Menu terloops
In Onderhoude [11 Mei 2022]

Susanne Beyers oor haar rol in ‘Dinge van ʼn kind’: ‘Ouerskap het alles beïnvloed’


Sy kan vereenselwig met haar karakter Mart in ‘Dinge van ’n kind,’ sê die gevierde aktrise Susanne Beyers, wat deel is van die nuut-geskepde, hedendaagse hoofstuk van Mart se lewe op TV.

Deur Riëtte van der Wat

Kyk nou

Susanne Beyers oor haar rol in ‘Dinge van ʼn kind’: ‘Ouerskap het alles beïnvloed’
Kyk lokprent

Susanne Beyers is een van drie aktrises wat die karakter van Mart – elk op ’n ander tydstip in haar lewe – in die TV-verwerking van Marita van der Vyver se boek, Dinge van ʼn kind, vertolk.

Wat het jou aangetrek tot die rol van Mart én tot die televisieverwerking van Dinge van ʼn kind?

“Dit was ʼn voorreg om deel te wees van die storie. Dis ʼn voorreg om so groot rol te hê op my ouderdom én dis ʼn voorreg om in enigiets van Marita van der Vyver te speel, want ek weet die volk kan nie genoeg van haar kry nie.”

Meer as die ander twee aktrises wat Mart vertolk, het jy eerstehandse ervaring van apartheid en die benouendheid van Afrikaner nasionalisme gehad. Het die Suid-Afrika waarin jy grootgeword het én wat jy sien verander het, jou aanslag tot jou vertolking van Mart beïnvloed?

“Die teks, die karakter, is álles. My taak was om dit emosioneel geloofwaardig te hou en altyd die karakter se ontwikkeling in die konteks van Suid-Afrika se ontwikkeling te onthou en te respekteer.

Ja, ek het as ʼn kind en jongmens grootgeword tydens apartheid. Natuurlik is ek nou ʼn volwassene wat in ʼn demokratiese land woon. Die dinge wat ʼn mens nie as jongmens besef het nie, besef ek nou maar alte goed. And we deal with all of that en ons is almal saam in die ding en dit is goed so.

Ek is bly ek kan deel van die ontwikkeling wees.”

In watter opsig het jou eie ervarings as ma en ouma tot jou vertolking van Mart deurgespoel?

“My eie ervaring as ma en ouma het álles beïnvloed. Gewéldig baie in terme van hoe ek haar benader het. Sy is in presies die lewensfase waarin ék nou is.”

Dink jy die verhouding tussen ouers en kinders (en dalk spesifiek Afrikaanse ouers en kinders) het baie verander van hoe hierdie verhoudings in die 70’s en 90’s in die boek uitgebeeld word?

“Ek kan definitief nie vir alle Afrikaanse mense praat nie, maar ek is beslis oor baie dinge vryer en meer oopkop, ook meer bewus, as wat my ouers was. Hulle was ook maar op ʼn manier kinders van hul tyd. Hulle het gewandel by die lig wat hulle gedink het hulle ken.

Ek was wel nie spesifiek ʼn slagoffer van benouende Afrikaanse denkwyse was nie, want ek het veral ʼn baie interessante en ʼn moderne ma gehad. Maar ek neem aan daar is grόόt verskille tussen ouerskap toe en nou.

So al kan ek nie namens ander mense praat nie, kan ek sien die meeste van my studente word in oopkop huise groot. [Susanne doseer drama aan die Universiteit Stellenbosch].

Dalk het die verandering aan ouerskap so geleidelik gebeur, dat ons dit nie eers agtergekom het nie.”

Jy deel baie skermtyd met Kim Syster en Ludwig Binge. Vertel asseblief van jou ervaring om saam met dié akteurs te werk en hoe julle so ʼn diepgaande skermverhouding gebou het? [Ludwig vertolk haar seun en Kim haar skoondogter].

“Ek ken vir Ludwig baie goed. Hy en my seun Pietie is al vir jare vriende, van skooldae af. Ek en sy ma, Joanie (Combrink, die aktrise), is ook vriende.

En met Kim het ek ook net ʼn warmte gehad. Sy is so warm, aangename mens, met die gevolg dat dit baie maklik om met hulle albei ʼn verhouding te hê. Hulle is aangename en uiters professionele mense om mee te werk.”

Wat weet ek nou van die lewe wat ek wens ek sou vir my tienerself kon sê?

“Ugh, álles! Maar dit help nie… jy is waar jy is as jy ‘n tiener is. Jy kon hoegenaamd nie die lewenservaring hê wat jy nou het nie.

En ek sou seker maar vir myself gesê het, enjoy it while it lasts, whatever it is: liefde, goeie punte op skool… watookal dit is. En verduur die dinge wat jy moet verduur. Moenie te veel wroeg daaroor nie – this too shall pass.

Met watter ander projekte is jy tans besig?

“Ek is op die oomblik besig met ’n boekvoorlesing vir Lapa-uitgewers en dan hou ons nog maar steeds duimvas dat Dobbel later in die jaar by een van die feeste sal speel, want dis al so lank op ys.

Dis die teks wat Retief Scholtz geskryf het oor ʼn vrou wat aan Alzheimer se siekte lei. Ek is in die ouer rol. Ilse Roos speel my bietjie jonger self, Cintaine Schutte speel myself nog jonger en Carla Smith my nog jonger self. Dis so mooi stuk, ons hoop so om iewers daarvoor ʼn gaatjie te kry.”

Lees ook ons resensie hier.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Oktober 2024

Dinge raak ernstig tussen Maggie en Shay en Kyla moet moeilike keuses maak. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer
Sien alle opsies