Menu terloops

Projek Dina S1-3

Op DStv en Showmax [Gepubliseer op 9 Mei 2023]


​​’Projek Dina’ se gedugte taakspan werp in die derde seisoen van dié dramareeks weer als in die stryd om vermiste persone op te spoor.

Projek Dina S1-3
Kyk lokprent

Terwyl die nuutste – en derde – seisoen van Projek Dina op kykNET op DStv uitgesaai word, is die eerste twee seisoene van dié misdaaddrama op Showmax beskikbaar om te stroom.

Die eerste seisoen het oorhoofs om lasbriefbeampte Ronel Oosthuizen (Chanelle de Jager) se soektog na haar tweelingsuster, Dina, gedraai. Ronel het in die tweede seisoen vir Dina opgespoor, maar met die aanvang van die derde seisoen, is dit gou duidelik dat sy baie trauma het om te verwerk.

Die derde seisoen sien ook ’n reuse-verandering in die taakspan. Terwyl Ronel, Lux (Chumani Pan) en Charlie (Kay Smith) weer op hul pos is, is Deon (Tim Theron) gevra om met ’n buitelandse saak te help. Ene Zander (vertolk deur Laudo Liebenberg) word as die nuwe hoof van die taakspan aangestel, maar daar is gou wrywing tussen hom en die res van die span.

Nog nuwe gesigte dié seisoen sluit in Deon Coetzee, Arno Greeff, Cintaine Schutte, Frank Rautenbach en Corine du Toit.  

Die derde seisoen se tien episodes draai elk om een of twee sake wat om vermiste persone draai. Elke saak wat die span ondersoek, is op werklike plaaslike sake gegrond.

Die reeks is gegrond op ware gebeure. Skepper Roberta Durrant se dogters is jare gelede amper ontvoer. Dis ’n senutergende drama, versadig en dik van emosie en trauma. 


Weeklikse episodes vanaf 9 Mei 2023 om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144 en DStv Online). Dié seisoen het Engelse onderskrifte en sal ook op DStv CatchUp beskikbaar wees. Kyk ook die eerste twee seisoene op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies