Menu terloops

The Crown S1-5

Op Netflix [Gepubliseer op 9 Nov 2022]


The Crown hou kykers sedert 2016 op die punt van hul stoele. Die vyfde seisoen is ook nou op Netflix beskikbaar om te stroom.

The Crown S1-5
Kyk lokprent

Die über-gewilde, semi-biografiese reeks The Crown hou kykers sedert 2016 op die punt van hul stoele. Die bekroonde drama volg die lewe van koningin Elizabeth II. Dit strek vanaf haar troue aan prins Philip, die hertog van Edinburg, tot vroeg in die 21ste eeu. Oor die loop van die bestaande vyf seisoene het baie drama en sagas afgespeel, met ’n sesde seisoen op pad. Glo sal die storie met die sesde seisoen afgesluit word. 

Die eerste seisoen strek vanaf die troue in 1947 tot 1955 met Winston Churchill wat as eerste minister bedank.

Die tweede seisoen volg die gebeure tussen 1956 en 1964. In dié tyd is prins Edward gebore.

Die derde seisoen duur van 1964 tot 1977. Ons ontmoet dan vir Camilla Shand, wat later groot wrywing in prins Charles en prinses Diana se huwelik sou veroorsaak.

In die vierde seisoen, wat strek vanaf 1979 tot die vroeë 90’s, is Margaret Thatcher en prinses Diana die hooffokus van die storielyn.

Vyfde seisoen nou beskikbaar

Die nuwe seisoen, wat vanaf 9 November op Netflix beskikbaar is om te stroom, draai om sekerlik een van die moeilikste periodes wat die koninklike familie al moes deurmaak.

Dié seisoen speel hoofsaaklik in die 90s af. Soos koningin Elizabeth II (Imelda Staunton) die 40ste herdenking van haar toetrede tot die troon nader, besin sy oor haar bewind tot dusver – een wat nege eerste ministers sien kom en gaan het en waarin media en televisie ’n groeiende rol speel. Daar is ook nuwe uitdagings op die horison. Die gebeure in die Sowjetunie en Hong Kong blyk net die begin van die veranderinge in die internasionale orde te wees. En dan nie eens gepraat van die shenanigans in hul eie “huis” nie. 

Prins Charles (Dominic West) dring daarop aan dat Elizabeth hom toelaat om van Diana (Elizabeth Debicki) te skei. Soos Charles en Diana al minder met mekaar te doen het, neem Diana beheer oor haar “storie”. Sy gee die koninklike reëls ’n manicured middelvinger as sy besluit om ’n boek te publiseer wat die openbare steun vir Charles – en Windsor –ondermyn. Spanning neem toe as ons vir Mohamed Al Fayed (Salim Daw) en sy seun Dodi (Khalid Abdalla) ontmoet. 

Die reeks het ’n punt van 90% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes en het al etlike pryse opgeraap – veral vir die akteurs wat dié werklike karakters met ongelooflike oortuiging vertolk.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies