word ’n orkaan van donker wolke vol drama vir Ruiterbosch oor die vakansieseisoen in ‘Suidooster’ voorspel. 

Meer
Sien alle opsies