Menu terloops

Billions S1-6

Op Showmax [Gepubliseer op 2 Jan 2023]


Al ses seisoene van die bekroonde sakedrama ‘Billions’ is nou op Showmax beskikbaar.

Kyk nou

Billions S1-6
Kyk lokprent

Billions se sesde seisoen begin met ’n nuwe baas op die plaas. Mike Prince (die briljante Corey Stoll) het immers die Axe Capital-troon van Bobby “Axe” Axelrod (Damian Lewis) oorgeneem. Dit beteken egter geensins dat almal nou vredeliewend hul swaarde neerlê nie.

Inteendeel.

Chuck Rhoades (Paul Giamatti) is vas oortuig dat niemand soveel rykdom – of mag – moet hê nie en maak werk daarvan om die nuwe “prins” se planne om te dolwe. Dít midde nuwe alliansies wat onder Prins en sy regterhand, Scooter Dunbar (Daniel Breaker) se bewind gevorm word. 

Ook in die rolverdeling hierdie seisoen is Sakina Jaffrey, Campbell Scott en Wendie Malick.

Die dramareeks se sesde seisoen het ’n punt van 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes is reeds vir ’n sewende seisoen hernu. 

Binge Billions vanaf 2 Januarie op Showmax.  

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies