Menu terloops

Projek Dina S1-3

Op DStv en Showmax [Gepubliseer op 9 Mei 2023]


​​’Projek Dina’ se gedugte taakspan werp in die derde seisoen van dié dramareeks weer als in die stryd om vermiste persone op te spoor.

Projek Dina S1-3
Kyk lokprent

Terwyl die nuutste – en derde – seisoen van Projek Dina op kykNET op DStv uitgesaai word, is die eerste twee seisoene van dié misdaaddrama op Showmax beskikbaar om te stroom.

Die eerste seisoen het oorhoofs om lasbriefbeampte Ronel Oosthuizen (Chanelle de Jager) se soektog na haar tweelingsuster, Dina, gedraai. Ronel het in die tweede seisoen vir Dina opgespoor, maar met die aanvang van die derde seisoen, is dit gou duidelik dat sy baie trauma het om te verwerk.

Die derde seisoen sien ook ’n reuse-verandering in die taakspan. Terwyl Ronel, Lux (Chumani Pan) en Charlie (Kay Smith) weer op hul pos is, is Deon (Tim Theron) gevra om met ’n buitelandse saak te help. Ene Zander (vertolk deur Laudo Liebenberg) word as die nuwe hoof van die taakspan aangestel, maar daar is gou wrywing tussen hom en die res van die span.

Nog nuwe gesigte dié seisoen sluit in Deon Coetzee, Arno Greeff, Cintaine Schutte, Frank Rautenbach en Corine du Toit.  

Die derde seisoen se tien episodes draai elk om een of twee sake wat om vermiste persone draai. Elke saak wat die span ondersoek, is op werklike plaaslike sake gegrond.

Die reeks is gegrond op ware gebeure. Skepper Roberta Durrant se dogters is jare gelede amper ontvoer. Dis ’n senutergende drama, versadig en dik van emosie en trauma. 


Weeklikse episodes vanaf 9 Mei 2023 om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144 en DStv Online). Dié seisoen het Engelse onderskrifte en sal ook op DStv CatchUp beskikbaar wees. Kyk ook die eerste twee seisoene op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies