Menu terloops

Billions S1-6

Op Showmax [Gepubliseer op 2 Jan 2023]


Al ses seisoene van die bekroonde sakedrama ‘Billions’ is nou op Showmax beskikbaar.

Kyk nou

Billions S1-6
Kyk lokprent

Billions se sesde seisoen begin met ’n nuwe baas op die plaas. Mike Prince (die briljante Corey Stoll) het immers die Axe Capital-troon van Bobby “Axe” Axelrod (Damian Lewis) oorgeneem. Dit beteken egter geensins dat almal nou vredeliewend hul swaarde neerlê nie.

Inteendeel.

Chuck Rhoades (Paul Giamatti) is vas oortuig dat niemand soveel rykdom – of mag – moet hê nie en maak werk daarvan om die nuwe “prins” se planne om te dolwe. Dít midde nuwe alliansies wat onder Prins en sy regterhand, Scooter Dunbar (Daniel Breaker) se bewind gevorm word. 

Ook in die rolverdeling hierdie seisoen is Sakina Jaffrey, Campbell Scott en Wendie Malick.

Die dramareeks se sesde seisoen het ’n punt van 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes is reeds vir ’n sewende seisoen hernu. 

Binge Billions vanaf 2 Januarie op Showmax.  

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies