Menu terloops

Dinge van ’n Kind S1

Op Showmax [Gepubliseer op 11 Mei 2023]


Marita van der Vyver se boek Die Dinge van ’n Kind het verlede jaar op kykNET as ’n TV-reeks gestalte geneem. Die reeks van tien episodes is ná ’n lang wag […]

Kyk nou

Dinge van ’n Kind S1
Kyk lokprent

Marita van der Vyver se boek Die Dinge van ’n Kind het verlede jaar op kykNET as ’n TV-reeks gestalte geneem. Die reeks van tien episodes is ná ’n lang wag nou op Showmax beskikbaar om te stroom. 

Die reeks vertel, soos die boek, van Mart Vermaak se gedaantewisseling van kind tot vrou.

In die roman het lesers vir Mart as tiener, sowel as ’n volwasse vrou in haar dertigs as ’n expat in Londen, leer ken. In die TV-reeks ontmoet kykers egter ook ’n heelwat ouer Mart wat haar weer in Suid-Afrika gevestig het.

Terwyl die boek in twee tydvakke afspeel – teen die politiese agtergrond van die ontstuimige 1970’s en die vroeë 1990’s – is daar vir die TV-weergawe ’n deel bygewerk wat in die hede afspeel. Daar is dus drie aktrises wat die rol van Mart deur die jare speel. In die rol van jong Mart is Melissa Myburgh. Cintaine Schutte is Mart in die 1990’s en Susanne Beyers speel die hedendaagse Mart. 

Riëtte van der Wat skryf só in haar resensie van die reeks: “Bykans dertig jaar later is die storie van Die dinge van ʼn kind steeds presies dit – ʼn eerlike blik op ʼn komplekse tydvak in Suid-Afrika wat ʼn lewenslange impak op mense gelaat het.”


Vanaf Donderdag, 11 Mei 2023, op Showmax beskikbaar om te stoom. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies