Menu terloops
In Sepies [28 Jan 2024]

Sepievoorskou: Nazeem en Siya grawe gate in ‘Suidooster’, Naomi in nagmerrie vasgekeer in ‘Binnelanders’


Groot geheime word onthul en dreig om verhoudings te vernietig. Trauma bring ander karakters nader aan mekaar, maar hoe lank gaan dit hou? Lees ons sepievoorskou vir die week vorentoe.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Nazeem en Siya grawe gate in ‘Suidooster’, Naomi in nagmerrie vasgekeer in ‘Binnelanders’

Angstigheid neem hierdie week weer en ons bring vir kykers die inside scoop oor hierdie week se grootste sepie-storielyne in ons sepievoorskou. Hier is wat jy hierdie week (29 Januarie tot 2 Februarie 2024) op Suidooster en Binnelanders kan sien uitspeel.

Suidooster

Dit lyk asof Nazeem (Irvine van der Merwe) toe wél ’n nuwe blaadjie omgeslaan het. Laylla (Kay Smith) has made an honest man out of him! Maar is dit ’n kwessie van too little, too late?

Nazeem is smoorverlief en is so desperaat om Laylla te hou, dat hy ’n drastiese stap in hul verhouding neem. 

Hierdie kom as ’n verrassing vir Laylla, maar voordat sy regtig toekomsplanne kan maak, word die mat onder haar voete uitgeruk. 

Hulle sê jealousy makes you nasty en in ’n Suidooster-konteks, is Zoë (Lauren Joseph) beslis ter sprake. Zoë doen alles in haar vermoë om Laylla se lewe op kantoor ongemaklik te maak en lyk my dit is omdat sy nie vir Nazeem gelukkig wil sien as dit nie met haar is nie. 

Sy het haar man en fancy lewe bo ware liefde en gatsby’s met Nazeem gekies, so nou moet sy maar vir Nazeem los om gelukkig te wees. Ongelukkig het Nazeem soveel geraamtes in die kas, dit vat nie baie om hom te begrawe nie. Zoë kom op iets af wat Nazeem onkant vang en hom in ’n moeilike situasie plaas. Wat gaan Nazeem hierdie keer doen om homself en sy verhouding te red? 

Intussen grawe Siya (Gantane Kusch) vir homself ’n lekker diep gat net langs Nazeem se gat van leuens. Dani (Vashti Prins) se onlangse baba-inkopie plaas nog meer druk op Siya en die mense rondom hulle. Maar ware geluk is mos maar eintlik net ’n droom in sepieland en dit is hoekom hierdie paartjie se huwelik soos nooit tevore getoets gaan word. Dani is verpletterd wanneer sy die waarheid hoor…  

Angie (Char Carrie) hou haar lyf onderwyser, maar besef vinnig dat AI nie noodwendig ’n goeie oplossing vir alles is nie. 

Bianca (Simone Biscombe), Elana (Esther von Waltsleben) en Lee-Ann (Portia Joel) vind vinnig uit hoekom mens nie besigheid met vriendskap moet meng nie. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Binnelanders

Naomi (Je-ani Swiegelaar) sukkel met nagmerries, maar vind later uit dat sy in ’n nagmerrie van haar uie lewe. 

Louis (Germandt Geldenhuys) is vasbeslote om Naomi teen die waarheid te beskerm. Soms is gebed en drome egter net nie genoeg nie. Ek weet nie hoe Binnelanders se gunsteling-paartjie se verhouding hierdie bom gaan oorleef nie. 

Uys (Gerald Steyn) vind uiteindelik uit wat met hom gebeur het, maar is in ’n geveg met sy hart en sy kop. Ai, party mense sal ook nooit leer nie.  

Karen (Luandri Reynders) sukkel om kop bo water te hou en dink aan meer as een plan om haar uit haar penarie uit te kry. As sy maar net nie so hardkoppig en gaaf was nie, dan was al haar probleme nou in die verlede. Maar iets sê vir my Karen se probleme gaan nou eers begin. 

Nicolette (Kate Roothman) en Steve (Clint Brink) is nou in ’n regte trauma bonding-verhouding. Dit lyk egter vir my asof Steve van Nicolette na Naomi gaan spring. Nothing brings people together like a shared trauma!

Conrad (Hykie Berg) raak agterdogtig nadat Delia (Odelle de Wet) iets laat val. Kom ons hoop Conrad is nie so slim soos wat ons dink nie. Aanders is meer as een persoon se toekomsplanne in die wiele gery. 

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies