Menu terloops
In Wat om te kyk [13 Nov 2023]

Wat om te kyk: ‘The Crown’ groet, verraad in ‘A Spy Among Friends’, Odenkirk-goud in ‘Lucky Hank’ en meer


Wat om te kyk: Die koninklikes groet in die laaste seisoen van die ‘The Crown’; stand-up komediant Matt Rife stuur heilige koeie in hul maai in ‘Natural Selection’; Bob Odenkirk is weer bobaas in ‘Lucky Hank’; en ’n epiese spioen-skandaal in ‘A Spy Among Friends’ tel onder vandeesweek se beste keuses, aanlyn en op TV.

Wat om te kyk: ‘The Crown’ groet, verraad in ‘A Spy Among Friends’, Odenkirk-goud in ‘Lucky Hank’ en meer

Wat om te kyk op TV en aanlyn te stroom hierdie week – hier is ons top-keuses vir 13 tot tot 19 November 2023. 

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Lucky Hank S1

Binge vanaf 15 November 2023 op Showmax. 

Die briljante Bob Odenkirk, bekend vir sy rol as Saul Goodman in beide Breaking Bad en dié se spin-off, Better Call Saul, vertolk hier die titelrol. As Prof. William Henry “Hank” Devereaux, Jr. speel Odenkirk die hoof van die Engelse department by die (geweldige) onderbefondse Railton College in Pennsylvania. As ons vir Hank ontmoet, is hy midde ’n midlife crisis wat dreig om sy lewe heeltemal om te dolwe. Dít terwyl sy vrou, Lily (Mireille Enos), die adjunkhoof van ’n plaaslike hoërskool, haar lewenskeuses begin bevraagteken. 

Lucky Hank se premis is gegrond op Richard Russo se  1997-roman, Straight Man, met Hank wat as verteller die storie lei. Russo het al vertel dat die inspirasie vir Straight Man van sy eie ervarings van klasgee by kolleges. 

Die reeks is uit en uit goud – ’n uiters goed geslaagde swart humor komedie-drama. Op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes het dit ’n punt van 93% met Salon wat skryf: “Ja, Lucky Hank is suiwer Odenkirk, wat op sy beste is as hy gemiddelde ouens speel wat voel asof hulle van alle kante aangeval en tot hul uiterstes gedruk word.” Of, soos Arizona Republic oor Odenkirk se talente skryf: “Odenkirk… maak dat jy tyd met ’n karakter wil spandeer wat beslis nie met jou tyd wil spandeer nie.”

Matt Rife: Natural Selection

Vanaf 15 November 2023 op Netflix beskikbaar. 

As jy nog gesien het hoe Matt Rife dit regkry om van die mees banale onderwerpe in skreeusnaakse stories te verander nie, dan is daar iets fout met jou sosiale platforms se algoritmes. Dié komediant se Netflix stand-up special kom immers ná sy geweldige sukses op sosiale media danksy sy plain Jane-tipe stand-up videos wat viral gegaan het. Die videos is so gewoon soos wat kan kom. Niks fancy nie. Dis net Matt op die verhoog in die een of ander comedy club in die een of ander dorp of stad, besig om met die gehoor te riff. Sy styl is baie ‘WTF?’ in die sin dat hy nie ’n hel vir enigiemand se heilige koei(e) omgee nie, maar terselfdertyd ook glad nie omgee om sy eie verhale van vernedering te deel nie. 

In Natural Selection is daar baie wat onder die loep geneem word, maar dis veral sy take op crystals wat ons HARD vir ons eie hopie gemstones laat lag het. Want, as daar een ding is wat Matt Rife verstaan – en met lawwigheid probeer deel – is dit dat ons meer vir onsself moet lag. En daai lagspier moet geoefen word.

The Crown S6, Deel 1

Dié seisoen word in twee dele vrygestel. Deel 1 van die sesde seison is vanaf 16 November 2023 op Netflix, met die tweede deel van die seisoen wat vanaf 14 Desember 2023 beskikbaar sal wees. 

Die sesde seisoen van The Crown, wat ’n amperse kultusaanhang onder sy miljoene kykers geniet, is dan ook die laaste.

Die reeks as geheel draai om die heerskappy van Koningin Elizabeth II vanaf haar troue in 1947 tot vroeg in die 21ste eeu. Uit die staanspoor uit, is die reeks deur hoë drama en uitnemende toneelspel gekenmerk. Trouens, akteurs soos Olivia Colman, Gillian Anderson, en Helena Bonham Carter het van die sterkste vertolkings van hul loopbane gelewer, terwyl nuweling soos Emma Corrin as ’n jong Prinses Diana jou aandag vereis – eintlik besit – het.

Die laaste seisoen speel af tussen 1997 en 2005 met Koningin Elizabeth wat oor haar nalatenskap tob soos Prinses Diana die publiek se harte wen in die laaste weke voor haar dood. In dié seisoen speel Dominic West die rol van Prins Charles, met Elizabeth Debicki as Diana. Imelda Staunton vertolk Elizabeth.

A Spy Among Friends

Binge vanaf 17 November 2023 op Showmax. 

Damian Lewis (Billions) en Guy Pearce (Mare of Easttown) vertolk die hoofrolle in dié rillerreeks wat gegrond is op die gelyknamige topverkoperboek deur Ben Macintyre. Soos in die boek draai dié sesdelige reeks om die werklike gebeure van een van die mees berugte spioenasie-skandale in die wêreld. 

A Spy Among Friends speel teen die agtergrond van die Koue Oorlog af, toe daar geweldig baie op die spel was en die geringste dingetjie die verskil tussen lewe en dood kon beteken. Die fokus is op die lewenslange vriendskap tussen die Britse intelligensiebeamptes Nicholas Elliott (Lewis) en Kim Philby (Pearce) wat uitmekaargeskeur word as dit aan die lig kom dat Philby eintlik al vir dekades in die geheim as ’n dubbelagent vir die Sowjetunie gewerk het. Dié vertellingl van intieme verraad het ’n punt van 88% op Rotten Tomatoes met resensente eens dat die reeks deur die toneelspel verhef word.

Ook nuut hierdie week: 

Vanaf 13 November 2023:

Knock At The Cabin, Showmax
Minki en vriende, weeklikse episodes om 17:30 op VIA en DStv Stream (kanaal 147)
Chucky S3, Showmax
Chicago Med S7, Showmax
Obsessed
, Showmax
Ouma Olive, Showmax
Oh Sister! S1, Showmax

Vanaf 14 November 2023:

Trevor Wallace: Pterodactyl, Prime Video
Criminal Code, Netflix
Suburræterna, Netflix
The Netflix Cup: Swing to Survive, Netflix
How to Become a Mob Boss, Netflix 

Vanaf 15 November 2023:

Feedback, Netflix

Vanaf 16 November 2023:

Bank of Dave, Showmax
Daddy Daycare, Showmax
Valentynsokkie, Showmax
Boonie Bears: Guardian Code, Showmax
In Love and Deep Water, Netflix
Best. Christmas. Ever!, Netflix Film

Vanaf 17 November 2023:

Monarch: Legacy of Monsters, Apple TV+
Maxine’s Baby: The Tyler Perry Story, Prime Video
Twin Love, Prime Video
Sagrada Familia: S2, Netflix 
Scott Pilgrim Takes Off, Netflix
The Queenstown Kings, Netflix 
All-Time High, Netflix 
Rustin, Netflix 
Believer 2, Netflix 
The Dads, Netflix 

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies